HOOFSTUK 3: OORSIG OOR DIE SJGD
3.6 VIER FUNKSIONERINGSKATEGORIEË VAN DIE SJGD
3.6.5 Vier vroeëkinderontwikkelingsprogramme wat gebruik word in
3.6.5.4 Mmabane Preschool (ʼn koshuisontwikkelingsprojek)
Mmabane Preschool is in Ikageng geleë. Hierdie skool bestaan uit 28 leerders tussen die ouderdomme van twee en vyf jaar, asook twee personeellede. Een van die personeellede is sowel die hoof en verteenwoordiger van die skool as die eienares van die grond en die skool.
Sy is ʼn gekwalifiseerde onderwyseres. Mmabane Preschool het twee baksteenklaskamers, een kraan en twee toilette tot hulle beskikking. By die skool is geen bome of gras nie en dit veroorsaak dat die leerders, as gevolg van die hitte en die harde grond, nie buite kan speel nie (Noordwes-Universiteit: SJGD, 2010f). Die SJGD ondersteun daarom hierdie kleuterskool om aan hierdie behoeftes aandag te gee.
Hierdie ontwikkelingsprojek is ʼn nuwe koshuisprojek wat aan Wanda Dameskoshuis toegeken is vanaf die termyn van 2010-'11. Die aard van kommunikasie van die projek is ondersoek en reeds tydens die behoeftebepaling met die maatskaplike werkster, mev. Kotzé, is konflik waargeneem tussen die verteenwoordiger en die huiskomiteelid. Hierdie ontwikkelingsprojek is daarom gepas vir hierdie kommunikasiestudie, aangesien kommunikasieprobleme reeds aan die begin van die termyn van 2010-'11 van die SJGD opgeduik het.
Bogenoemde ontwikkelingsprojekte sal deur middel van die navorsingsmetodes, soos in hoofstuk 4 vervat, ondersoek en bespreek word. Reeds voor die aanvang van die empiriese studie is ʼn goeie verhouding gevestig met die adviesraad, die uitvoerende komitee van die SJGD sowel as die verteenwoordigers en projekleiers van die bogenoemde vier ontwikkelingsprojekte.
Die SJGD ondersteun die verskeie ontwikkelingsprojekte en probeer verseker dat gemeenskappe op lang termyn bemagtig word. Die SJGD as NRO stel hulself verantwoordbaar om as ʼn volhoubare NRO te funksioneer. Die SJGD fokus daarom op die evaluering van hulle betrokke ontwikkelingsprojekte. Die evaluering deur middel van die SJGD se puntesisteem word in die volgende afdeling bespreek.
62
3.7 PUNTESISTEEM VAN DIE SJGD VIR EVALUERING VAN DIE BETROKKE ONTWIKKELINGSPROJEKTE
As gevolg van die verskeie besture wat as interne strukture van die SJGD dien, is daar ʼn strategiese puntesisteem waarvolgens die SJGD hulle ontwikkelingsprojekte evalueer en deurlopend kontroleer. Hierdie evaluering word deur drie aangestelde maatskaplike werkers as die SJGD-konsultante, die uitvoerende komitee as voogde en die SJGD se paneel onderneem. Die SJGD se hoofdoel met die puntesisteem is om drie fokuspunte te evalueer, naamlik volhoubaarheid, bemagtiging en bewusmaking (Esterhuyse, 2011; Esterhuyse, 2010:2; Weyers & Herbst, 2010:11).
Die SJGD se puntesisteem is belangrik om die huiskomitees en die projekleiers te evalueer.
Bemagtiging van die gemeenskap vind plaas deur ontwikkelingsprojekte wat deur die SJGD ondersteun word, bewusmaking van die SJGD as unieke NRO geskied en die volhoubaarheidsbeginsel in die ontwikkelingsprojekte van die SJGD word toegepas. Die evaluering van vorige SJGD-termyne (tot en met 2008) deur die uitvoerende komitee van die SJGD is verskuif na professionele persone in die studieveld Maatskaplike Werk, om te verseker dat:
die beoordeling objektief geskied; en
persone met die nodige kundigheid ontwikkelingsprojekte sal beoordeel en goeie raad en leiding sal gee oor hoe om ontwikkelingsprojekte in die gemeenskap doeltreffend te bestuur (Stidworthy, 2011).
Die puntesisteem is nie deur die uitvoerende komitee ontwikkel nie, maar opgestel onder leiding van dr. A. Herbst en prof. M. Weyers, albei van die Skool vir Psigososiale Gedragswetenskappe. Die sisteem verseker dat die evaluerings fokus op die SJGD se drie fokuspunte. Hierdie fokusareas verseker dat die studente meer doeltreffend kan uitreik na die gemeenskap. Jool, as fondswerwer van die SJGD, het ook ʼn verantwoordelikheid om aan die gemeenskap terug te rapporteer dat die ontwikkelingsprojekte doeltreffend bestuur word deur die SJGD. Die vier konsultante wat aangestel word vir elke SJGD-termyn is derdejaar-maatskaplikewerkstudente wat die programme van die SJGD se ontwikkelings- projekte evalueer as deel van hulle praktiese ondervinding (Esterhuyse, 2011). Dié evalueringsproses help die SJGD om volhoubaarheid in hulle betrokke ontwikkelings- projekte se gemeenskap te handhaaf. Die puntesisteem word in figuur 2 geïllustreer (Noordwes-Universiteit: SJGD, 2010g:3).
