Volgens Turner en Purkey (1983: 16) is dit belangrik dat onderwysers hulsel f sien soos ander hulle sien om bewus te word van hul gedragspatrone en om dit aan te pas waar nodig. Om hierdie rede beveel hierdie navorsers aan dat 'n toeganklike of uitnodigende atmosfeer geskep word waar leerlinge die vrymoedigheid moet he om hul menings uit te spreek. Chandler (1988:1) ondersteun Turner en Purkey (1983:13-14) se siening en se dat die woord "invitation"
afgelei is van die Latynse woord "invito", wat beteken "to summon cordially, not to shun". 'n Uitnodiging kan dus beskryf word as 'n informele of formele boodskap wat verbaal of nie-verbaal gestuur word. 'n Uitnodigende benadering tot Liggamlike Opvoeding nooi Ieerlinge uit om deel te neem en om sukses te behaal. Uitnodigende onderrig veronderstel dat elke individu oor die potensiaal beskik vir intellektuele, psigologiese, fisieke en sosiale ontwikkeling en dat hierdie potensiaal tot vervulling kan kom in 'n gekoesterde omgewing. Volgens Chandler (1988) verskaf die doelstellings van LO die unieke middele waardeur 'n toeganklike klasomgewing geskep kan word aangesien LO 'n mens-, 'n sosiale- en 'n konstante veranderende omgewing is.
'n Aspek wat onderltggend is aan 'n positiewe klimaat, is die skep van positiewe houdings by die klasbetrokkenes. Die term houding word deur Thurstone en Chave (1970:6) beskryf as die somtotaal van die mens se neigings, vooroordele, idees, vrese, bedreiginge en oortuiginge met betrekking tot enige bepaalde onderwerp en is altyd 'n hoogs subjektiewe en persoonlike saak.
Houdings impliseer 'n "geneigdheid om te klassifiseer en te katagoriseer en bevat gevolglik
kognitiewe, affektiewe en gedragskomponete" (Plug et al., 1982:124). Wicker (1969:42) noem verskeie faktore wat houding kan beinvloed, soos waardes, kompetisie, motiewe en sosiale norm e. Volgens Baumgartner en Jackson ( 1976:249) word houding teenoor LO ook bepaal deur die ervaring wat die betrokkenes met die vak gehad het. In 'n poging om die determinante van houding in LO-klasse te bepaal, het Figley (1985) in sy ondersoek gevind dat die hoofbepalers van houding in LO, onderwysergedrag en die kurrikulum is. Hierdie bevindinge beklemtoon weereens die belangrikheid van die onderwyseroptrede in die klimaatskeppingsproses. Die onderwyser wat hom ten doe! stet om 'n gunstige klasklimaat te skep, sal dus moet poog om 'n klimaat te skep waarin bogenoemde doelstellings wat vir 'n gunstige klimaat gestel word, verwesenlik kan word. Vervolgens gaan daar na enkele aspekte verwys word wat die LO- onderwyser kan aanwend ten einde 'n positiewe of toeganklike klimaat in LO-klasse te kan skep.
Chandler (1988) en Harris (1983) is twee navorsers wat waardevolle werk op die terrein van effektiewe onderrig in LO gedoen het. Uit die inligting van hierdie twee navorsers se publikasies asook ander inligting wat in die literatuur gekry is, gaan vervolgens enkele aanbevelings gedoen word oor wat LO-onderwysers kan gebruik om 'n positiewe klasklimaat te skep.
2.8.1 Inhoudsgeorienteerde aspekte
Ten opsigte van die aspekte wat met die leerinhoud verband hou, kan die volgende riglyne gestel word:
2.8.1.1
2.8.1.2
2.8.1.2 2.8.1.4
2.8.1.5 2.8.1.6 2.8.1.7 2.8.1.8 2.8.1.9
Maak voorsiening vir 'n wye verskeidenheid aktiwiteite en uitdagende onderrig wat meestal tot sukses kan lei.
Stel leerlinge bekend aan die doelstellings van LO en waar hulle staan ter bereiking daarvan.
