• Tidak ada hasil yang ditemukan

HOOFSTUK 3 SPRAKELOOS

3.3 Sprakeloos as ʼn burleske teks

onkonvensionele, selfs afwykende styl, lengte en formaat van die roman, betrek Lanoye die leser by sy vertwyfelings as skrywer – “terwijl hij hem meesleurt in een bad van taal”

(Berghmans, 2009). Hierdie “bad van taal” lei onvermydelik tot verveling en oordaad, maar Scheurmans (2009) regverdig in ʼn mate hierdie voorkoms van verveling en oordaad deur dit

“detailkritiek” in die lig van die prysenswaardighede van die roman te noem:

Daarbij balanceert Lanoye hier en daar op de grens van de overdaad. De ellenlange beschrijvingen van voornamelijk kleinburgerlijke, Vlaamsche interieurs gaan na een tijdje vervelen. Maar dat is detailkritiek.

Wanneer Lanoye egter met die verhaal van sy ouers begin en besluit om sy uitstel en chaotiese geharwar te staak, “zet hij op prachtige wijze het aan elkaar geklonken echtpaar neer dat zijn ouders zijn geweest” (Storm, 2009). Hy skryf dan ook meer doelgerig. Steeds is die gevoel waarmee Sprakeloos die leser laat een van warmte, ʼn hartverskeurende empatie wat woorde nie kan beskryf nie. Weens sy eerlike ontbloting, staan Lanoye “naakt” (Berghmans, 2009) voor sy lesers soos nog nooit vantevore nie. “Niks heeft hij verteerd, deze taalorgie kolkt van woede, onmacht, pijn” (ibid.). Van Dijl (2017) noem Sprakeloos “een opera, één van taal die muziek en libretto tegelijkertijd is” en hierdie samespel van klanke, emosies, karakters en lewenslesse val die leser al vroeg in die boek op. Fortuin (2009) voeg ʼn musiekmetafoor by deur die roman

“[e]en requiem voor een ouder” te noem – ʼn gepaste beskrywing in die lig van die huldigingsaard van die roman.

Sprakeloos is met ’n groot mate van lof in die Nederlandse sowel as die Afrikaanse letterkundes ontvang. Vanuit die talle lofbetuigings, positiewe resensies en kommentaar oor die “meesterlijk mooi boek” (Scheurmans, 2009) is hierdie positiewe ontvangs duidelik. Dit is voorwaar ʼn

“magistrale roman” (De Ruyck, 2009). Vervolgens word die roman met betrekking tot die burleske bespreek.

My belangstelling lê veral by die burleske en tragikomiese elemente wat in Sprakeloos manifesteer, asook by hoe Lanoye dit op ʼn outobiografiese en, volgens sommige kritici, outofiksionele wyse, in die styl van life writing, laat neerslag vind. Holthof (2009) vat die uiteenlopende temas in Lanoye se werk bondig saam deur na die vermenging van “het tragische en het komische” in Lanoye se werk te verwys, wat per se ook die burleske insluit:

Zoals in de beste Shakespeare-stukken vermengt hij het tragische en het komische op zo'n manier dat ze elkaar versterken. Hij weeft zijn jeugdherinneringen virtuoos door het verhaal van zijn moeder. Op bijna felliniaanse wijze zet hij daarbij karikaturen neer van de buren die het kruispunt aan de Antwerpse Steenweg bevolkten waar de slagerij van zijn ouders gevestigd was. Het resultaat is dat je op de ene pagina een traan laat om het trieste lot van zijn moeder en op de volgende in een lach uitbarst om de typering van de bizarre nevenfiguren.

Op tragikomiese wyse beskryf Lanoye sy familie, alledaagse asook ongewone, traumatiese gebeure, en hy doen dit met behulp van stylmiddels soos die burleske en ander verwante humormodi. “Ook binnen de schoot van de familie gedijt het tragikomische goed”, bevestig Berghmans (2009). Storm (2009) noem dat Lanoye, weens sy moedeloosheid om sy emosies te verwoord en sy moeder se lewe woordeliks vas te vang, van sy verhale “[e]en wanhopige grap”

maak. Hy voel wanhopig met betrekking tot die skryf van ʼn biografie, ʼn life writing-teks wat nie slegs iemand se lewe moet reflekteer nie, maar dit in ʼn mate moet vervang.

