HOOFSTUK 2: DEELNEMENDE BENADERING TOT
2.3 HISTORIESE AANLOOP VAN ONTWIKKELINGSKOMMUNIKASIE-
2.3.3 Basiese-behoefte-benadering
22
verduideliking aangaande die hantering van onderontwikkeling verskaf nie (Servaes, 1995:42).
Die tweede vorm van kritiek op hierdie benadering verwys na die rol van kommunikasie vir ontwikkeling. Kulturele kritici het die afhanklikheidsbenadering begin kritiseer, aangesien dit die vorm en inhoud van die media in ontwikkelende lande geïgnoreer het en die gehoor as passiewe ontvangers gesien het (Madikiza & Bornman, 2007:25-26). Daar moet in ag geneem word dat individue van ontwikkelende lande nie dieselfde inligtingsbehoeftes het as ontwikkelde lande nie (McAllister-Spooner & Kent, 2009:221). Kulture van ontwikkelde en ontwikkelende lande verskil en mense kan nie bloot as passiewe ontvangers beskou word wanneer inligting oorgedra word nie.
Die afhanklikheidsbenadering het kritiek begin ontlok, aangesien daar ʼn neiging was om die kulturele agtergrond en gebruike van gemeenskapslede van ontwikkelende lande te ignoreer (Mefalopulos & Grenna, 2004:26). Die media is deur die staat beheer en die gemeenskapslede se gebruike en tradisies is nie in ag geneem nie.
Afgesien van hierdie tekortkominge het die afhanklikheidsperspektief wel ʼn belangrike bydrae gelewer tot die begin van ʼn kritiese tradisie in internasionale kommunikasie, aangesien laasgenoemde kommunikasienavorsing se hooffokus op die ondersoek van doelwitte op magtige state gemik was (Madikiza & Bornman, 2007:26). As die eienskappe vir modernisering bestudeer word, byvoorbeeld ekonomiese groei, eenrigtingkommunikasie, massamedia en industrialisering (mense moet deel word van die kapitalistiese stelsel), word dit duidelik dat dit nie suksesvol was nie. Die mislukking en die leemtes van die moderniserings- en die afhanklikheidsbenaderings het ʼn nuwe benadering genoodsaak, naamlik die basiese-behoefte-benadering. Die basiese-behoefte-benadering was ken- merkend van ʼn poging om modernisering teen te werk.
2.3.3 Basiese-behoefte-benadering
23
behoefte-benadering, as strategie vir ontwikkeling, het die ontwikkelingskommunikasieveld betree met die ontwikkelingsprojek van die Latyns-Amerikaanse Wêreldmodel, oftewel die Bariloche-model, die Dag Hammarskjöld-stigting se What Now-verslag en die Internasionale Arbeidsorganisasie se World Employment-program (Emmerij, 2010:1). Die basiese- behoefte-benadering is ʼn benadering wat op die groei en ontwikkeling van gemeenskappe gefokus is. Volgens Emmerij (2010:1) is die hoofdoel van ontwikkeling in hierdie benadering om aan alle gemeenskappe se basiese behoeftes te voldoen. Reader (2006: 338) verduidelik verder dat die basiese-behoefte-benadering basiese behoeftes van mense of individue identifiseer, wat dan deur politieke sisteme bevredig kan word.
2.3.3.2 Basiese uitgangspunte van ontwikkeling
Volgens die World Employment-konferensie wat in 1976 gehou is, moes ontwikkeling op die verbetering van ontwikkelende lande se lewenstandaarde fokus (Soola, 2003:19). Die sentrale eienskap van die basiese-behoefte-benadering tot ontwikkeling was om te sorg dat alle mense die geleentheid gegun moes word om vervulde lewens te lei. Daarom was die fokus op die verskaffing van toegang tot minimumvlakke van sekere basiese behoeftes en dienste (Streeten, 1982:317-331). Reader (2006:337) sê ook verder dat ʼn benadering tot maatskaplike geregtigheid prioriteit aan die basiese behoeftes van mense verleen het. Die basiese-behoefte-benadering het klem gelê op (ontwikkelende) gemeenskappe wat net bo die grens van armoede moet wees om hulle basiese behoeftes te kon bevredig.