Maak voorsiening vir differensiasie.
Maak voorsiening vir leerinhoud wat leerlinge in staat stel om die doelstellings te bereik.
Gee onmiddellike en spesifieke terugvoer en wei op 'n positiewe wyse.
Help leerlinge om vertroue te kry in hulle vermoens.
Bring die reeds aangeleerde vaardighede in verband met nuwe leerinhoude.
Gee die minimum verbale instruksies.
Laat leerlinge toe om self keuses uit te oefen oor sekere leerinhoud.
2.8.1.10. Evaluering behoort te geskied teen leerlinge se eie vermoens en vorige prestasies. nie ander leerlinge s'n nie.
2.8.1.11 Moedig leerlinge aan om oor sport te lees. Neem soms die geleentheid om aan die begin of aan die einde van die klas 'n sportberig of sportgebeurtenis aan die leerlinge te lees. Stel ook sportfilms, video's asook 'n sportbiblioteek met tydskrifte en boeke tot die leerlinge se beskikking.
2.8.1.12 Bring die geskiedkundige aanloop van LO en sport onder die aandag van leerlinge.
Wanneer met 'n nuwe leereenheid begin word, wys eers op die ontstaan en ontwikkeling daarvan. Dit verbreed die insig en wek belangstelling.
2.8.1.13 Wees kreatief t.o. v inhoud en aanbieding. Doen mini-eenhede op ongewone aktiwiteite. Varieer ook die standaardreels in spele. Laat leerlinge toe om soms eie spel en reels voor te stel. Dit neem die rigorisme weg en verseker verhoogde deelname, sukses en opwinding.
2.8.1.14 Pas kurrikula aan om voorsiening te maak vir tempo- en volumewisseling sodat aile leerders geakkommodeer kan word. Die Ieerlinhoud moet aktueel wees en verband hou met die leefwereld waarin die kind hom bevind. Planmatige werkswyse bring noodwendig groter rustigheid in die klaskamer. Leerinhoud moet egter nie net funksioneel wees nie, maar ook ontsluitend (niebedreigend), en vertrouenswaardig.
2.8.2 Leergeorienteerde aspekte
Ten opsigte van die leergeorienteerde aspekte kan die volgende riglyne gestel word:
2.8.2.1
2.8.2.2 2.8.2.3
2.8.2.4
2.8.2.5 2.8.2.6
Opregte belangstelling in leerlinge en individue se sukses; neem kennis van leerlinge se prestasies en gee dit deur in die LO-klasse. Gee voortdurend erkenning aan pogings van aile leerlinge. 'n Blote "goeie poging!" of "goeie verbetering" kan as goeie motivering dien.
Voorsien 'n klasklimaat waar leerlinge aanvaar, ondersteun en vertrou word.
Beklemtoon eerder die positiewe as die negatiewe, fokus op wat leerlinge kan, en nie op wat hulle nie kan nie.
Hanteer elke leerling as 'n individu en maak voorsiening vir ge'individualiseerde prestasievereistes waarvolgens elkeen se uniekheid gewaarborg bly.
Fokus op verbetering eerder as op foute.
Duidelike en gemeenskaplike reels en regulasies wat deur almal as wenslik en redelik beskou word.
58
2.8.2.7
2.8.2.8
2.8.2.9
Kies inhoud selektief sodat aile leerlinge geleentheid het om sukses te behaal. In die LO-periode kan daar nie kampioene gekweek word nie, maar daar is wei geleentheid dat leerlinge 'n bevredigende vlak van uitvoering kan bemeester.
Afwisselende leeromgewings wat aanbiedingstyl, onderwysmedia en klasklimaat sal laat wissel.
Maak voorsiening vir voldoende oefentyd. Beplan ook vir opwindende addisionele aktiwiteite waaraan daardie leerlinge wat voor die res van die leerlinge reeds gereed is vir klas kan deelneem. Dit dien as motivering om al die leerlinge vinniger by die LO- klasse te kry.
