• Tidak ada hasil yang ditemukan

Moedervlekken as ʼn burleske teks

HOOFSTUK 4 MOEDERVLEKKEN

4.3 Moedervlekken as ʼn burleske teks

Het gaat veeleer om de wrijving tussen twee niveaus. De literaire vorm geeft op een ongewone manier vorm aan de inhoud. Het is een manier die de lezer vaak op het verkeerde been zet en die de inhoud iets onvatbaars en onuitputtelijks geeft (Vervaeck, 2017:100).

As Vervaeck (2017:100) dit oor de clichés van Arnon Grunberg het, voer hy aan dat vorm en inhoud in die literatuur nooit één naatlose entiteit moet wees nie, want eenheid is reduksie.

Eenheid is deursigtig, voorspelbaar en eenvoudig. Vervaeck redeneer, soos die aanhaling hierbo wys, dat inhoud en vorm ʼn verhouding van konstante wrywing moet aanneem, want die

“literaire vorm” gee vergestalting aan die inhoud. Sodoende sal die inhoud ʼn onuitputlike bron van moontlikhede vir die leser wees. In Moedervlekken geld dieselfde idee in verband met wrywing tussen die vorm en die inhoud. Die inhoud is ʼn onuitputbare literêre bron omdat Grunberg geen vaste gevolgtrekkings maak of beslissende standpunte inneem nie.

Moedervlekken gee nie pasklare antwoorde op die vrae wat gestel word nie (Peppelenbos, 2016). Hierdie vrae word gestel of geïnsinueer en die antwoorde of interpretasies word aan die leser oorgelaat. Die leser het vryheid om betekenisse te put uit die geskakeerde staaltjies rondom Kadoke se familielewe asook sy beroep as psigiater.

Die ware burleske aard van Moedervlekken lê egter eerstens in die paradoksale, komiese mantel wat om dood en lyding as kernonderwerpe gedraai word. Die dood is so ʼn integrale deel van die roman (onder andere weens Kadoke se beroep en sy familie-omstandighede) en Grunberg kies om hierdie ernstige onderwerp, en ander wat daaraan verwant is, op ʼn komiese wyse te hanteer. Kadoke se chroniese gebrek aan erns dra tot hierdie ligte sfeer by. Tweedens manifesteer die burleske pertinent in die daadwerklike verkleding deur Kadoke se vader om soos sy moeder te lyk. Travestie (ʼn komiese inkleding of verkleding) maak deel uit van die drie primêre burleske humormodi (saam met karikatuur en parodie) wat met Moedervlekken in verband gebring word.

Net soos die karnaval, het Grunberg se tekste ten doel om te vermaak. Hierdie vermaaklikheidselement kom in die paradoksale sowel as die travestiese aard van die roman voor. Met behulp van spesifieke stylstrategieë skep Grunberg ʼn diskrepansie tussen sy boodskap – die nutteloosheid van bestaan en sy skeptiese ingesteldheid teenoor liefde – en die komiese taferele waarmee hy hierdie nihilistiese wêreldbeeld oordra. Die karnavaleske is hier van toepassing omdat Grunberg verskeie niepassende elemente bymekaar bring en hulle as ’t ware versoen. Van Dijk (2010:71) beaam hierdie bymekaarbring van absurde, ongelyksoortige

elemente in Grunberg se werk: “Ook typisch Grunbergiaans zijn de vergelijkingen die vaak absurd zijn, bijvoorbeeld door zaken op elkaar te betrekken die ongelijksoortig zijn.”

Demeyer (2010a:117) noem dat die karnaval maatskaplike maskers en waardes op hul kop keer, en dat die karnavaleske blykbaar nie in Grunberg se vroeër werke te vinde is nie.

Demeyer verwys hier spesifiek na Grunberg se literêre joernalistiek wat hy as inspirasiebron vir sy fiksionele verhale gebruik. “Om carnaval te vieren moet je dus blijkbaar niet bij Grunberg zijn.

