HOOFSTUK 4 MOEDERVLEKKEN
4.7 Grunberg en die slapstick-komedie
representasie van die dood in hierdie boek, soos wat dit deur Kadoke beleef en verwoord word, weerspieël. Dood word as ’t ware ʼn entiteit, ʼn onvermydelike dog onkenbare karakter weens die personifiëring daarvan in die roman.
Die dood word ook deur ʼn liminale sone in Moedervlekken verteenwoordig – as ʼn toestand van nielewe, maar nie van leweloosheid nie. Kadoke verwoord een van sy grootste vrese deur te sê:
“Hy vreesde niet de dood maar het gebrek aan leven, het halfdood-zijn” (bl. 113). Grunberg (2016a) skryf dat sy werklike moeder verraai gevoel het toe haar man sterf. Hy keer hierdie situasie van verraad in Moedervlekken om deur Kadoke se moeder eerste te laat sterf en sy vader die verraaide een te maak. In ʼn artikel oor die huwelik van sy ouers en die dood van sy vader merk Grunberg (2016a) die volgende op:
Sommige doden blijven akelig levend, hoewel het woord ‘akelig’ de indruk zou kunnen wekken dat ik het deze doden verwijt dat ze zo levendig blijven. Dat is niet het geval. Ik bedoel akelig meer zoals spoken akelig kunnen zijn.
Moedervlekken is nie ʼn outobiografiese roman nie, maar die dood van Grunberg se ouers, sy opvattings oor identiteit asook sy siening van liefde is temas in sy persoonlike lewe wat met dié in die roman oorvleuel. Om hierdie rede het die teks ʼn sterk life writing-inslag; ook weens die feit dat een persoon se lewe, naamlik dié van Kadoke se moeder (wat ooreenkomste met Grunberg se moeder, Hannelore Grünberg-Klein41 toon), regdeur die teks belig word. Met hierdie roman bevestig Grunberg Vaessens (2010b:14) se siening dat fiksie ʼn meer effektiewe manier as ʼn ooggetuieverslag kan wees om waarheid oor te dra. Moedervlekken is daarom ʼn duidelike voorbeeld van fiksionele life writing.
daarvan. Demeyer (2010a:117) bied ʼn meer gedetaileerde omskrywing van die funksie van slapstick:
Slapstick ontmaskert die pretenties op een zodanig grappige manier dat zij ons tevens troost biedt. Wat de kunst dus moet nastreven is verstrooiing als humor en troost. Een belangrijk middel daartoe is ‘identificatie’.
Die doel van die slapstick-genre is om verborge of verhewe temas op ʼn komiese manier aan die lig te bring en dusdanig aan te toon “dat alles in feite eenvoudig is” (Vervaeck, 2017:101).
Danksy hierdie komiese ontmaskering kan die leser of kyker tot ʼn groter mate met die vereenvoudigde inhoud identifiseer. Hierdie ontmaskering van die verhewene, wat tot identifikasie daarmee kan lei, vind gewoonlik deur middel van ʼn klug(spel) en geanimeerde geweld plaas (Bromley, 2017).42 Bromley (2017) tipeer slapstick-kuns as “a physical kind of comedy based around pratfalls and mild comic violence – smacks in the head, pokes in the eyes, people falling down, etc.”. Ofskoon Moedervlekken nie as ʼn suiwer slapstick-roman beskryf kan word nie, beïnvloed elemente van slapstick (soos die cliché en ʼn lae vorm van komedie) tot ʼn groot mate die inhoud van die roman.
In Grunberg se werk dra die cliché grootliks tot die gevoel van afgesaagdheid en vervlakking by.
In die essaybundel De troost van de slapstick (1998) neem Grunberg die standpunt in dat die meeste dinge waaraan ons waarde heg, deur middel van verstrooiing, vervlakking en identifisering gelykgestel word. “‘Ik geloof niet dat films, boeken, schilderijen, beelden en foto’s iets anders moeten bieden dan verstrooiing’” (Grunberg, soos aangehaal deur Demeyer, 2010a:117). Identifikasie vind in Moedervlekken plaas wanneer die leser met gebeure in die fiktiewe wêreld, wat deur Grunberg geskets word, assosieer. Deur van oorgebruikte uitdrukkings gebruik te maak (soos “It’s better to burn than to fade away” (bl. 184)), skep Grunberg ʼn groter familiariteit tussen die teks en die leser. Grunberg se voorkeurmedium om verskeie dinge deur middel van hierdie verstrooiing, vervlakking en identifisering aan mekaar gelyk te stel, is die narratief.
