HOOFSTUK 4: NAVORSINGSBENADERING EN –METODES
4.5 NAVORSINGSMETODES
4.5.4 Semigestruktureerde onderhoude
4.5.4.2 Onderhoudskedule
VRAE AAN VERTEENWOORDIGERS Algemeen
1. Van wanneer af is die SJGD by hierdie projek betrokke?
2. Vertel hoe hierdie kleuterskool/nasorgsentrum (drie koshuisprojekte) of ontwikkelings- projek (Sand, See en Skulp) funksioneer.
Deelname
1. Hoe het die SJGD by u uitgekom en besluit dat hulle u wil ondersteun?
2. Tot watter mate is die SJGD betrokke by hierdie projek?
3. Hoe werk die besluitneming (hoe is die behoeftebepaling gedoen)?
4. Hoe werk die beplanning?
5. Hoe werk die toepassing van die doelwitte en programme wat vir hierdie projek uitgewys is?
6. Wat is die aard van die evaluasie? (Hoe het die SJGD by u gehoor of aandag aan die regte behoeftes gegee is en of die doelwitte bereik was?)
Dialoog
1. Hoe vind kommunikasie tussen u en die SJGD plaas?
Kulturele sensitiwiteit
1. Wat het die SJGD gedoen om u gemeenskap se agtergrond, kultuur en tradisies beter te probeer verstaan?
2. Is die manier hoe u dinge nou doen vandat die SJGD u help, versoenbaar met die kultuur en tradisies van die gemeenskap?
Bemagtiging, selfonderhouding en gemeenskapsontwikkeling 1. Hoe het die SJGD u gedurende die termyn ondersteun?
90
2. Watter vaardighede het u en die kinders gedurende die termyn (van die SJGD) aangeleer?
3. Indien die SJGD nie meer betrokke by hierdie projek in die toekoms is nie, sal u sonder enige hulp kan voortgaan met die projek?
VRAE AAN LEDE VAN DIE UITVOERENDE KOMITEE Algemeen
1. Wat verstaan u onder die term 'langtermynvolhoubaarheid'?
Deelname
1. Hoe het die SJGD besluit om hierdie projekte te ondersteun?
2. Hoe werk die besluitneming (hoe word die behoeftebepalings gedoen)?
3. Hoe werk die beplanning van die programme van die SJGD?
4. Hoe werk die toepassing van die programme van die SJGD?
5. Hoe word die SJGD se ontwikkelingsprojekte geëvalueer?
6. Hoe maak die SJGD seker dat die gemeenskap se ware behoeftes vasgestel word tydens die behoeftebepalings?
Dialoog
1. Hoe werk die kommunikasieproses tussen die SJGD en die skakelpersone (verteenwoordigers) van hierdie projekte?
Kulturele sensitiwiteit
1. Hoe maak die SJGD seker dat die ontwikkelingsprojekte se skakelpersone (verteenwoordigers) en die kinders wat betrokke is, se kultuur, taal en tradisies in ag geneem word tydens besluitneming?
2. Hoe ondersteun die SJGD (die uitvoerende komitee en die adviesraad) die huiskomiteelede en projekleiers om kultuursensitief tydens hulle programme van die ontwikkelingsprojekte te wees?
3. Tot watter mate probeer die SJGD om die skakelpersone (verteenwoordigers) se bestaande kennis en hulpbronne in projekte te gebruik?
91
Bemagtiging, selfonderhouding en gemeenskapsontwikkeling 1. In watter mate ondersteun die SJGD die betrokke ontwikkelingsprojekte?
2. Hoe sorg die SJGD dat die skakelpersone (verteenwoordigers) van die betrokke ontwikkelingsprojekte gebruik maak van vaardighede en van hulle bestaande hulpbronne?
