• Tidak ada hasil yang ditemukan

Bespreking van die Classroom Environmental Scale (CES)

METODE EN PROSEDURE VAN ONDERSOEK

3.4 DIE VRAELYSONDERSOEK .1 Inleiding

3.4.2 Bespreking van die Classroom Environmental Scale (CES)

Die CES is aanvanklik ontwikkel deur Rudolf Moos aan die Universiteit van Stanford (Trickett &

Moos, 1973). Die oorspronklike weergawe van die CES het uit 242 items wat 13 konseptuele dimensies verteeenwoordig het, bestaan. Moos en Tricket se finale weergawe van die CES het 9 skale bevat met 10 items wat elkeen van hierdie skate dek (Moos & Trickett, 1974). Fraser en Fisher het in 1983 hierdie vraelys van Moos en Trickett verkort en aangepas sodat dit in die skoolsituasie in Australie gebruik kon word (Fisher & Fraser, 1983). Dit is hierdie verkorte vorm wat in die onderhawige studie gebruik is. Hierdie vraelys is gegrond op die siening van Moos (1979: 139-142) dat die psigo-sosiale dimensies in klaskamersituasies in die volgende drie kategoriee verdeel kan word:

• Die eerste kategorie sluit die dimensies in wat met die interpersoonlike verhoudings verband hou. Hierdie dimensies behels die volgende: die leerlinge se betrokkenheid by klaskameraktiwiteite, onderlinge samewerking tussen leerlinge, en die ondersteuning wat die onderwyser die leerlinge bied.

• Die tweede kategorie sluit die dimensies in wat verband hou met die doelgerigtheid van klaskameraktiwiteite en die moontlikheid wat dit vir persoonlike ontwikkeling inhou, naamlik die taakgeorienteerdheid van klaskameraktiwiteite en onderlinge kompetisie tussen leerlinge om prestasie.

• Die derde kategorie sluit dimensies in wat verband hou met die ordelikheid en die onderhouding van organisasiestruktuur van die klaskamersituasie. Die dimensies is die

75

volgende: ordeli.kheid tydens die verloop van die les en die bestuur van werkopdragte en klaskameraktiwiteite; duideli.kheid oor die inhoud van klaskamerreels; beheeruitoefening deur die onderwyser met die verloop van die klaskameraktiwiteite en die wyse waarop hy klaskamerreels toepas, en motivering wat die onderwyser tydens klaskameraktiwiteite toepas en toelaat.

Die kort vorm van die CES bestaan uit 24 vrae wat in 6 skale verdeel word. Die skaaltemas betrokkenheid, groepsamehorigheid en onderwyserondersteuning verteenwoordig die dimensie wat met interpersoonlike vehoudings verband hou. Die skaaltema, taakgerigtheid verteenwoordig die dimensie wat verband hou met die doelgerigtheid van klaskameraktiwiteite, en die skaaltemas beheer en organisasie en reelhelderheid verteenwoordig die dimensies wat verband hou met die ordeli.kheid en die onderhouding van organisasiestruktuur van die klaskamersituasie.

Die CES verteenwoordig die sogenaamde subjektiewe benadering om klasklimaat te meet. Die verskil van die objektiewe (direkte) waarneming en die subjektiewe benadering (persepsies van die klasbetrokkenes) word deeglik in die literatuur erken en onderskei. Haertel et al. (1981) onderskei in verband hiermee die volgende wyses waarop klasklimaat gemeet kan word:

(i) Lae-inferensiewaarnemingsisteme wat van direkte waarneming en optekening van data gebruik maak, byvoorbeeld hoeveel maal 'n onderwyser vir sekere leerlinge glimlag.

(ii) Hoe-inferensiewaarnemingsisteme waar daar van opgeleide waarnemers gebruik gemaak word om bulle persepsies van die situasie weer te gee, byvoorbeeld hoe ontvanklik die onderwyser voorkom.

(iii) Rapporterende en etnografiese waarnemingsisteme wat die gesamentlike gebruikmaking van

oudio-visuele hulpmiddels en onderhoude behels.