Dat zou overigens sowieso al niet kunnen. Is carnaval immers een kritisch spel dat de maatschappelijke maskers of waarden voordurend op zijn kop zet, dan is Grunbergs ontmaskering veelal voorspelbaar en niet diepgaand.”

Met Moedervlekken is dit myns insiens ʼn ander storie; maatskaplike maskers en waardes word juis voortdurend op hul kop gekeer. Psigiater Kadoke gee nie voor sodat ander van hom kan hou nie; inteendeel, sy enigste sosialisering gedurende die dag geskied wanneer hy buite gaan staan om te rook. “Ouderwets ongetwijfeld, die behoefte aan afzondering” (bl. 15). Ed is een van Kadoke se kollegas by die krisisdiens wat in selfdoodvoorkoming spesialiseer en hulle het slegs ʼn band omdat albei rook. “Ed geniet intens van het roken, dat schept een band” (bl. 15).

Rook is vir Kadoke ʼn gewoonte wat onontbeerlik is in die psigiatrie. “Als je verder wilt in de psychiatrie zou ik gaan roken” (bl. 98). Net soos in die karnaval, gaan maatskaplike waardes ondermynend met sosiale orde te werk. Vermaak bly egter steeds die doel van die karnaval en ook die werk van Grunberg.

Net zoals carnaval heden ten dage zijn subversief kantje verloren heeft, hebben alle maatschappelijke waarden voor Grunberg allang hun failliet bewezen. En eveneens als carnaval heeft literatuur vooral de bedoeling om tot amusement te dienen (Demeyer, 2010a:117).

Demeyer (2010a) reduseer klaarblyklik die voorkoms van die karnavaleske by Grunberg tot een element daarvan, naamlik vermaak. Van Dijk (2010) verskil van Demeyer en sien ʼn beduidender verband tussen die karnavaleske en Grunberg se oeuvre. Van Dijk situeer talle Grunberg-werke in die “sfeer van het carnavaleske van de omgekeerde wereld”. Die karnaval word as uitgangspunt by die bespreking van die burleske in Moedervlekken gebruik, omdat dit enersyds op die kontras tussen die doodnormale en die ongewone dui en andersyds die gelykstelling van die twee (weens sosiale rolle wat tydens die Bacchus-feeste omgeruil of gelykgestel is). Daar word met die teoretiese toepassing van die burleske op Moedervlekken geredeneer dat die burleske styl ʼn lewenswysheid (met betrekking tot die hantering en verwerking van verlies) kommunikeer deur hierdie moeilike onderwerpe met iets triviaals (soos ʼn man in vroueklere) te kontrasteer.

“[S]tijl is cruciaal voor de schrijver,” meen Van Dijk (2010:71). Met styl kan verskeie aktuele temas beklemtoon word en met styl kan ook afstand geneem word van gevoelens en emosies.

In Moedervlekken (en vele ander Grunberg-werke) is veral laasgenoemde van toepassing. Oor die karakter Kadoke skryf Peppelenbos (2016) dat hy ʼn persoon is wat op woorde staatmaak, maar dat hy faal wanneer dit oor gevoelens of fisieke aanraking gaan. Grunberg beeld hierdie kilheid van Kadoke op verskeie wyses uit, insluitende deur Kadoke se gedagtegang aan te toon.

Die boek het grootliks ten doel om afskeid uit te beeld: afskeid van familie (soos sy moeder wat gesterf het asook sy eksvrou), ʼn afskeid van illusies (veral met betrekking tot genesing van geestessiektes), die afskeid van jou eie identiteit (soos sy vader wat die identiteit van sy moeder aangeneem het) en eindelik afskeid van lewe (soos die talle mense in die boek wat poog om hul eie lewens te neem).