Van Erkelens (1998) noem dat slapstick veral in Grunberg se narratiewe tekste opvallend is.
Grunberg besin in Moedervlekken veral oor dood, liefde, identiteit en lyding en vat hierdie temas op ʼn komiese wyse in verskeie taferele saam. In Michette se selfdoodpogings is sommige van
42 Slapstick was teen die laat 1800’s ’n kerndeel van die Engelse en Amerikaanse vaudeville- vertonings (Bromley, 2017). Vaudeville-vertonings is afkomstig van die Franse toneelkunde en behels ’n lugtige musikale toneelstuk met vrolike, komiese liedjies wat dikwels satiries van aard is (HAT VI, 2015:1427). Bromley (2017) gaan verder deur te noem dat gehore vermaak was deur skreeusnaakse akrobatiese toertjies waarin die akteurs hulleself doelbewus gepynig het. “The physical blows were not damaging, though,” lig Bromley in. “The comedians had an almost magician's flair because they were masters of timing and comedic illusion” (ibid.).
die eienskappe van slapstick opvallend, soos die spot met haar selfdoodwyses en die spel met die dood (omdat sy haarself leed aandoen, maar nie werklik dood wil gaan nie). Michette probeer byvoorbeeld om, met die drink van reinigingsmiddels, die dood vir Kadoke aanloklik te laat lyk sodat hy kan verstaan hoekom sy daarna smag. Sy verrig hierdie dodelike handelinge op ʼn nonchalante wyse: “Ze neemt een slok, loopt naar een van de plantenbakken en kotst” (bl.
216).
Omdat humor, wat regdeur Moedervlekken voorkom, ʼn universele menslike verskynsel is, vind
“identificatie” tussen leser en teks makliker plaas. Grunberg glo dat pretensies en mooiskrywery nie bevorderlik is om onderwerpe soos dood en lyding te verwoord nie. Die leser moet immers met die verhaal en die lot van die karakters kan identifiseer. Grunberg gebruik humor en gestroopte taal om die essensie van sy wêreldbeeld aan die leser oor te dra – die lewe is ʼn ontmaskerende, illusielose en pretensielose bestaan waartydens lyding en trauma verduur en nie onderdruk moet word nie. Nadat Kadoke se moeder gesterf het, het sy vader selfs haar traumas vir homself toegeëien. Kadoke verwoord die voortsetting van sy moeder se traumas (deur sy vader) soos volg: “Wij vinden niet dat het trauma moet worden overwonnen of dat het moet worden onderdrukt, maar dat het moet worden voortgezet” (bl. 246).
Omdat Kadoke nie gelowig is nie, spot hy met godsdiens en God, en elemente van slapstick is in hierdie spot teenwoordig. Spottenderwys bring Kadoke ʼn tipe vervlakking, of ʼn gelykskakeling van temas soos lewe en dood, humor en erns of godsdiens en ateïsme, in die roman teweeg.
Kadoke se moeder weet nie hoekom daar in die Joodse godsdiens op die ramshoring geblaas word nie. “Om God wakker te maken,” spot sy (bl. 178). Die slapstick-funksie van vervlakking is opmerklik in Kadoke en sy moeder se spot met die blaas van die ramshoring en derhalwe met godsdienstige rituele. Omdat die rabbi nie opgedaag het om op die ramshoring vir Kadoke se moeder te blaas nie, het Kadoke besluit om die geluid van die ramshoring met die blokfluit na te maak. “Als God hier niet wakker van wordt, weet Kadoke het ook niet meer” (bl. 180).
Hierdie grappige slapstick-spot met onderwerpe soos die dood, selfpyniging en godsdiens is juis opvallend omdat dit in kontras staan met die dooierige persoonlikhede van sommige karakters. Kadoke word as ʼn “saai” persoon deur sy moeder beskryf: “‘Mijn zoon,’ zegt moeder, en Kadoke hoort hoe honend haar stem klinkt, ‘hij is zo conventioneel. Hij is saai’” (bl. 144).
Eienskappe van slapstick, soos die ontmaskering van pretensies, vervlakking en identifikasie, kan in hierdie aanhalings waargeneem word. Ook die lae burleske, waar ʼn ernstige onderwerp verlaag word deur dit op ʼn ligsinnige wyse uit te beeld, is in die aangehaalde gebeure opvallend.