2.8.2.10 Maak gebruik van 'n gedifferensieerde erkenningsisteem wat daarop gemik is om straf te minimaliseer deur 'n uiteenlopende aantal maniere te voorsien waarvolgens leerlinge erkenning kan kry en positiewe gedrag aangemoedig kan word.
'n Gunstige klasklimaat in LO-klasse is dus een waar die aktiwiteite s6 gekies IS dat dit leerlingsukses verseker. Die leerlinge se motivering moet optimaal wees. 'n Effektiewe LO-klas is een waar leerlinge betekenisvol besig is met motoriese vaardighede en waar selfs luistertyd aangewend word om bewegingsuitvoeringe te versterk en te verbeter.
2.8.3 Omgewings-/milieuaspekte
Ten opsigte van die aspekte wat met die omgewing- of milieu verband hou, kan die volgende riglyne gestel word:
2.8.3.1
2.8.3.2
Visuele stimulering: Die LO-saal kan uitnodigend en aanloklik vertoon ongeag van die ouderdom van die saal. Helder uitstallings, netjiese en kleurvolle kennisgewingborde en plakkate kan die omgewing ophelder, vera! as dit gereeld gewissel word.
Benutting van musiek: Maak mildelik gebruik van musiek in die klasse. Laat leerlinge toe om eie musiek te bring. Dit gee vir die leerlinge 'n nuwe dimensie aan die LO-klas wat verveling kan teewerk.
'n Visueel-aantreklike LO-saal kan daartoe hydra dat 'n gunstige klasklimaat geskep word. Deur gebruik te maak van Ieerlingidees en -hulp met die versiering van die LO-saal en kleedkamers, kan leerlinge ook positief ten opsigte van deelname aan LO belnvloed.
2.8.4 Persoonsgerigte aspekte
Ten opsigte van die persoonsgerigte aspekte, kan die volgende riglyne gestel word:
2.8.4.1
2.8.4.2
2.8.4.3
2.8.4.4
2.8.4.5 2.8.4.6 2.8.4. 7
2.8.4.8
Gee erkenning aan spesiale geleenthede en persone. Verjaarsdae, spesiale geleenthede en prestasies van die leerlinge kan op 'n spesiale kalender aangeteken word.
Ontwikkeling en bevordering van klasgees: Aan die begin van elke skooljaar kan die onderwyser die klas betrek om op 'n naam vir die klas te besluit. Die klas kan ook besluit op 'n embleem, slagspreuk en klaskleure.
Skep geleenthede waar leerlinge hul pogings kan vertoon: Skep geleentheid vir groeperkenning en -demonstrasies sowel as vir individuele erkenning. Vertonings kan ook gegee word ten tye van skoolfunksies en gemeenskapsbyeenkomste. Dit kan ook dien om die gemeenskap se gewaarwording van die LO-program te verbeter en leerlinge en die publiek te oortuig dat almal by LO betrek kan word. Plaas kennisgewings van leerlingprestasies op 'n spesiale kennisgewingbord.
Beklemtoon die slagspreuk "om deel te neem is om te wen": Selekteer aktiwiteite en bied dit so aan dat daar nie tradisionele wenners of verloorders is nie. Beklemtoon spanwerk, samewerking, maksimale insette en verbetering van eie uitvoering en prestasies. Beplan vir gesonde kompetisie.
"Be a human invitation": Hou altyd die menslike faktor in gedagte.
Wees altyd vriendelik: Glimlag en groet leerlinge as bulle die saal binnekom.
Beplan doelbewus vir 'n aangename atmosfeer: Neem tyd aan die begin en/of einde van 'n periode om 'n geborge atmosfeer te skep.
Leer so gou moontlik leerlinge se name ken: Vra leerlinge wat bulle genoem wil word. lndien die onderwyser 'n bynaam vir die leerling het, maak seker dat dit die leerling welgeval. Doen moeite om nuwe leerlinge te leer ken en stel dan die leerling aan die res van die klas bekend.