Ook die burleske gaan met die skep, oorskryding en vernietiging van grense gepaard. Kadoke, as ʼn “grensoverschrijdende psychiater” (bl. 319), maak homself talle male in die storiewêreld aan negatiewe, grensoorskrydende gedrag skuldig. Hy breek reëls, knoop verhoudings met pasiënte aan en kom by tye meer hulpbehoewend as sy pasiënte voor. “‘Jawel’”, sê Michette aan Kadoke, “‘grensoverschrijdende psychiater Kadoke. Jij hebt hulp nodig. Ook jij bent hulpbehoevend’” (bl. 302). Grense, en die omgaan daarmee, kom regdeur die roman ter sprake, veral omdat Kadoke daagliks met “borderliners” (bl. 103) werk. Soos aangetoon, word grense nie slegs oorskry en vernietig nie, maar ook gestel. Nadat Kadoke besluit het om een van sy pasiënte in diens te neem om na sy moeder om te sien, stel hy byvoorbeeld ʼn aantal grense:

Ik wil nog even vaststellen dat je verblijf hier gebonden is aan het respecteren van een aantal grenzen. Een van die grenzen is moeder. Ik verwacht dat jij verantwoordelijkheid neemt voor haar verzorging. De tweede grens is fysieke intimiteit. Ik kan je hand vasthouden als dat nodig is. Ik kan je hoofd vasthouden, als dat echt nodig is. Dat is de uiterste grens (bl. 302).

Deur te sien hoe mense hoop verloor en die dood as die enigste uitweg beskou, word hy self van illusies oor die lewe gestroop en word die kriteria waarvolgens hy grense stel, konstant aangepas. Kadoke beskou byvoorbeeld die indiensneming van Michette as ʼn laaste uitweg omdat die psigiatriese dienste niks meer vir haar kan doen nie. “‘Het is volstrekt willekeurig wat jij grensoverschrijdend vindt en wat niet’”, sê een van sy pasiënte aan Kadoke, “‘er is geen logica in te ontdekken’” (bl. 317). In Moedervlekken is grense juis vaag omdat die karakters met eksistensiële kwessies soos selfdood en die versorging van bejaardes worstel. Die burleske behels die oorskryding van literêre grense. Die vorm en inhoud van Moedervlekken hou ten nouste met mekaar verband weens ʼn strydende, dog funksionele skakeling tussen die twee.

Mens kan sê dat die vorm en inhoud van die teks ʼn spanningsverhouding vorm en daarom is dit

funksioneel. Grunberg vertel aan Jaeger (2016) dat die problematisering van grense die kern van Moedervlekken vorm:

Je kan je afvragen hoe ver de verantwoordelijkheid gaat voor een geliefde of ouder.

Hoe ver moet je gaan in je opoffering? Die vraag zit ook in dit boek. Ik heb daar geen antwoord op. Het is terecht als mensen zeggen: er zijn grenzen.

Ten spyte van al die grense wat in die roman gestel en oorskry word en die genoemde onderwerpe wat uitgebeeld word, skryf ’t Hart (2016), is dit steeds nie somber nie. In hierdie paradoks lê die burleske aard van die teks. Oor Michette, sy moeder se versorgster, dink Kadoke: “De hoon is terug. Hij ziet dat als een goed teken, in haar hoon zit humor. Strijdlust.

Net als bij moeder” (bl. 301). Volgens ’t Hart volg Kadoke die protokol van die psigiatrie slegs om ook struktuur aan sy eie lewe te gee. Kort voor lank besef Kadoke egter dat grense relatief is en sommige mense slegs oorreed kan word om te lewe deur die grense te oorskry en van alternatiewe terapie gebruik te maak. Kadoke glo dat grensgevalle slegs met behulp van alternatiewe terapie gehelp kan word, omdat hulle onvoorspelbaar is en uitstekende manipuleerders is. “Met borderliners kun je dat soort afspraken niet maken. Ik heb daar slechte ervaringen mee. Borderliners zijn meesters van de manipulatie” (bl. 108).

