• Tidak ada hasil yang ditemukan

SAMEVA'ri'ING, GEVOLGTREKKINGS, AANBEVELINGS

5.1 INLEIDING

In die afgelope dekade is daar heelwat navorsing gedoen oor die rol of plek van die klasklimaat in die onderrigleerproses. Hierdie kennisbasis wat opgebou is, bestaan egter hoofsaaklik uit navorsing wat gekoppel word aan teoriee of die beskrywing van die klasklimaat deur eksterne waarnemers. Soortgelyke verwaarlosing is ook gevind ten opsigte van literatuur met betrekking tot klasklimaat in LO-klasse. Dit is ironies dat die twee rolspelers wat in die sentrum staan van die onderrigleerproses, naamlik die onderwyser en die leerling, selde geraadpleeg word ten opsigte van hulle persepsies van die klasklimaat in hulle klasse.

Om die klasklimaat in LO-klasse te evalueer, is dit dus belangrik om meer te weet oor die persepsies van die klasbetrokkenes. Beide die LO-onderwyser en leerling se persepsies oor die klasklimaat in die LO-klasse behoort dus geraadpleeg te word. Hoewel hierdie studie berus op die veronderstelling dat die onderwyser die sentrale plek inneem in die klimaatskeppingsproses, word daar ook van die veronderstelling uitgegaan dat die leerlinge se belewing van die klimaat wat in die klas heers, 'n bepaalde invloed op die onderrig- en leergebeure uitoefen.

Vir die onderwyser in die praktyk is dit net so belangrik om kennis te dra van die leerlinge se persepsies van die klimaat wat heers in sy klasse. Onderwysers weet hoe 'n klas vir hulle voel en watter soort atmosfeer hulle wil skep in hulle klasse, maar hulle weet nie hoe ander dit beleef nie, veral nie die leerlinge in die klas nie.

Die belangrikheid van 'n positiewe klasklimaat vir effektiewe onderrig en opvoeding in die huidige tydsgewrig in Suid-Afrika, wat gekenmerk word aan sy veelheid uitdagings aan onderwysers en leerlinge, kan nie misken word nie. Tans beleef ons snelle veranderings en vernuwings op verskillende terreine wat noodwendig neerslag in die onderwys vind. Verskeie navorsers het aangedui dat klasklimaat die leerresultate van leerlinge selfs meer as enige ander faktor kan beinvloed. Hierdie feit plaas die taak en verantwoordelikheid van die onderwyser om 'n leerbevorderende klasklimaat te skep, sentraal.

Die doel van hierdie studie was eerstens om uit 'n literatuurstudie klasklimaat te konseptualiseer en determinante te identifiseer wat die skepping van klasklimaatskepping in die algemeen en spesifiek in LO-klasse, bepaal.

Die tweede doel van die studie was om die geldigheid en betroubaarheid van die meetinstrument wat in hierdie ondersoek aangewend is om die klasklimaat in LO-klasse te meet, te bepaal.

132

Die derde doel van die studie was om die klasklimaat in LO-klasse te bepaal. Dit is gedoen deur die gebruik van die CES-LO meetinstrument wat die persepsies van beide die leerlinge en die onderwysers oor die klasklimaat in bulle LO-klasse ingewin bet.

Voortspruitend uit bogenoemde word in bierdie boofstuk aandag gegee aan 'n samevaumg van die bele studie en van die bevindinge met betrekking tot die navorsingsdoelstellings. Ten slotte sal aanbevelings gedoen word vir praktykverbetering en verdere navorsing.

5.2 OORSIG VAN DIE NAVORSING

In Hoofstuk 1 is 'n orientering van die navorsingsprobleem gegee, doelwitte met die navorsing is aangedui en die metode van navorsing is kernagtig genoem.

In Hoofstuk 2 is die inliging wat deur die literaatuurstudie ingesamel is met betrekking tot die aard en wese van klasklimaat, weergegee. Daar is gefokus op bepaalde determinante wat die klaSklimaat in LO-klasse kan beinvloed. Die onderwyser is geidentifiseer as die bootbepaler van klasklimaat en spesifieke onderrigvaardigbede wat kan hydra tot die skepping van 'n positiewe klasklimaat, is bespreek. Hoofstuk 2 is afgesluit met 'n bespreking van klasklimaat as navorsingsterrein. Die bespreking in bierdie boofstuk was gerig op klasklimaat in die algemeen met spesifieke verwysing na klasklimaat in die LO-klasse, en die spesifieke onderrigvaardigbede waaroor die LO-onderwysers moet beskik om die gewenste klimaat te skep.

In Hoofstuk 3 is die navorsingsontwerp vir die empiriese ondersoek bespreek. Die meetinstrument wat in die empiriese ondersoek gebruik is sowel as die statistiese tegnieke en prosedures wat gevolg is om die data van die empiriese ondersoek te verwerk en te interpreteer, is bespreek.

In Hoofstuk 4 is verslag gelewer van die inligting wat met die empiriese ondersoek ingewin is, bevindinge is op skrif gestel en daar is tot gevolgtrekkings gekom.