Grunberg ontmasker pretensies op sodanige wyse dat dit troos bied en geleenthede vir die
het om hulle eie lewens te neem, is van die karakters wat die meeste troos en bejammering uitlok deur middel van hulle openhartige afskeidsbriewe. Die veertienjarige Nelleke se brief is een van hierdie voorbeelde. Sy skryf: “‘Lieve papa en mama, als jullie dit lezen leef ik niet meer.
Ik weet niet hoe ik het anders moet oplossen. Het spijt me voor de overlast die ik jullie heb bezorgd. Wees niet verdrietig. Het is beter zo’” (bl. 184). Dit is egter nie net die randfigure in Moedervlekken wat lesers tot bejammering stem nie. Kadoke is ʼn karakter wat identifisering en simpatie uitlok as gevolg van sy selfbejammering en die uitsigloosheid wat hy uitstraal. Kadoke motiveer ʼn tipe identifisering tussen psigiaters en laagopgeleide pasiënte weens die verskil in hulle sosiale status:
Wij doen het goed met laagopgeleide patiënten, mensen uit de onderste lagen van de samenleving, maar zodra wij hoogopgeleide patiënten tegenkomen, dat wil dus veelal zeggen patiënten die verbaal sterk zijn, gaan wij systematisch fouten maken.
Juist omdat wij ons zo goed met hen kunnen identificeren denken wij dat het zo’n vaart niet zal lopen (bl. 88).
Demeyer (2010a:117) wys op die gebrek aan “diepgang” van slapstick-kuns. Dit is volgens hom spytig dat hierdie styl nie onnodige diepgang aan die kaak stel nie, maar dat dit eerder diepgang, met betrekking tot die inhoud van die beeld of teks, vervang met ʼn “eenvoudige vlakheid” (Demeyer, ibid.). Grunberg perk sy hoofkarakters asook sy verhale drasties in deur hulle aan die cliché en “eindeloze herhaling”, wat vervlakking tot gevolg het, te onderwerp (Vervaeck, 2017:101). Die toneel waar Kadoke se moeder handeviervoet teen die trappe opklim, bevat slapstick-elemente, omdat dit die limiete van bejaardheid op so ʼn komiese wyse uitbeeld dat dit troos bied. Bejaardes moet verskeie take op ʼn alternatiewe wyse verrig weens hulle fisieke regressie en afnemende krag. Kadoke se moeder kan nie teen die trappe opstap nie en daarom moet sy op haar hande en voete loop.
Voordat moeder omhoog kan worden gehesen komt ze zelf in actie. Ze draait zich om en op handen en knieën klimt ze zonder al te veel zichtbare moeite naar boven, alsof ze een jong hondje is dat het traplopen nog niet onder de knie heeft (bl. 144).
ʼn Mate van vernedering, ʼn eienskap van slapstick, is in hierdie toneel teenwoordig, veral omdat Kadoke die tekens van agteruitgang by sy moeder as vernederend beskou. “‘Moeder, je bent geen hond,’ zegt Kadoke. ‘Kom overeind. Het is genoeg geweest’” (bl. 144). Die toneel bevat ook, soos wat Bromley (2017) dit noem, “physical comedy”. Die fisieke aspek van die toneel, sowel as die feit dat Kadoke se moeder hierdie kruipaksie woordeloos en selfs op ʼn akrobatiese wyse uitvoer, herinner aan slapstick. Bromley (2017) verklaar hoekom slapstick as “physical comedy” bekend staan:
Also known as 'physical comedy,' slapstick is more action than words and for the longest time, many slapstick comedians didn't talk. This style of comedy requires great timing, animated facial expressions, and quite a bit of acrobatics to pull off.
Herhaling het, net soos slapstick, ʼn belangrike funksie met betrekking tot Moedervlekken.
Herhaling skep die gevoel van verstrooiing. Onderwerpe en gebeure word op plekke doelloos herhaal, wat tot die vervlakking van die sogenaamde literêre waarde (“literariness”) van die teks lei. Kadoke se moeder reïtereer haar mening dat hy ruggraatloos is. “Je hebt geen ruggengraat.
Je was een jongen zonder ruggengraat. Nu ben je een man zonder ruggengraat. En zolang je geen ruggengraat hebt kan ik niet doodgaan” (bl. 65). Vervaeck (2017:100) verduidelik hierdie herhaling van handelinge en woorde in Grunberg se werk: “De functie is duidelijk: zoals de personages rondtollen in hun lege bestaan, zo draaien de zinnen van het verhaal rond telkens opnieuw herhaalde, nietszeggende woorden.”