2.8.4.9 Betrek aile leerlinge met organisatoriese take en verantwoordelike apparaathantering.
2.8.4.10 Betree die leerling se wereld: Neem kennis van die heersende modes, tienerhelde, films, TV-programme, ensovoorts. Gebruik dit as aanknopingspunte vir gesprekke of selfs ten opsigte van die leerinhoud tydens Jesse.
2.8.4.11 Gee ondersteuning wat pas by die leerlinge se volwassenheidsvlak.
2.8.4.12 Wees professioneel: Wees betroubaar, bied die klasse aan met trots en selfvertroue en hou by die skoolreels. Betoon respek aan leerlinge. Wees konsekwent ten opsigte van klasoptrede.
60
2.8.5 Skool- en gemeenskapsaspekte
Die volgende riglyne word gestel ten opsigte van skool- en gemeenskapsaspekte:
2.8.5.1
2.8.5.2
2.8.5.3
Nooi die hoof en ander personeel om van die klasse by te woon. Dit dien as motivering vir leerlinge, is insiggewend vir medepersoneel en die geleentheid word geskep dat die betrokke personeel leerlinge anders ervaar as in die vakke wat meer teoreties van aard is.
Bemoedig ouerbetrokkenheid. Nooi ouers uit na 'n spesiale oueraand en korrespondeer met ouers oor die leerlinge se vordering en leerinhoud wat gedek word.
Op hierdie wyse behoort 'n meer positiewe gesindheid geskep te word en ouers wat kan help met na-uurse sportafrigting, kan ook geidentifiseer word. Ouers kan ook gemotiveer word om LO-apparate te maak of te vervang.
Implementeer evalueringskaarte, byvoorbeeld fisieke evalueringskaarte waarop die fiksheidsprofiel van leerlinge aangeteken en op datum gehou kan word. Hierdie evalueringskaarte kan aan die einde van 'n semester saam met die rapport uitgestuur word.
Harris (1983:122-131) identifiseer enkele eienskappe wat negatief kan inwerk op die klasklimaat van LO-klasse en se dat die LO-onderwyser teen die volgende punte moet waak. Vervolgens gaan daar kortliks hierna verwys word.
2.8.6 Negatiewe/awersiewe aspekte om te vermy
'n Negatiewe of awersiewe toestand is volgens Harris (1983) 'n toestand wat fisieke of emosionele ongemak veroorsaak. Dit is enigiets wat veroorsaak dat leerlinge se selfwaarde aangetas word. Dikwels lei so 'n gebeurtenis tot 'n afkeur in en vermyding van fisieke aktiwiteite. Die volgende aspekte moet vermy word in 'n LO-klas:
2.8.6.1 Fisieke ongemak of pyn
Die LO-onderwyser moet daarteen waak om leerlinge nie te forseer om bo hul vermoens aan te gaan met 'n aktiwiteit. Dit kan lei tot naarheid en spierstyfheid of spierbeserings;
onvoldoende veiligheidsmaatreels kan lei tot beserings;
deur Ieerlinge lank passief in oefenklere te laat sit as gevolg van swak beplanning;
klasse/sale wat te warm of te koud is;
tydaspek: om van leerlinge te verwag om onrealisties vinnig by die klas uit te kom en te verklee;
61
LO te gebruik as strafmaatreels.
2.8.6.2 Angstigheid
Onvoorspelbaarheid van die onderwyser sodat die leerling nie weet wat om te verwag of hoe daar deur die onderwyser opgetree gaan word nie;
te hoe onderwyserverwagtinge wat aan Ieerlinge geprojekteer word;
vae, onheilspellende dreigemente.
2.8.6.3 Frustrasie
Inligting of vaardighede vinniger of stadiger deurgee as wat leerlinge dit kan bemeester of die gebrek aan differensiasie;
aanbieding van leerinhoud sonder inagneming van leerlingvermoens;
onderrig van een saak en die evaluering van 'n ander;.
tekort aan onmiddellike of bevredigende terugvoer;
'n aktiwiteit te stop sodra leerlinge dit begin geniet;
oorbeklemtoning van die kompetisie-element.