Alternatiewe terapie gaan ook met alternatiewe en humoristiese reaksies op ernstige onderwerpe gepaard. “Misschien moet je op een vechtsport,” sê Kadoke se moeder aan hom omdat sy dink dat hy ruggraatloos is en dat hy maklik deur ander misbruik word. “‘Misschien zullen de mensen dan meer naar je lachen. Eén glimlachje is in jouw geval al heel wat’” (bl.

300). Selfs Kadoke se moeder inisieer die lag in die storiewêreld van Moedervlekken en ondersteun die humoristiese burla wat met meeste van die ernstige situasies in die roman vervleg is.

In Moedervlekken word vermaak op ʼn ambivalente en grotesk-komiese wyse bewerkstellig.

“Grunbergs schrijverschap wordt [...] gekenmerkt door paradoxen en ambivalenties.” Met hierdie woorde impliseer Vaessens (2010a:307) die burleske en karnavaleske trekke van Grunberg se werk. In die karnaval word die abnormale normaal en die buitengewone word gewoon. Daar word besef, danksy die karnavaleske omverwerpings, dat die samelewingsorde nie so absoluut, rigied en onontkombaar is as wat mens soms mag dink nie. Die karnaval toon die relatiwiteit van dinge, ontbloot die mensgemaakte skema daaragter en is daarom bevrydend.

In Moedervlekken word hierdie relatiwiteit van dinge en veral die lewe beklemtoon, omdat lewe steeds ʼn keuse is en omdat talle mense daagliks téén lewe besluit. Kadoke besef dat hy in ʼn konsentrasiekamp vergas sou kon word as hy ʼn generasie vroeër gebore was en hierdie gedagte dra tot die relatiwiteitsgevoel van die roman by. “Kadoke is te laat geboren om vergast

te worden, dát is zijn nederlaag” (bl. 341). Die karnavaleske vervaag grense, net soos die grens tussen “ziek en normaal”, soos wat Grunberg in sy veldwerk in die psigiatriese diens opgelet het. Normaliteit en gesondheid kan voorgegee word, net soos verskeie karakters (Kadoke ingesluit) in Moedervlekken doen. Grunberg erken in ʼn onderhoud met Jaeger (2016) dat hy veldwerk in die psigiatriese diens gaan doen het, voordat hy Moedervlekken geskryf het, ten einde beter te verstaan hoekom mense selfdood pleeg en waar die grens tussen siek en gesond of afwykend en normaal lê:

Ik heb meegelopen met de acute psychiatrische dienst Rijnmond en dat was een inspiratiebron voor deze roman. Wat je daar meemaakte, was heftig en sommige dingen die je meemaakt worden dan persoonlijk. Je gaat vragen stellen: waar trek je de grens, en waar is de grens tussen ziek en normaal? Normaliteit kan je veinzen.

In Moedervlekken word daar met onderwerpe soos selfdood, die Joodse konsentrasiekampe en selfs die vergassing wat daar plaasgevind het, op ʼn doodluiterse wyse omgegaan as ʼn

“[g]elijkschakeling” van hoë en lae kulture en van verskillende onderwerpe (Demeyer, 2010a:118). Hierdie neiging van Grunberg, om die ernstige en die ligsinnige te vermeng, kan moontlik teruggevoer word na sy kinderdae en spesifiek die kuns van rusiemaak waarin sy ouers groot hoogtes bereik het. Grunberg (2016a) sê dat sy ouers se rusies nie aan die normatiewe standaard van rusies gemeet kan word nie en dat hulle baklei het om ʼn “liefdevolle”

bevestiging van mekaar sowel as hulle emosies te kry:

Ze blonken er in uit, en als je ergens in uitblinkt, dan doe je het doorgaans met plezier. Ze deden het omdat ze er behoefte aan hadden. Vermoedelijk gingen achter die behoefte heel andere behoeftes schuil: nabijheid, een intimiteit die iets liefdevoller was dan de ruzie, bevestiging.