In Moedervlekken word talle woorde en handelinge herhaal wat op die sinloos herhalende aspek van die mens se daaglikse bestaan dui. Grunberg se rookverslawing is nog een van hierdie herhalende, oënskynlik niksseggende handelings waaraan die leser byna op elke tweede bladsy herinner word. Rook herinner vir Kadoke aan waarheid – “De waarheid is dat hij rookt, de waarheid is een sigaret” (bl. 55). Derhalwe beskou hy rook as ʼn tipe ontmaskering van skynwaardes. Rook is ook vir Kadoke bloot ʼn genot, ʼn herhalende handeling wat deur die aard van sy beroep bevorder word, want “andermans geestesziekte dwingt je tot roken” (ibid.). Net soos wat slapstick verskeie onderwerpe gelykskakel, tref Kadoke ook nie onderskeid (met betrekking tot belangrikheid) tussen singewende aktiwiteite en minder belangrike aksies in sy lewe nie. “Hij is een man die niet meer weet wat belangrijk voor hem is en die dat vermoedelijk ook niet wil weten” (bl. 166). Hierdie droefgeestige uitkyk herinner weer aan die nihilisme, die ontkenning van kennis en stelsels.
Demeyer (2010a:118) skryf dat Grunberg soms sukkel om tussen ʼn aforisme en ʼn cliché te onderskei, en dit is nóg ʼn kernelement van slapstick. Vervaeck (2017:101) verklaar hierdie styl van Grunberg ten dele deur te skryf dat Grunberg aan sy poëtika van eenvoud getrou bly. “Al wat hij doet lijkt te beantwoorden aan een logica die even simpel als onontkoombaar is. En dus wordt het leven in deze roman ook gereduceerd tot een stapeltje clichés” (Vervaeck, ibid.).
Soos met slapstick die geval is, is Grunberg se werk gevul met kwinkslae en humoristiese taferele. Die kompleksiteit van die teks skuil egter juis in hierdie oënskynlike eenvoudige aanbiedingswyse.
Van Erkelens (1998) lewer die volgende uitspraak oor die essays wat in De troost van de slapstick opgeneem is: “Grunbergs gedachten zijn vaak origineel. Hij ziet dingen die anderen
uitspraak is ook op Moedervlekken van toepassing omdat Grunberg gewone mense en handelings op ʼn unieke wyse beskou en uitbeeld. Die kern van die slapstick-genre lê juis by hierdie betrokkenheid – ʼn “engagement” by die teks (Demeyer, 2010a:120). Dit is ʼn oproep om kritiese denke oor styl en inhoud wat in ʼn konstante kompetisie met mekaar is. Grunberg pleit, deur middel van sy tekste, vir ʼn “zelfbetrokken lezing” (Demeyer, ibid.). “Nog steeds moet de lezer zich identificeren met het verhaal, en nog steeds moet een bepaalde pretentie doorgeprikt worden”, voer Demeyer (ibid.) in hierdie verband aan.
Slapstick speel ʼn noemenswaardige rol in Moedervlekken. Pretensie word ontmasker en die waarheid word, deur middel van humor, ontbloot. Grunberg gebruik hierdie metode om met die leser sekere ervarings met betrekking tot oudword en die dood te deel. Fortuin (2016) is van mening dat Grunberg in Moedervlekken “een generationeel doorgegeven verbod op geluk”
beskryf. Hierdie stelling kan ten dele met behulp van Kadoke se pa se optrede, ná die moeder se dood, ondersteun word. Nadat Kadoke se pa besluit het om sy moeder se rol oor te neem, het hy ook haar traumas vir homself toegeëien. “Mijn vader is volledig opgegaan in zijn nieuwe rol, hij is letterlijk mijn moeder geworden” (bl. 74). Die vader het nie die moeder se geluk voortgesit nie, maar juis haar verliese en traumas, want dit het haar in ʼn groot mate gedefinieer.
Die droefgeestigheid van die roman lê in hierdie oorgeneemde traumas en Kadoke se uitsiglose uitkyk op die lewe. Fortuin (2016) beklemtoon die “uitzichtloosheid” waarop hierdie bewaring van traumas wys, ʼn troosteloosheid wat met behulp van humor en slapstick blootgelê en beklemtoon word. Die lydsame verduring van hierdie traumas vind in Moedervlekken op ʼn stoïsynse wyse plaas en hierdie korrelasie word vervolgens bespreek.
4.8 Moedervlekken en die Stoïsisme