3. Hoe besluit die SJGD dat projekte nie meer die SJGD se ondersteuning nodig het nie en dat hulle selfonderhoudend is?
VRAE AAN DIE PROJEKLEIER VAN DIE PROJEK SAND, SEE EN SKULP Algemeen
1. Wat verstaan u onder die term 'langtermynvolhoubaarheid'?
2. Vertel my wat is die projek Sand, See en Skulp en wat is die doel van hierdie projek?
Deelname
1. Tot watter mate was u en u komitee by hierdie projek betrokke?
2. Tot watter mate was die skakelpersoon (verteenwoordiger) betrokke?
3. Verduidelik hoe die besluitneming werk (hoe is die behoeftebepaling gedoen)?
4. Hoe werk die beplanning van die programme en doelwitte wat toegepas moet word?
5. Hoe werk die toepassing van die doelwitte en programme wat vir hierdie projek uitgewys is?
6. Hoe werk die evaluering van die SJGD?
Dialoog
1. Hoe vind kommunikasie tussen u as SJGD-verteenwoordiger en u skakelpersoon (verteenwoordiger) plaas?
Kulturele sensitiwiteit
1. Op watter wyse is die kultuur, taal en tradisies van die skakelpersoon en kinders belangrik vir die doeltreffendheid van die projek? Watter pogings is aangewend om die kultuur, taal en tradisies van die gemeenskap beter te verstaan?
2. In watter mate is u bewus van die skakelpersoon (verteenwoordiger) en die kinders se kultuur, taal en tradisies?
3. Hoe sorg u as SJGD-verteenwoordiger, tydens besluite wat geneem moet word, dat die skakelpersoon (verteenwoordiger) en die kinders se unieke kultuur en tradisies gerespekteer word?
92
4. In watter mate het u die skakelpersoon (verteenwoordiger) en die kinders se bestaande kennis in ag geneem?
Bemagtiging, selfonderhouding en gemeenskapsontwikkeling
1. Hoe het u gedurende die termyn van 2010-'11 hierdie projek as SJGD-verteenwoordiger ondersteun?
2. Hoe sorg die SJGD dat die skakelpersone (verteenwoordigers) van die betrokke ontwikkelingsprojekte gebruik maak van hulle eie vaardighede en hulle bestaande hulpbronne? Hoe word hierdie reeds bestaande kennis en vaardighede in die projek geïnkorporeer?
3. Indien die SJGD in die toekoms nie meer betrokke by hierdie projek is nie, sal die skakelpersoon (verteenwoordiger) sonder enige hulp kan voortgaan met die projek?
(opvolgvraag: 'Hoekom of hoekom nie?')
VRAE AAN HUISKOMITEELEDE Algemeen
1. Wat verstaan u onder die term 'langtermynvolhoubaarheid'?
2. Het u as huiskomiteelid u verkiesbaar gestel vir die SJGD-portefeulje van u koshuis?
3. Indien 'ja', hoe was u voorheen betrokke en hoe het u voorheen geskakel met die SJGD?
4. Indien 'nee', hoe help en ondersteun die SJGD huiskomiteelede wat niks van hierdie portefeulje af weet nie?
Deelname
1. Tot watter mate was u en u komitee by hierdie projek betrokke?
2. Tot watter mate was die skakelpersoon (verteenwoordiger) betrokke?
3. Verduidelik hoe die besluitneming werk (hoe is die behoeftebepaling gedoen?).
4. Hoe werk die beplanning van die programme en doelwitte wat toegepas moet word?
5. Hoe werk die toepassing van die doelwitte en programme wat vir hierdie projek uitgewys is?
6. Hoe werk die evaluering van die SJGD?
Dialoog
1. Hoe vind kommunikasie tussen u as SJGD-verteenwoordiger en u skakelpersoon (verteenwoordiger) plaas?
93
Kulturele sensitiwiteit
1. Op watter wyse is die kultuur, taal en tradisies van die skakelpersoon en kinders belangrik vir die doeltreffendheid van die projek? Watter pogings is aangewend om die kultuur, taal en tradisies van die gemeenskap beter te verstaan?
2. In watter mate is u bewus van die kultuur, taal en tradisies van die skakelpersoon (verteenwoordiger) en die kinders?
3. Hoe sorg u as SJGD-verteenwoordiger, tydens besluite wat geneem moet word, dat die skakelpersoon (verteenwoordiger) en die kinders se unieke kultuur en tradisies geres- pekteer word?
4. In watter mate het u die skakelpersoon (verteenwoordiger) en die kinders se bestaande kennis in ag geneem?
Bemagtiging, selfonderhouding en gemeenskapsontwikkeling
1. Hoe het u gedurende die termyn van 2010-'11 hierdie projek as SJGD-verteenwoordiger ondersteun?
2. Hoe sorg die SJGD dat die skakelpersone (verteenwoordigers) van die betrokke ontwikkelingsprojekte gebruik maak van hulle eie vaardighede en hulle bestaande hulpbronne? Hoe word hierdie reeds bestaande kennis en vaardighede in die projek geïnkorporeer?