Die doekies-omdraaiery, uitstel, weifeling en “literair geknutsel” het alles ʼn definitiewe doel, want Lanoye wil juis beklemtoon dat hy nié weet hoe om hierdie eerlik-onthullende waarheid omtrent sy moeder se agteruitgang en eindelik haar sterwe direk en sonder ʼn uitgebreide relaas met die leser te deel nie. Hy vra homself talle kernvrae af met betrekking tot literatuur as eerbewys van ʼn afgestorwe persoon. Die kwessie van ʼn enkele verhaal wat voorrang bo al die ander versweë verhale geniet, ontstel hom, omdat hy weet dat daar talle soortgelyke verhale is om te vertel.

“Waarom zijn het alleen míjn verhalen die haar moeten vervangen, nu zij zelf verdwenen is?

Waarom niet de ontelbare andere verhalen van wie haar ook hebben gekend?” (bl. 29), en

“Waarom zou mijn ene beperkte lichtstraal meer waard zijn dan de zon van alle andere tezamen?” (bl. 30). Hierdie vrae spruit uit sy eie gevoel van onmag om so ʼn eerlike teks te produseer. Daarom reflekteer hy op ʼn bespottende wyse in sy poging om ʼn letterlike weergawe van sy moeder se lewe te skep:

Lach je te pletter om het palet en de borstels van de professionele zinnenschilder die je denkt te zijn, de kattenstaart waarmee de letterhoer zichself opzweept tot een gestroomlijnde productie: je bundeltje schema’s (bl. 65).

Hellemans maak ons ook attent op die dualisme wat al sedert die begin van Lanoye se loopbaan in sy werk sigbaar is. In die artikel “Verzet en collaboratie by Tom Lanoye” verwys Hellemans na hoe Lanoye onderwerpe soos liefde, dood en eensaamheid in die styl van ander digters “[m]acaber en schertsend pasticheerde” (Hellemans, 1998:77). Op hierdie trant – deur die “mengeling van cynisme en ironie” (ibid.) – het Lanoye voortgegaan om Sprakeloos te skryf en hierdie vermenging en samespel van style is ook kenmerke van die burleske. In hierdie verband kan mens dink aan die onderskeid tussen die hoë en die lae vorms van die burleske asook aan humortipes soos satire, parodie en ironie. Peters (2009) sluit by Holthof en Hellemans se opmerkings rakende die vervlegting van die tragiese en die komiese in Lanoye se werk aan, veral met betrekking tot die uitbeelding van sy moeder en die tipering van haar lewe in die roman:

En alles wat zich verder voordoet, de tragikomische anekdotes over stedelingen en familieleden die zelden zingend aan hun einde kwamen, de pillen en de drank waartoe José haar toevlucht zoekt na de dood van haar zoon Guy, het plotselinge razen en tieren van moeder in een onverstaanbare ‘hellespraak’ als ze door een beroerte is getroffen, Lanoye gaat het niet uit de weg, hij pookt en ratelt op zijn toetsenbord dat het een aard heeft – maar ook alle drama vangt straling op van die feestelijke gloed, de schildering van de kleine bühne waarop de slagersvrouw van Roger Lanoye ooit fel kwebbelend triomfen vierde, met haar oplettende zoontje als eeuwig dankbaar publiek.