Duidelik het hierdie liefdevolle rusies vir Grunberg iets oor die dubbelsinnigheid van die lewe geleer en hieraan word ook in Moedervlekken uitdrukking gegee. Met betrekking tot hierdie verwarrende paradoks vertel Grunberg aan Jaeger (2016): “Mijn moeder was ontzettend lief, maar ze kon ook omslaan en dan bestond je niet meer. Dat heb ik als kind als verwarrend ervaren.” In Moedervlekken vervul die oorskryding van die grense tussen gewoon en ongewoon of aanvaarbaar en onaanvaarbaar ʼn kernrol, omdat dit lesers se opinies uitdaag en hulle opvattings van wat gewoon en aanvaarbaar is, verruim. In verband met Kadoke se vader se gendertransformasie, sê een van die dames met wie Kadoke ʼn werksonderhoud voer: “Als je er dan nog meer tijd overheen laat gaan wordt het abnormale buitengewoon normaal. Men heeft zich neergelegd bij wat eerst onacceptabel leek” (bl. 73). Hierdie stelling geld op talle plekke en vir talle karakters in die roman omdat die buitengewone naderhand gewoon word en die

Grunberg se ouers het buite die grense van normatiewe standaarde rusie gevoer en die karnaval word ook aan hierdie grensoorskryding gekenmerk. Die karnaval het, soos wat in hoofstuk twee bespreek is, die funksie om ʼn geleentheid te skep vir sosiale rolle om abstrak en vaag te raak. Die karnaval word gekenmerk deur die einste paradokse en ambivalensies waardeur die burleske gekenmerk word (weens die skynbare onverenigbaarheid van inhoud en styl) en daarom kan Moedervlekken ook in ʼn mate as ʼn karnavaleske teks beskryf word.

Koopman (2012) lê ʼn verband tussen pornografie, die karnavaleske en Grunberg se werk weens die dualismes wat daarin vervat is. Koopman (2012:17) noem dat pornografie vir ʼn lang tyd slegs op die pejoratiewe gedui het en weens hierdie etiketering “kon het onmogelijk ook nog literatuur genoemd worden”. Literatuur van pornografiese aard het egter al bestaan voor die term pornografie gemunt is, wat daaraan ʼn negatiewe konnotasie besorg het (Koopman, 2012:17). ʼn Gedeelte van Van Schalkwyk (2017:429) se ondersoek handel oor die komplekse manier waarop Eben Venter se Wolf wolf (2013) met die pornografiese omgaan. Hierdie artikel bevestig die negatiewe opvattings oor en die “vernederende” en “mens-negerende” kenmerke van pornografie:

Die algemene opvatting oor pornografie is dat dit ’n euwel is: dat dit, deur die (veronderstelde) mens-negerende objektivering van die liggaam, minagting van die vrou en seksuele geweld bevorder en dat diegene wat hul brood daardeur verdien, uitgebuit en verneder word.

Van Schalkwyk volstaan egter nie met die pejoratiewe kyk op die pornografiese in Wolf wolf nie, maar kom na aanleiding van Foucault se navorsing oor die geskiedenis van seksualiteit by ʼn meer genuanseerde beskouing daarvan uit – “dat seksualiteit, of sekere uitdrukkings of aspekte daarvan, uiteindelik dalk nie gereguleer en beheer kan word nie” (Van Schalkwyk, 2017:438). In November 2011 tree Grunberg as gasspreker by ʼn Leidse simposium oor pornografie op. Die simposium het ten doel gehad om die literêre moontlikhede van die pornografiese in ʼn Nederlandse konteks te ondersoek. Pleij, soos aangehaal deur Koopman (2012:18), verwoord die tweeledige aard van pornografiese literatuur soos volg:

Teksten van pornografische aard leveren dan ook een bijdrage aan het debat tussen volks en hoofs, tussen benoemen en verhullen, tussen het carnavaleske en het doodnormale.

