• Tidak ada hasil yang ditemukan

HOOFSTUK 4: NAVORSINGSBENADERING EN –METODES

4.5 NAVORSINGSMETODES

4.5.2 Kwalitatiewe inhoudsanalise

Du Plooy (2009:89-90) en Devi (2009:5) definieer kwalitatiewe inhoudsanalise as ʼn navorsingsmetode wat die sistematiese studie van geskrewe of verbale kommunikasieboodskappe behels. Tekstuele data (insluitend ongeskrewe teks), soos byvoorbeeld onderhoude, waarneming en antwoorde op oop vrae, kan op hierdie manier geanaliseer word (Julien, 2008:120; Devi, 2009:5; Wimmer & Dominick, 2011:119).

Kwalitatiewe inhoudsanalise lewer bydraes aan die studie deur 'hoekom'-vrae te beantwoord (Julien, 2008:120). In hierdie studie behels dit vrae oor die aard van die SJGD se kommunikasie binne die vroeëkinderontwikkelingsprojekte. Kwalitatiewe inhoudsanalise is ʼn buigsame navorsingsmetode wat kwalitatiewe inligting in temas rangskik (Julien, 2008:120;

Wimmer & Dominick, 2011:121). ʼn Tema kan in sy grotere geheel en konteks binne inhoudsanalise bestudeer word (Fourie, 2004:5). In afdeling 4.4 (in tabel en tabel 5) is die relevante temas, naamlik konsepte en konstrukte asook die operasionele definisies daarvan, uiteengesit.

Kwalitatiewe inhoudsanalise is interpretatief van aard en bestaan uit deeglike analise van tekste asook die identifisering van boodskappe wat onbewustelik of bewustelik deur tekste gekommunikeer word (Julien, 2008:120). Die toepassing van hierdie navorsingsmetode het dit vir die navorser moontlik gemaak ok inligting en boodskappe (tussen die SJGD-lede en die verteenwoordigers) te interpreteer ten opsigte van die aard van kommunikasie binne die vroeëkinderontwikkelingsprojekte van die SJGD. Die metode kan in die vroeëre navorsing- stadium asook regdeur die navorsing geskied (Wimmer & Dominick, 2011:119). Dit is vir die navorser moontlik om beskikbare dokumente nie net aan die begin van die navorsing te ondersoek nie, maar indien nodig ook gedurende die navorsing. Die redes vir die gebruik van hierdie navorsingsmetode word in die volgende afdeling aangedui en uiteengesit.

Kwalitatiewe inhoudsanalise kan in die eerste plek gebruik word om die inhoudelike van bestaande dokumente van ontwikkelingsprojekte te evalueer (Fourie, 2004:3; Zhang &

79

Wildemuth, 2009b:1-12). Tweedens kan kwalitatiewe inhoudsanalise gebruik word om inligting te verkry deur byvoorbeeld onderhoude, wat in gemeenskappe gevoer is, te ontleed (ibid.). Kwalitatiewe inhoudsanalise is deur die navorser gebruik deur verskeie dokumente van die SJGD te bestudeer, soos byvoorbeeld die grondwet en vergaderingsnotules asook transkripsies van semigestruktureerde onderhoude wat met die verteenwoordigers gevoer is.

Die dokumente is vooraf geanaliseer terwyl die onderhoude na afloop van hierdie analise bestudeer is. Deur middel van beleidstukke (gedragskodes, verpligtinge en struktuur van die SJGD) asook bestaande dokumente van die SJGD (die SJGD se 2010-jaarverslag, portefeulje-omskrywings, oordragsverslae en vergaderingsnotules van 2010 en 2011), is ʼn oorsig en agtergrond verkry oor wie die SJGD is, wat hulle doen en watter soort ontwikkelingsprojekte hulle ondersteun. Op ʼn latere stadium van die navorsing is inligting van die semigestruktureerde onderhoude, wat met die verteenwoordigers van die betrokke vroeëkinderontwikkelingsprojekte en SJGD-belangegroepe gedoen is, ontleed. Hierdie metode is gebruik om sekere navorsingsvrae te kon beantwoord (soos uiteengesit in afdeling 4.3). Volgens Devi (2009:4) is kwalitatiewe inhoudsanalise ʼn geskikte metode om navorsingsvrae te kan beantwoord.

Die genoemde redes en beskrywing hoe die navorsingsmetode aangepak is, dui aan dat hierdie navorsingsmetode relevant is vir hierdie studie oor die SJGD en sy huidige aard van kommunikasie. Die toepassing van kwalitatiewe inhoudsanalise word vervolgens bespreek.