Weens hierdie herhaalde voorkoms van inhoud-stylteenstrydighede, is dit des te meer belangrik om verder uit te brei op die spesifieke paradokse wat nie slegs in Sprakeloos vertoon nie, maar ook in ander werke van Lanoye. In verband met die ongewone verhouding tussen inhoud en styl, skryf Fortuin (2009), “verliep het samengaan tussen inhoud en vorm moeizaam”. Fortuin skryf hier veral met betrekking tot Lanoye se vroeër romans, waarin die beskouing van die wêreld ʼn prominente rol speel. In Sprakeloos akkommodeer die vorm en inhoud mekaar, al is dit soms teenstrydig. Die humor vul die erns aan en vice versa. So ook kommentarieer Lanoye se konstante afdwaalpaadjies die aard en inhoud van die verhale. Die uitweidings dui byvoorbeeld vormlik op die onnodige uitrekking van sy ouers (veral sy moeder) se lewens wanneer hulle op hulle sterfbed lê. Deur oor hulle te skryf, onthou hy hulle en hou hy hulle as ’t ware aan die lewe.

Muyres (2013:10) is van mening dat dit kortsigtig sal wees om Sprakeloos slegs as ʼn roman oor die siekteproses en dood van Lanoye se moeder te lees. “Er is dus meer, en dat meer kan niet worden afgedaan als ‘grenzeloos geouwehoer’” (Muyres, 2013:10). In verband met die disjunktiewe inhoud-struktuurverhouding het Offermans (2010:147) ook ʼn relevante standpunt,

naamlik dat Sprakeloos gaandeweg, veral struktureel, op veel meer as die “aaneenschakeling van groteske taferelen” dui. Volgens Offermans (ibid.) is Sprakeloos ’n “schelmenroman22 in de beste Vlaamse traditie”, maar die spanning word veral deur diverse, soms teenstrydige gebeure geskep, soos die oomblik van “totale ontreddering” na Lanoye se moeder se eerste breinbloeding, en sy “hartverscheurende” coming out.

Boeke oor aftakeling en dood is meestal tranerig of op soek na singewing, konstateer Berghmans (2009), maar “[n]iets van dat in Sprakeloos”. Selfs in die mees spanningsvolle tonele (soos die telefoongesprek tussen Lanoye en sy moeder oor sy homoseksualiteit) is die lag en die skertsende ondertoon van die burleske teenwoordig. Gijsbers (2011) skryf dat demensie ʼn morbiede onderwerp kan wees om oor te skryf. Die verlies aan menswaardigheid, waarmee dimensie gepaardgaan, is opvallend in ʼn boek soos J.J. Voskuil se De moeder van Nicolien. “Dementie is letterlijk mensonterend, en dat zien we door dit hele boek heen”

(Gijsbers, 2011).

In Hersenschimmen van J. Bernlef word vergelykbare temas uitgebeeld (as in Sprakeloos en De moeder van Nicolien) met betrekking tot die ontreddering by die mens weens fisieke en verstandelike verswakking wat deur bejaardheid en demensie veroorsaak word. “Langzaam maar zeker worden de mens zijn verleden en zijn verwachtingen ontnomen”, skryf Brand (2014) oor die uitbeelding van demensie in Hersenschimmen, “met het uitschakelen van het bewustzijn verdwijnt hij definitief”. Nadat Lanoye en sy moeder se dramatiese telefoongesprek as ’t ware op ʼn impasse uitloop weens beide se hardkoppigheid, sonder toegewings en sonder kompromieë, dreig Lanoye se moeder om haarself op te hang as “het simpelste” uitweg (bl.

336). Lanoye se skertsende reaksie is tragikomies en dit word onderlê deur die tipiese kenmerk van die burleske – ʼn felle teenstrydigheid tussen die onderwerpe van selfdood, wat immer makaber-ernstig hanteer word, en sy seksuele oriëntasie:

Weet je wat, ma? [opnieuw lachend, en lachend omdat ik lachen kan] Dat ís het simpelste. Hang je op. En mijn pa erbij. [met een schok beseffend: mijn god, ik denk en spreek precies zoals zij – ik bén exact als zij, ik zeg om het even wat, om toch maar de bovenhand te krijgen] Maar hang je dan wel deze week nog op, oké? Dan hoeven we jullie spullen maar één keer te verhuizen (bl. 336).