3. Indien die SJGD in die toekoms nie meer betrokke by hierdie projek is nie, sal die skakelpersoon (verteenwoordiger) sonder enige hulp kan voortgaan met die projek?
(opvolgvraag: 'Hoekom of hoekom nie?')
VRAE AAN DIE KONSULTANT Algemeen
1. Wat verstaan u onder die term 'langtermynvolhoubaarheid'?
2. Van wanneer af is die vier konsultante by die SJGD se projekte betrokke?
3. Wat is u funksie en doel as konsultant van die SJGD?
4. In watter mate baat die SJGD by hierdie funksies van die konsultante?
Deelname
1. In watter mate is die SJGD betrokke by hulle ontwikkelingsprojekte?
2. Hoe werk die besluitneming om die betrokke behoeftes van elke projek te bepaal?
94 3. Hoe werk die beplanning (die behoeftebepaling)?
4. Hoe werk die uitvoering of toepassing van die programme van elke projek?
5. Hoe vind evaluasie van hierdie projekte binne die SJGD plaas?
6. In watter mate maak die SJGD seker dat aandag aan die betrokke gemeenskap se behoeftes gegee word deur die projekte wat geloods word?
Dialoog
1. Hoe werk die kommunikasieproses tussen die SJGD en die skakelpersone (verteenwoordigers) van hierdie projekte?
Kulturele sensitiwiteit
1. Hoe maak die SJGD seker dat die skakelpersone (verteenwoordigers) van die ontwikkelingsprojekte en die kinders wat betrokke is, se kultuur, taal en tradisies in ag geneem word tydens besluitneming?
2. Hoe ondersteun die SJGD (die uitvoerende komitee en adviesraad) die huiskomiteelede en projekleiers om tydens hulle programme van die ontwikkelingsprojekte kultuur- sensitief te wees?
3. Tot watter mate probeer die SJGD om die skakelpersone (verteenwoordigers) se bestaande kennis en hulpbronne in projekte te gebruik?
Bemagtiging, selfonderhouding en gemeenskapsontwikkeling 1. In watter mate ondersteun die SJGD die betrokke ontwikkelingsprojekte?
2. Hoe besluit die SJGD dat projekte nie meer die SJGD se ondersteuning nodig het nie en dat hulle selfonderhoudend is?
VRAE AAN ADVIESRAADSLEDE Algemeen
1. Wat verstaan u onder die term 'langtermynvolhoubaarheid'?
Deelname
1. In watter mate is die SJGD betrokke by hulle ontwikkelingsprojekte?
2. Hoe werk die besluitneming om die betrokke behoeftes van elke projek te bepaal?
3. Hoe werk die beplanning (die behoeftebepaling)?
4. Hoe werk die uitvoering of toepassing van die programme van elke projek?
5. Hoe vind evaluasie van hierdie projekte binne die SJGD plaas?
95
6. In watter mate maak die SJGD seker dat aandag aan die betrokke gemeenskap se behoeftes gegee word deur die projekte wat geloods word?
Dialoog
1. Hoe werk die kommunikasieproses tussen die SJGD en die skakelpersone (verteenwoordigers) van hierdie projekte?
Kulturele sensitiwiteit
1. Hoe maak die SJGD seker dat die ontwikkelingsprojekte se skakelpersone (verteenwoordigers) en die kinders wat betrokke is, se kultuur, taal en tradisies in ag geneem word tydens besluitneming?
2. Hoe ondersteun die SJGD (die uitvoerende komitee en die adviesraad) die huis- komiteelede en projekleiers om tydens hulle programme van die ontwikkelingsprojekte kultuursensitief te wees?
3. Tot watter mate probeer die SJGD om die skakelpersone (verteenwoordigers) se bestaande kennis en hulpbronne in projekte te gebruik?
Bemagtiging, selfonderhouding en gemeenskapsontwikkeling 1. In watter mate ondersteun die SJGD die betrokke ontwikkelingsprojekte?
2. Hoe besluit die SJGD dat projekte nie meer die SJGD se ondersteuning nodig het nie en dat hulle selfonderhoudend is?
Die genoemde onderhoudskedule is gebruik tydens onderhoude wat met verskeie SJGD- lede asook die verteenwoordigers van die vier vroeëkinderontwikkelingsprojekte gevoer is (sien Addendum D).
Die studie se geloofwaardigheid is van die grootste belang. Betroubaarheid en geldigheid as konsepte van die geloofwaardigheid van hierdie navorsing word volgende bespreek.