4.5.2.1 Toepassing van kwalitatiewe inhoudsanalise Tabel 6 Dokumentanalise

DOKUMENT GEANALISEER REDE VIR RELEVANSIE VAN STUDIE

Grondwet van die studenteraad (2010) Hierdie dokument dui aan wat die rolle van die verskillende portefeuljes binne die studenteraad is. Hieruit kon afgelei word presies waar die SJGD inpas en of inligting oor kommunikasieprosedures binne die struktuur van die studenteraad verduidelik en beklemtoon word.

Grondwet van die SJGD (2010) Buiten die grondwet van die studenteraad het die SJGD ook hulle eie grondwet, aangesien

80

Grondwet van die SJGD (2010) hierdie studenteraadsportefeulje as ʼn onafhanklike NRO funksioneer. Hierdie grondwet dui die verantwoordelikhede, skakeling en rolle van die uitvoerende komitee van die SJGD aan.

Notules van vergaderings van die SJGD en die adviesraad (2010-'11)

Bestudering van die notules van 2010-'11 van die SJGD en die adviesraad stel die navorser in staat om kommunikasieprosedures en - probleme te ondersoek. Tydens vergaderings duik verskeie kommunikasie-situasies op en daarom is hierdie dokumente relevant vir grondige inhoudsanalise.

Die SJGD se sosio-ekonomiese opleidingsgids vir komitees (2010-'11)

Hierdie opleidingsgids word elke termyn aan SJGD-lede verskaf en gaan gepaard met verskeie opleidingsessies wat voor elke SJGD- termyn gedoen word. Die opleidingsgids dui aan wat die SJGD is, hoe die evalueringsisteem werk en hoe om in verskeie gevalle (tydens projekbesoeke) as SJGD-lede op te tree.

Ondersoek oor die aard van kommunikasie binne die SJGD is ingestel.

Oordragsverslae van die betrokke vier vroeëkinderontwikkelingsprojekte van hierdie studie:

 Veilige Nessie-kleuterskool

 Jesus Loves You Ministries

 Sand, See en Skulp

 Mmabane Preschool

Aangesien navorsing oor hierdie vier ontwikkelings-projekte gedoen word, is dit relevant om die oordragsverslae van 2010-'11 te bestudeer. Die inhoud van hierdie verslae bevat baie aspekte, soos byvoorbeeld kommentaar van die konsultante oor die prosesverslae na afloop van elke aksie.

Vorm vir die evaluering van die skakelpersoon en terugvoer (notas tydens onderhoude gemaak)

Gedurende die termyn besoek elke uitvoerende komiteelid wat as voog optree, die verskillende projekte en evalueer die skakelpersone. Hierdie vorm bevat ʼn vyfpuntskaal, waarvan 5

81 Vorm vir die evaluering van die skakelpersoon en terugvoer (notas tydens onderhoude gemaak)

uitstekend is, 4 goed, 3 gemiddeld, 2 redelik, 1 swak, en die motivering vir hierdie punt. Die vorm sal weergee of daar enigsins vrae gevra word oor die kommunikasieproses en met die notas as terugvoer, of die verteenwoordigers hierdie vrae verstaan het.

Met behulp van die sekondêre konsepte en konstrukte (sien tabel 4) het die navorser hierdie genoemde dokumente (tabel 6) geanaliseer en ondersoek. Elke dokument is ontleed en ondersoek is ingestel oor die aard van die SJGD se kommunikasie met die projekverteenwoordigers. Hierdie inligting is saamgegroepeer in die verskeie konsepte van deelnemende kommunikasie, naamlik deelname, dialoog, kulturele sensitiwiteit, bemagtiging tot selfonderhouding asook gemeenskapsontwikkeling en word in hoofstuk 5 bespreek.

Die navorser het ondersoek ingestel of die dokumente van tabel 6 inligting bevat omtrent konsepte van deelnemende kommunikasie wat belangrik is vir ʼn ontwikkelings- kommunikasieproses. In die geval van elke konsep, naamlik deelname, dialoog, kulturele sensitiwiteit, selfonderhouding tot bemagtiging asook gemeenskapsontwikkeling is die grondwet van die studenteraad, die grondwet van die SJGD, vergaderingsnotules van die SJGD en die adviesraad, die opleidingsgids, oordragsverslae van die SJGD-lede en die vrae op die vorm vir die evaluering van die skakelpersoon bestudeer. Die navorser het bepaal of hierdie dokumente, konstrukte (sien tabel 4 en tabel 5 in afdeling 4.4) aan die hand van elke konsep vir deelnemende kommunikasie vervat. Die navorser kon bepaal of die SJGD hierdie konsepte (sien tabel 4 in afdeling 4.4) insluit wanneer daar te werk gegaan word met die verteenwoordigers van die vroeëkinderontwikkelingsprojekte, die kinders en die gemeenskapslede. Die navorser het die proses herhaal met al die genoemde dokumente en konsepte van deelnemende kommunikasie om te kon bepaal wat die aard van kommunikasie tans tussen die SJGD en die verteenwoordigers van die vroeëkinderontwikkelingsprojekte is.