Mense of individue benodig verskeie hulpbronne om te kan oorleef (Marker, 2003:1). Hierdie hulpbronne dui die wyse aan waarop die bepaalde basiese behoeftes bevredig word. Die sielkundige, Maslow, sowel as Burton, redeneer egter dat behoeftes meer as net kos, water en skuiling insluit (Marker, 2003:1). In teenstelling met die modernistiese benadering, veronderstel bevrediging van basiese behoeftes dat beide materiële en niemateriële elemente noodsaaklik is vir groei en ontwikkeling. Maslow klassifiseer daarom behoeftes in ʼn hiërargiese orde wat by die behoefte aan voedsel begin en met die behoefte aan persoonlike vervulling (hetsy op spirituele of emosionele vlak) eindig (Marker, 2003:1-2).
Ander teoretici beklemtoon dat behoeftes nie in só ʼn volgorde voorkom nie, maar eerder gelyktydig op ʼn intense en standvastige wyse bestaan (Marker, 2003:2). Marker (2003:2) beskryf dat veiligheid, liefde, eiewaarde, persoonlike vervulling, identiteit, kulturele sekuriteit, vryheid, verdeelde geregtigheid, en deelname deur teoretici beskou is as behoeftes.
Hoewel die basiese-behoefte-benadering daarop toegespits is om aan die minimumvlakke van die genoemde basiese behoeftes te voldoen, probeer hierdie benadering ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling ook bevredig, aangesien die inkomste van individue tot
24
selfonderhouding kan lei (Bakhet, 1981:2). Basiese behoeftes van individue en lande sal verskil, aangesien sekere lande ekonomies ryker (ontwikkelde lande) of armer (ontwikkelende lande) as ander lande kan wees. Hierdie konsep veronderstel dat individue van ontwikkelde (ryker) lande se basiese behoeftes verskil van dié van ontwikkelende (armer) lande. Volgens Bakhet (1981:2) is dit belangrik om die konteks van die basiese- behoefte-benadering in ag te neem. Dié benadering is ʼn ontwikkelingskonsep wat op ʼn spesifieke land gemik moet wees, aangesien lande verskillende ekonomiese, maatskaplike, politieke, en kulturele eienskappe het (Bakhet, 1981:2).
2.3.3.3 Rol van kommunikasie in ontwikkeling
Die rol van kommunikasie in die basiese-behoefte-benadering is onduidelik. Die benadering se konsep en bydrae ten opsigte van ontwikkeling (soos bespreek in afdeling 2.2.3.2) word verduidelik, maar daar is geen duidelike bespreking oor die rol van kommunikasie tydens ontwikkeling nie. Daar word aangeneem dat die rol van kommunikasie fokus op die konsep van basiese behoeftes wat vanaf die sender na die ontvanger oorgedra word.
2.3.3.4 Kritiek op die basiese-behoefte-benadering
Buiten die onduidelike rol van kommunikasie in die basiese-behoefte-benadering, is daar baie vrae en onsekerhede omtrent hierdie benadering. Voorbeelde van kritiese vrae oor die basiese-behoefte-benadering behels hoe mens behoeftes kan definieer, wat verklaar kan word as die 'basiese minimum' wat individue nodig het om te kan oorleef, die feit dat hierdie benadering nie kulturele en politieke ontwikkeling in ag neem nie, en hoekom die benadering nie fokus op gemeenskappe se langtermyngroei en -ontwikkeling nie (Stewart, 1989:348-49).