2.8.6.4 Vernedering/in verleentheid bring
Om 'n leerling voor die klasmaats te verneder, byvoorbeeld opstote voor die hele klas of 'n gek van 'n leer ling te maak of sy pogings te verkleineer;
herhaalde mislukkings;
leerlinge te etiketteer bv as "spesiaal of lomp";
die verpligting van LO-klere waarin leerlinge se seltbeeld 'n groter knou kry.
2.8.6.5 Verveling
Aanhoudend op een stemtoon praat;
herhaling van leerstof wat leerlinge reeds bemeester het;
geen uitdagings aan leerlinge;
Oninteressante inhoud.
62
Vanselfsprekend bet 'n onderwyser nie beheer oor al hierdie faktore nie, maar om op bogenoemde te let, kan 'n onderwyser sy klaseffektiwiteit verbeter en 'n positiewe klasklimaat skep.
2.8.7 Samevatting oor die belangrikste kenmerke en vaardighede van die LO-onderwyser as efTektiewe onderriggewer en klimaatskepper
Wat die onderwysvaardighede en kenmerke van die LO-onderwyser betref, is uit die Iiteratuur soos dit vroeer in hierdie hoofstuk bespreek is, enkele kwaliteite of bevoegdhede geidentifiseer waaroor 'n effektiewe LO-onderwyser behoort te beskik. Hierdie kwaliteite of bevoegdhede kan dus geidentifiseer word as handelinge wat tot positiewe klasklimaat hydra. Aansluitend hierby is enkele kwaliteite en bevoegdhede van die effektiewe LO-onderwyser deur ander navorsers geidentifiseer. Inligting hieroor is uit die publikasies van Soar en Soar (1982), Brophy (1979), Waxman en Walberg (1982), Silverman (1991) en Berliner (1979) ingesamel. AI bogenoemde bevoegdhede vind vergestalting op drie terreine en kan soos volg opgesom word:
TABEL 2.2: KENMERKE EN VAARDIGHEDE VAN 'N EFFEKTJEWE LO-ONDERWYSER
·---·---:---r""---·---···-···---···:
!
Onderrigvaardighede'
. Onderwyserhelderheid Organisasievermoe
Besigheidsgerigte benadering Effektiewe bestuur en dissipline Repertoire van onderrigstyle Effektiewe terugvoer
Demonstrasievermoe Hulpverlening Vakkundig
j Inhoudsgerigte vaardighede
I
Persoonlikheidskenmerkel
: : :
-r---·
----~i ---··-·----·---:: !
!
Hoe aktiwiteitstempo ! Betroubaarheid: :
!
Differensiasie ! Opregtheid! :
i
Skep van toepaslike taakstrukture Entoesiasme 'I
Objektiewe evaluering Vriendelikheidi
!
Maksimale aktiwiteitsbenutting Positiewei
I
Lesbeplanning om sukses te ingesteldheidi verseker Sterk leierseienskappe
Bree algemene kennis
Effektiewe dissiplinetoepassing
Hoe werkskapasiteit Empatie
Aanpassing tot die ontwikkelingsvlak ! van die leerlinge
Ekstrovert H ardwerkend
Eerlikheid
Hierdie bogenoemde kenmerke en vaardighede is in bree die kenmerke van 'n effektiewe LO- onderwyser. Die LO-onderwyser wat hierdie eienskappe en onderrigvaardighede navolg en die aanbevelings in par. 2.8.1 - 2.8.6 wat gemaak is, ten opsigte van klimaatskepping in die LO-klas implementeer, is ten voile toegerus om 'n effektiewe klimaatskepper te wees.
63
Met die bespreking van die literatuur oor klasklimaat as agtergrond asook die voorkoms daarvan in die onderrigleersituasie, veral in die LO-klasse, gaan daar nou volledigheidshalwe en om aan te sluit by hoofstuk 3, 'n oorsig oor die ontwikkeling van klasklimaat as navorsingsterrein gegee word.