63
Figuur 2 Die SJGD se vierkwadrantepuntesisteem
1
Evaluering van die verteenwoordiger van die ontwikkelingsprojek: 10%
en
Verpligte aksies: 15%
Blikkieskosdag
Kaalvoetdag
KANSA-koeverte
25%
2
Portefeuljes
25%
3
Deurlopende evaluering deur konsultante:
15%
(Prosesverslae en aksies) en voorleggings: 10%
25%
4
Doelwitformulering volgens behoeftebepaling en -bereiking
25%
Die vier kwadrante van die sisteem bestaan uit ʼn 66/33 verdeling. Ses-en-sestig persent van die projekbestuurder se aksies is gemeenskapsontwikkelingsgerig en drie-en-dertig persent daarvan is gemeenskapsdiensgerig (wat gee die studente aan die betrokke gemeenskap).
Hierdie bogenoemde persentasiekonsep is 1/3 tot 3/3 en is so deur die SJGD bepaal om aan die huiskomiteelede te verduidelik en te demonstreer wat van hulle verwag word (Stidworthy, 2011).
Die eerste kwadrant is die evaluering van die verteenwoordiger van die ontwikkelingsprojek en verpligte aksies. Die betrokke huiskomiteelid en die projekleier se voog (lid van die uitvoerende komitee) voer onderhoude met die verteenwoordigers van die onderskeie ontwikkelingsprojekte. Hierdie leiers word geëvalueer na aanleiding van hulle kommunikasie en of die ontwikkelingsprojekte doeltreffend aangepak is. Die verpligte aksies (hierdie aksies is alleenlik op die huiskomiteelede van toepassing) bestaan uit Kaalvoetdag (5%), die KANSA-koeverte (5%) en Blikkieskosdag (5%) (Weyers & Herbst, 2010:80).
64
Die tweede kwadrant dui aan dat portefeuljes (van projekte) geëvalueer word deur die SJGD se paneel (dr. A. Herbst, dr. A. Nienaber, prof. P. Rankin, mev. L. Kotzé, die SJGD se voorsitter, die SJGD se ondervoorsitters en die vier konsultante). Die huiskomiteelid en die projekleier se portefeulje (in hardekopie) moet bestaan uit (Weyers & Herbst, 2010:81):
visie;
missie;
doelstellings;
programuiteensetting (watter programme is aangebied en die doel daarvan);
aksiestaat (watter aksies is gehou vir elke program);
prosesverslae (programme wat aangebied word om doelwitte te bereik);
foto's;
ʼn lys met lede van die interne komitee wat elke aksie bygewoon het;
voorbeelde van hulpmiddels en hulpbronne wat gebruik is;
ʼn oorkoepelende selfevaluering (die projekbestuurder neem die termyn in oënskou en evalueer hom- of haarself as projekbestuurder);
die Skool vir Psigososiale Gedragswetenskappe se projekbestuurderverslag (Weyers &
Herbst, 2010:66); en
voorstelle vir die nuwe SJGD-termyn.
Die derde kwadrant behels die evaluering van die huiskomiteelede en die projekleiers se prosesverslae en aksies (deur die maatskaplike werkers as konsultante). Prosesverslae word deurlopend gemoniteer deur die konsultante en hulle gee advies oor die betrokke ontwikkelingsprogramme. Die konsultant gee aan die einde van die SJGD-termyn ʼn punt vir die programme wat aangebied was. Gedurende die termyn woon ʼn konsultant een van die projeksbestuurder se aksies by en evalueer hierdie aksie.
Voorleggings in Power Point vind elke termyn in Julie plaas. Hierdie voorleggings word aan die SJGD-paneel voorgelê, saam met ʼn onderhoud van 15 minute oor wat gedurende die betrokke termyn gedoen is (Weyers & Herbst, 2010:81). Projekbestuurders kry ʼn punt uit 10 vir die visuele uitbeelding van die ontwikkelingsprojek. Die kort- en langtermyndoelwitte moet verduidelik word en projekbestuurders kry ʼn punt uit 20 hiervoor. Die drie fokuspunte, naamlik volhoubaarheid, bemagtiging en bewusmaking, tel elk 20 punte. Ten laaste word 10 punte tydens die onderhoud oor die uitkomste en die doel van die ontwikkelingsprojek toegeken aan die portefeuljehouer van die betrokke ontwikkelingsprojek (Weyers & Herbst, 2010:82).
65
Die vierde kwadrant bepaal of die doelwitte wat vir die ontwikkelingsprojek gestel is, ooreenstem met die behoeftes van die ontwikkelingsprojek. Daar word ook geoordeel of die gestelde doelwitte bereik is en hoe dit bereik is (Weyers & Herbst, 2010:82). Punte aangaande die kwadrant word verkry uit die volgende (Noordwes-Universiteit: SJGD, 2010g):
ontwikkelingsprojekte se verteenwoordigers;
portefeuljes;
konsultante se evaluerings; en
voorleggings in Power Point.
Die puntesisteem van die SJGD is in die bogenoemde bespreek. Aangesien die SJGD uit ʼn wye netwerk van interne strukture bestaan, is dit belangrik dat die operasionele bestuur van die SJGD kontrole oor die ontwikkelingsprojekte moet hou. Hierdie sisteem maak dit duidelik dat die SJGD as NRO verantwoordbaar vir hulle ontwikkelingsprojekte se programme en aksies wil wees.