22 ʼn Skelmroman, oftewel ʼn pikareske roman (Sp.: novele picaresca), is ʼn roman waarin ʼn skelm die hoofrol speel (HAT VI, 2015:1151). In hierdie romans word die hooffiguur ʼn picaro genoem en word hulle gewoonlik as misdadigers of marginale figure uitgebeeld. “Die pikaro voel nie tuis in die wêreld waarin hy leef nie,” verduidelik Bisschoff (2010), “daarom is hy dikwels ʼn weeskind – maar hy is van hierdie selfde wêreld afhanklik vir sy bestaan”. Van Gorp (soos aangehaal deur Bisschoff, 2010) beskou die skelmroman as ʼn “dikwels komiese pseudo-outobiografie van die pikaro wat van een

ʼn Mate van galgehumor is in hierdie aanhaling opvallend – die bittere geskerts oor ʼn somber en ernstige onderwerp soos die dood. Hierdie tipe teenstrydighede, soos die ligsinnige geskerts oor ʼn ernstige onderwerp, vind nie slegs tussen inhoud en styl in die teks plaas nie, maar ook tussen die tipe letterkunde waarop Lanoye die leser voorberei (ʼn eerlike, onversierde teks) en wat hy uiteindelik skryf. Sprakeloos se realiteitsgebaseerde inhoud staan ook kontrasterend teenoor Lanoye se moeder se teatrale lewe wat nooit tot sy volle reg deur woorde beskryf sal kan word nie. “Die paradoxale genreaanduiding is geen loos spel”, meen Offermans (2010:146), en verwys dan na al die plekke waar Lanoye die leser meedeel wat hy nié met die boek wil bereik nie. Dit mag geen “bellettrie” word nie, dit mag nie “goedgekeurde schrijfmaniertjes” of

“artistiek verantwoorde metaforen” bevat nie. “Ik ben de literatuur met hoofdletters voorbij” (bl.

31).

Tog is daar talle voorbeelde in die teks waar Lanoye gekunsteld skryf – “onnatuurlik ten opsigte van vormgewing” (HAT VI, 2015:320) – oor die meestal morbiede temas. “Dat is een rookgordijn”, skryf Fortuin (2009) oor Lanoye se voorneme om nie na sy vak bellettrie terug te keer nie. “Hoe verder je leest, hoe hechter de compositie blijkt” (ibid.). Met “komposisie” verwys Fortuin hier na die temas in die roman en hoe hulle uitgebeeld word. Sprakeloos ontleen immers, aldus Offermans (2010), sy oortuigingskrag aan Lanoye se “tomeloze fantasie, de lenigheid van stijl” asook “de kleurrijkheid van zijn idioom”. Net soos by De moeder van Nicolien, word die suggestie van gekunsteldheid al deur die flambojante foto van ʼn moeder (in dié geval Lanoye sʼn) op die voorblad vertoon. “[K]ijk nog maar eens naar die foto op het voorplat. Dat is wel degelijk zij. Schoonheid is niet per se overerfelijk van moeder op zoon” (bl. 12). Lanoye se afwisselende, gekunstelde skryfstyl gaan veral met die Surabaya Johnny-interteks 23 en beeldryke metafore, soos wat op bladsy 199 verwoord word, gepaard:

Come on, Johnny. Kom en graaf in mijn memorie. Grijp het stuur van mijn bolide en leid me, bégeleid me, op die winterse rit van toen. Schets hoe ik naast de sprakeloze vrouw zat die mij heeft gebaard en opgevoed, die mij haar taal schonk en haar kwaaltjes, die mij heeft leren houden van witloof, mosselen en Hugo Claus.