Verdere kritiek sluit in dat hierdie benadering niks oorspronklik en nuut na die 'ontwikkelingstafel' bring nie. Die basiese-behoefte-benadering fokus byvoorbeeld ook (soos die moderniserings- en afhanklikheidsbenadering) op plaaslike ontwikkeling en individue se inkomste as ekonomiese ontwikkeling (Crosswell, 1978:1). Dié benadering bied nie ʼn standvastige en onafhanklike raamwerk vir groei en ontwikkeling van gemeenskappe nie (Farooq, 1988:364). Crosswell (1978:2) verduidelik dat die basiese-behoefte-benadering ʼn nuwe naam met dieselfde eienskappe as die voorafgaande benaderings het. Hierdie benadering klink wel belowend vir ʼn nuwe benadering tot ontwikkeling, maar daar is geen ontwikkelingsbeleid wat gevorm word nie. Die basiese-behoefte-benadering bied byvoorbeeld ondersteuning vir gemeenskappe maar bied geen formulering ten opsigte van ontwikkelingsplanne nie (Crosswell, 1978:2).
25
Hierdie benadering word volgens Farooq (1988:364) as ʼn gewilde weg tot ontwikkeling (deur ontwikkelende lande) bestempel, maar die standpunt oor die moderne ekonomie word bevraagteken. Daar is geen raamwerk wat beskikbaar is om te verduidelik hoe die verskillende fases van basiese behoeftes bevredig kan word nie (Farooq, 1988:364). Al bied die basiese-behoefte-benadering besprekings aan oor hoe ontwikkelende lande kan baat vind by hierdie benadering, is daar ʼn tekort aan ontwikkelingsteorieë. Farooq (1988: 365) meen dat hierdie benadering nie aan ʼn spesifieke denkskool behoort nie, hoewel die basiese-behoefte-benadering neig na die denkskool van institusionalisme. Institusionalisme verwys na ʼn sosiale teorie wat fokus op instansies se uitwerking op gemeenskappe.
Die basiese-behoefte-benadering is een van ʼn aantal benaderings in ontwikkeling wat probeer het om modernisering teen te werk, maar dit word bevraagteken wat basiese behoeftes werklik is en of dié benadering werklik volhoubare ontwikkeling bevorder het. Die basiese-behoefte-benadering word dus gerig op die probleem van armoede, maar armoede is op sigself ʼn komplekse maatskaplike, ekonomiese en psigologiese konsep. Daar is geen duidelikheid of hierdie benadering armes bemagtig om hulle situasie sélf te kan verander nie (Keeton, 1984:283; Jonker, 2001:59).
Ten spyte daarvan dat daar sterk kritiek teen die basiese-behoefte-benadering uitgespreek is en daar selfs geredeneer is dat die benadering sy betekenis verloor het (Hoadley, 1981: 149- 164) beklemtoon Reader (2006:1) dat die kritiek teen dié benadering heroorweeg behoort te word, aangesien daar wel geldige punte daaruit voortgespruit het, wat steeds relevant is vir ontwikkelingskommunikasie.
Aansluitend hierby redeneer Agunga dat die basiese-behoefte-benadering as een van die voorlopers tot die deelnemende benadering (die huidige norm vir ontwikkeling in enige gemeenskap) beskou kan word. Hoewel eersgenoemde benadering groter pogings aangewend het om die behoeftes van die gemeenskappe in ag te kan neem, het dit steeds sy grondslag gevind in die beskouing dat ontwikkeling ekonomiese groei is (Agunga, 1997:154).
Uit bogenoemde kritiek, vrae en onsekerheid oor die ontwikkelingskonsep van die basiese- behoefte-benadering is bevind dat daar ʼn soeke na ʼn meer geskikte benadering vir ontwikkeling is. Na afloop van die basiese-behoefte-benadering het die veelvuldige of 'ander' ontwikkelingsbenadering ontstaan. Die 'ander' ontwikkelingsbenadering sluit nou aan by die basiese-behoefte-benadering, maar die veelvuldige benadering fokus op meer as net die basiese behoeftes van gemeenskappe.
26
2.3.4 Veelvuldige benadering / 'Ander' ontwikkelingsbenadering