(iv) Papier-en-potloodmetings deur die klasbetrokkenes waar die klasbetrokkenes hul eie persepsies van die betrokke klasklimaat weergee. (Timm en Jones (1983:20) beskryf persepsie as die proses waardeur 'n individu inligting in die wereld om hom inneem, organiseer en vir homself interpreteer.

In Tabel 3.1 is opsommende besonderhede oor die CES.

76

TABEL3.1: BESKRYWENDE INLIGTING ENVIRONMENTAL SCALE (CES)

OOR DIE

SKAALNAAM/TEMA BESKRYWING VAN SKAAL

Betrok:kenheid Dui die mate aan van die leerlinge se oplettend- heid, meelewendheid en betrok:kenheid t.o. v die klasaktiwiteite aan.

Groepsamehorigheid Verwys na die sosiale interaksie tussen leerlinge, die mate waarin leerlinge mekaar beter leer ken binne klasverband en dit geniet om saam met

mekaar te werk.

Onderwyser- Impliseer die mate waarin die onderwyser die ondersteuning leerling ondersteun en persoonlike belangstelling

toon.

Taakgerigtheid Verwys na die belangrikheid van die afhandeling van klastake en die mate waartoe die klasaktiwiteite rondom die bereiking van spesifieke doelstellings/

doelwitte plaasvind.

Beheer en organisasie Verwys na die wyse waarop die beheer en organisasie van klasaktiwiteite hanteer word sowel as na die leerlinge se klasgedrag.

Reelhelderheid Dui op die daarstelling van duidelike reels, die toepassing daarvan en konsekwente straf vir 'n oortreding daarvan.

CLASSROOM

VRAAGNR

1,7,13,19

2,8,14,20

3,9,15,21

4,10,16,22

5,11,17,23

6,12,18,24

Die CES is 'n papier-en-potloodmeting van die persepsies van die klasbetrok:kenes. Fraser en Walberg (1981) wys op die volgende voordele van hierdie meetmetode teenoor die van eksterne waarneming:

• Wanneer die klas- of skoolklimaat in terme van gedeelde persepsies van die onderwysers en leerlinge van dieselfde omgewing ondersoek word, het dit die voordeel dat die klimaat deur die

oe

van die werklike deelnemers gesien word en dat inligting weergegee word wat 'n eksterne deelnemer dalk kan mis.

77

• Die leerlinge is in die posisie om 'n goeie oordeel oor klassituasies uit te spreek aangesien bulle gedurende bulle skoolloopbaan met verskeie skoolsituasies en onderwysers te doen kry en genoeg tyd in die klas deurbring om 'n goeie indruk daarvan te vorm.

• Nog In voordeel van bierdie meetmetode is dat dit die leerlingbelewing van die klimaat oor In aantal I esse weergee, en nie net die waarneming van een les (soos by eksterne waarneming) nie.

• Hierbenewens gee dit die saamgestelde mening van die bele klas teenoor die mening van In enkel waarnemer (soos in die geval van In eksterne waarnemer).

• Vraelysnavorsing is goedkoper en minder tydrowend as die ander metodes.

Aanpassing van die CES vir die onderhawige studie

Die verkorte vorm van die CES is vertaal en taalkundig aangepas. Hierna is daar met die verwerkte vraelys 'n loodsondersoek uitgevoer. Die resultate van die loodsstudie bet getoon dat die tweepuntformaat van die skaal (Ja/Nee-formaat), nie so In duidelike onderskeiding bied nie.

Die vraelys is toe aangepas om In 5-punt Lickertskaal te akkommodeer. Die geldigbeid en betroubaarbeid van die CES vir die gebruik in LO-klasse is vasgestel en die meetinstrument is as geskik gevind vir gebruik in die onderbawige studie. (Kyk paragraaf 3.6.2.) Die CES word deur beide die leerlinge en onderwysers beantwoord ten einde die onderskeie persepsies van die klasklimaat te bepaal.

In die volgende paragraaf volg 'n bespreking van die tweede tipe vraelys (MO-LO en ML-LO) wat ter ondersteuning van die CES opgestel is.