Met genreteenstrydighede is ek egter nie in hierdie afdeling gemoeid nie; wel met die diskrepansie tussen onderwerp en styl soos dit in Sprakeloos sigbaar is. Ter herdenking van die Eerste Wêreldoorlog het Lanoye ʼn novelle geskryf, wat hy ook as monoloog voorgedra het:

Gaz. Pleidooi van een gedoemde moeder (2015). In die resensies oor Gaz lees ek die meestal positiewe ontvangs van Sprakeloos raak, tesame met verwysings na Lanoye se fassinasie met

23 Hambidge (2013) noem dat die Surabaya Johnny-interteks in Sprakeloos belangrik is met betrekking tot die uitbeelding van ambivalensie, liefde en haat. Hierdie temas word veral deur die verhouding tussen Lanoye en sy moeder asook tussen Lanoye en sy sukkelgang, met betrekking tot skryf, uitgebeeld.

die, soms tragikomiese, liefde-haatverhouding tussen moeder en seun. Gaz en Sprakeloos is voorbeelde van die letterkundige vernuf en takt waarmee Lanoye temas soos verlies, lyding, dood, haat en onreg hanteer. Lanoye vind herhaaldelik kreatiewe en spitsvondige maniere om hierdie soms komplekse verhoudings uit te beeld, en elke keer vanuit ʼn ander perspektief en in ʼn ander milieu. “Gaz is geen jammerklacht van een eenling”, skryf Serdijn (2015) – en van Sprakeloos kan dieselfde gesê word. Cilliers (2011:7) is immers van mening dat die roman nooit morbied is nie: “Dit gaan allermins slegs oor siekte en agteruitgang.”

Visagie (2011:13) sluit by Cilliers aan en skryf pertinent dat Sprakeloos “egter geen swaarwigtige roman oor dood en etiek van die genadedood [is] nie”. Holthof (2009) maan lesers om nie van Sprakeloos te verwag dat dit ’n “sombere” roman oor siekte en genadedood sal wees nie. Asof resensente lesers teen vals verwagtings wil beskerm, waarsku hulle lesers om nie iets neerdrukkend te verwag nie, maar eerder iets elegants, ’n roman met ’n les, ’n relaas van die hantering van lewe asook verlies, ’n roman wat tegelyk tragies en grappig is (Holthof, 2009). Visagie (2011:13) noem dat Lanoye se opgewekte, antitipiese skryfstyl aan sy

“voorliefde vir humoristiese vertellings” te danke is. Weens hierdie voorliefde van Lanoye is die burleske in Sprakeloos des te meer opvallend.

Serdijn (2015) gaan voort deur in verband met Gaz te skryf: “Het verlies betreft ons allemaal, wat zich laat gelden door Lanoyes magnifieke portret van de moeder. Wij zijn de erfgenamen.

Daarom is het goed dat we herdenken.” In Grunberg se Moedervlekken (2016) kom hierdie onderwerp van oorlog en skuldgevoel ook aan bod, tesame met ʼn literêre nabetragting van die eerste generasie Tweede Wêreldoorlog-slagoffers. In Sprakeloos word die goeie sowel as die slegte dele van die verlede onthou. Die nostalgie staan as ’t ware langs die trauma, en die hartseer neffens die blydskap. Sprakeloos is ook ’n portret van Lanoye se moeder en die voorblad beklemtoon hierdie grandiose beeld van haar. Die verlieselement bind hierdie twee werke van Lanoye aan mekaar en dui na my mening op veel meer as ʼn oorvleuelende tema: Dit gaan ook oor ʼn universele gevoel rondom verlies, familie en die dood. Hierdie skrynende aspek van die roman dwing die leser om op ʼn empatiese en/of simpatieke wyse oor die karakters asook die skrywer te dink en daarom is die leser ook, op ʼn kognitiewe vlak, meer betrokke by die teks.

Verlies manifesteer op verskeie maniere, en mense verwerk dit op verskillende wyses. Die antitipiese wyse waarop Sprakeloos geskryf is, asook die ondermyning van lesers se verwagtingshorisonne (wat te doen het met Lanoye se verwerking van die verlies van sy ouers) deur middel van sy onkonvensionele skryfstyl, is na my mening van die maniere waarop Lanoye die verlies van beide sy ouers verwerk. Offermans (2010:147) meen dat Lanoye van die styl gebruik maak om “pathos” uit te beeld en sodoende sy monument van taal te bou.

Die outobiografiese styl van Sprakeloos is ’n aspek waaroor talle debatte al gevoer is en waartoe ek vervolgens wil bydra.