In Moedervlekken word hierdie dubbelsinnighede en uiterstes, wat tipies van pornografiese tekste is, juis geaksentueer. Kadoke wil byvoorbeeld nie ʼn Jood genoem word nie, omdat hy nie met sy Joodse herkoms identifiseer nie. Kadoke erken dat hy van Joodse afkoms is, “[m]aar ik zou mezelf niet zo definieren” (bl. 330). “Ik wil bijvoorbeeld niet Jood worden genoemd” (bl.

334). Dieselfde erns, ten opsigte van identiteit, geld vir die vrae oor lewe en dood. In al hierdie vraagstukke is die skeidslyn soms vaag. Die onderskeid tussen siek en gesond, lewe en dood of pornografie en meer respektabele literatuur is soms nie aantoonbaar nie en daarom gooi Grunberg telkemale ʼn klip in die bos (soos om Kadoke se vader te transformeer) om lesers van hierdie kwessies bewus te maak en krities te laat dink. Vir Grunberg is die lewe ʼn kwessie van

“niet-sterven” (bl. 336). “Niet-sterven” is vir Grunberg bloot ʼn staat van wees, ʼn toestand waar jy lewe en min beheer oor jou omgewing het. Gedurende ʼn oefensessie saam met sy Krav Maga- afrigter verwoord hy sy siening van “niet-sterven” soos volg:

En terwijl Kadoke verwoed bezig is de trainer van zich af te duwen, dringt het tot hem door dat hij niet zeker weet of hij wil laten zien dat hij niet wil sterven. Dat hij niet zeker weet of niet-sterven nu zoveel beter is dan sterven. Dat hij twijfelt of het wel de moeite waard is, dit gevecht, deze hopeloze, enigszins onesthetische dans die men leven noemt, voor iets wat zelfs de trainer alleen maar ‘niet-sterven’ kan noemen. Alsof dat de bittere waarheid van leven is, dat het uiteindelijk niets anders is dan niet-sterven (bl. 336).

Grunberg wil by die leser tuisbring dat lewe, net soos pornografie, dubbelsinnig is. Met die voorbeeld van Grunberg se betrokkenheid by die simposium oor pornografie word geensins geïmpliseer dat Moedervlekken ʼn pornografiese roman is nie. Alhoewel daar naak-, kaal- en sekstonele in voorkom, is die primêre verhaallyn nie van pornografiese aard nie. Hierdie verbandlegging het bloot ten doel om Grunberg se geaardheid as ʼn ondersoekende en selfs omstrede skrywersjoernalis te demonstreer.

“Net als in zijn romans is hij op zoek naar de ‘mens achter de vunzigheid’”, verklaar Koopman (2012:19) oor Grunberg se fassinasie met die beweegredes agter mense se vreemde, afwykende en desperate gedrag. Van Dijk (2010:60) herhaal hierdie feit, naamlik dat Grunberg se ondersoekende ingesteldheid hom na die vreemde situasies en die afwykende gedrag van mense aantrek, ten einde die dryfvere van mense te deurgrond. Grunberg is daarop gerig om die mees intense oomblikke van die lewe te ervaar sodat hy ʼn begrip kan kry van wat ander dryf en gelukkig maak. Hierdie intense soeke na welsyn of “eudaimonia” in die seksuele en lyflike (sien Van Schalkwyk, 2017:430) is ook by die karakters in Moedervlekken opvallend. Die verhouding tussen Michette en haar pa is een van die vreemde teenstrydighede waar sosiale norme en aanvaarbare gedrag uitgedaag en herdefinieer word. Sy vra byvoorbeeld aan haar pa om een van haar bors-“piercings” te verstel wat losgekom het:

Ze trekt haar trui omhoog. Twee borsten komen tevoorschijn. Twee piercings door twee tepels. Eentje zit inderdaad los.