5.3 BEVINDINGE VAN DIE ONDERSOEK

5.3.1 Samevatting en enkele gevolgtrekkings met betrekking tot die literatuur-

studie

Belangrike bevindinge wat uit die literatuurstudie na vore gekom bet, is soos volg:

• Klasklimaat is die sosiale leeromgewing wat die gevoelsinhoud of emosionele stemming van die deelnemers aan die onderrigleersituasie reflekteer. Die klasklimaat is bepalend ten opsigte van waardes, boudings en gesindbede wat deur die klasbetrokkenes gebuldig word.

Die klimaat beinvloed die lede se waarneming van die werklikheid om bulle. Uit die 133

besprekings van klasklimaat soos dit in Hoofstuk 2 gedoen is, kan afgelei word dat die doel van klimaatskepping die daarstelling van 'n klimaat is waarbinne voorsiening gemaak word vir die behoeftes van al die lede van die betrokke klas, terwyl hulle individueel of

interathanklik in interaktiewe groepe op harmonieuse wyse saamwerk om die onderrigleerdoelstellings te verwesenlik.

Daar is dus eerstens sprake van behoefte en werksbevrediging van al die betrokkenes. Daar moet dus 'n klimaat geskep word waarin alle betrokkenes 'n gevoel van veiligheid en geborgenheid sal beleef. Die skep van 'n positiewe klasklimaat het dus ook maksimale produktiwiteit ten doel. Dit beteken dat die doelwitte wat deur die klasbetrokkenes daargestel is, deur al die lede as belangrik en in belang van die klas gesien moet word. Die skepping van 'n positiewe klasklimaat moet ten doel he die daarstelling van 'n stimulerende milieu waarbinne die leerlinge se moontlikhede (potensiaal) geaktiveer en optimaal ontwikkel word.

'n Positiewe klasklimaat veronderstel ook koordinering van take tot 'n spanpoging. 'n Onderwyser se leierskap is daarin gesetel dat hy rigting gee aan leerlinge se handelinge, sodat hulle koordinerend saamwerk met die oog op bereiking van 'n gesamentlike onderrigdoel. Dit kan slegs geskied indien erkenning aan alle lede se menswaardigheid gegee word. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat:

'n Omgewing waarbinne mense gelukkig werk en leer van die uiterste belang is, en 'n Positiewe klasklimaat verband hou met leerdoeltreffendheid.

• Die determinante wat klasklimaat kan beinvloed, is ondersoek en die gevolgtrekking waartoe gekom is, is dat die determinante wat klasklimaat in LO-klasse beYnvloed is:

determinante uit die makro-omgewing (skoolkontekstuele eienskappe en milieu faktore) en

determinante uit die mikro-omgewing (akademiese taakstruktuur, sosiale taakstruktuur sowel as die fisiese en organisatoriese taakstruktuur).

Die belewing van die klasklimaat hang dus saam met die mate waaraan daar aan die klasbetrokkenes se basiese behoeftes voldoen word. Die belewing van klasklimaat kan dus positief of negatief wees. Indien daar 'n positiewe klimaat in die klas bestaan, sal lede die werklikheid om hulle in 'n positiewe lig beskou en deel wil wees van die klassituasie. So 'n positiewe belewing sal lei tot hoer vlakke van produktiwiteit en 'n groter belewing van affektiewe werkstevredenheid. 'n Positiewe klasklimaat stel al die klaslede in staat om ongehinderd en met ywer die klasdoelstellings en doelwitte te verwesenlik. Uit hierdie bespreking is daar 'n model saamgestel wat die proses van klimaatskepping en die rol wat die determinante daarin speel, uitbeeld.

134

• Alhoewel 'n groot verskeidenheid faktore bydrae tot die ontstaan van 'n bepaalde klasklimaat, het dit uit die literattur geblyk dat dit hoofsaaklik die onderwyser is wat hierdie faktore beheers en bestuur ten einde 'n gewenste klimaat tot stand te bring. Die sentrale funksie wat die onderwyser in die skepping van klasklimaat vervul, is in Hoofstuk 2 toegelig (kyk 2.6 & 2.7). Daar is sekere onderrigvaardighede uitgelig wat kan hydra tot 'n positiewe klasklimaat en 'n model is hiervoor saamgestel (vergelyk Figuur 2.4). Daar is ook riglyne voorgestel waarvolgens LO-onderwysers 'n positiewe klasklimaat kan skep (kyk 2.8).

5.3.2 Die bydrae van die literatuurstudie

Die vernaamste bydraes wat met die onderhawige literatuurstudie gelewer is, kan soos volg uitgelig word:

• Hierdie literatuurstudie dra by tot die literatuur oor klasklimaat.

• Die daarstelling van 'n raamwerk van die determinante wat klasklimaat in LO-klasse kan beinvloed (vergelyk p. 26).

• Die daarstelling van 'n model vir onderrigvaardighede wat kan hydra tot 'n positiewe klimaatskepping in LO-klasse (vergelyk p. 26).

• Riglyne wat die LO-onderwyser kan aanwend ten einde 'n positiewe klimaat te skep in LO- klasse.

5.4 BEVINDINGE TEN OPSIGTE VAN GESKIKTE MEETINSTRUMENTE

5.4.1 Bevindinge ten opsigte van die betroubaarheid en geldigheid van die