• Tidak ada hasil yang ditemukan

HOOFSTUK 3 SPRAKELOOS

3.1 Inleidend

Sprakeloos is die relaas van familieverhoudings wat in gedrang gebring word “[w]anneer woorde ʼn mens verlaat” (Visagie, 2011:13) en niks anders as gebare, swye en eindelik ʼn doodse stilte oorbly nie. Hierdie sprakeloosheid manifesteer op verskeie vlakke – beide fisiek en literêr en ook by meer as een karakter in die roman. As “een monument voor zijn moeder”

(Berghmans, 2009), en “een monument van taal” (Van Dijl, 2017), is Sprakeloos by uitstek ʼn voorbeeld van ʼn literêre teks oor die “gecompliceerde relatie” (Muyres, 2010:19) tussen ʼn moeder en haar seun. Die wyse waarop karakters die genoemde fisieke en emosionele struikelblokke trotseer, is veral vir my interessant en kan direk aan die Stoïsisme gekoppel word. Weens die gemanifesteerde gedrag van figure met betrekking tot die trauma, uitdagings en die dood wat hulle in die gesig staar, is die filosofiese grondslag van die Stoïsisme van toepassing in die bestudering daarvan.

Die skryfproses, skrywerskap verskeie vorms van verlies en uiteindelik die sterwe van ʼn eens spraaksame moeder, is onderwerpe wat in hierdie hoofstuk ondersoek word. Die komiese afwisseling tussen hierdie soms makabere en morbiede onderwerpe gee aan Sprakeloos ʼn tragikomiese, burleske trant (vgl. Van Bork, 2005, Van Bork, 2007, Naudé, 2011 en Hambidge, 2013). Naudé (2011:11) skryf dat dit Lanoye se skrywerskapstempel is om “ondermaanse herinnerings” op ʼn komiese wyse aan te bied en om hierdie herinnerings “op te wen tot haas histeriese vlakke van gewiekte liriek” en “ongeloofbare beskrywings”. Hierdie afwisseling tussen die histeries-snaakse en tragiese maak daarvan besonder vrugbare werk om met betrekking tot burleske-verwante humormodi te bestudeer.20

Tom Emiel Gerardine Aloïs Lanoye is ʼn Vlaamse prosaïs, digter, toneelskrywer en vermaaklikheidskunstenaar – ʼn boorling van Sint-Niklaas in België. Hy woon tans afwisselend in Antwerpen en Kaapstad. In sy eerste roman, ʼn skelmroman getiteld Alles moet weg (1988), wat ook tot ʼn draaiboek verwerk is (Van Bork, 2007), word die “ontgoochelende vrijblijvendheid”

(Hellemans, 1998:75) van sy werk al vasgelê. Byna een-en-twintig jaar later sorg Sprakeloos vir

’n ander tipe ontgogeling – ’n persoonlike ontgogeling waar die outeur asook die leser tot die besef kom dat lewe kortstondig is, lyding relatief is en ons begrip van die krag van die gesproke en geskrewe woord slegs uit fragmente bestaan. “Des te dieper kan nu de wond van de ontgoocheling worden” (bl. 261)21, skryf Lanoye oor die ontnugtering wat sy coming out as gay man by sy moeder sou veroorsaak. Lanoye poog om die woord- en herinneringsfragmente in hierdie uitgebreide en tragikomiese moeder-seun relaas aan mekaar te heg ten einde vir die

20 In afdeling 3.3 word daar breedvoerig op Sprakeloos as ’n burleske teks uitgebrei.

21 Voorts dui alle alleenstaande bladsynommers tussen hakies op Tom Lanoye se Sprakeloos (2009).

leser ’n mosaïekbeeld van woorde oor die lewe van “een vijfvoudig moederdier en amateuractrice eersteklas” (bl. 9) te skep.

As die sogenaamde “geweten van progressief Vlaanderen”, is die satire- en hoonelement in sy werk uiters gepas om kommentaar te lewer op ʼn sosiale en politieke bestel. Satire het immers ʼn morele onderbou (Pretorius, 2010d), wat dit van die burleske onderskei, en wat Lanoye op ʼn speelse wyse tot sy voordeel inspan in onder andere sy eenmanvertonings asook sy prosa.

Hellemans (1998:76) skryf dat Lanoye altyd “aktief in antwoord” is op dit wat hy verag of wil bevorder. “Vandaar wellicht de klasse waarmee hij parodiërend, kritiserend of kroniekschrijvend te werk gaat in zijn cabareteske optredens, polemieken of autobiografisch proza” (ibid.).

Met Sprakeloos maak Lanoye ook aanspraak op gelykheid, die wegdoen met diskriminasie en die strewe na harmonie in ʼn multikulturele samelewing. Lanoye glo dat literatuur in die eerste plek “onderhoudend en ludiek” moet wees, “maar dan wel goed geschreven en goed gestructureerd. Hij keert zich tegen het avant-gardisme met zijn taalbewustheid en vormexperimenten” (Van Bork, 2007). Met Sprakeloos wyk Lanoye egter van hierdie standaardresep van ʼn rigiede struktuur, gekant teen “avant-gardisme”, af. Eksperimentering met vorm is veral kenmerkend in Sprakeloos en verleen aan die roman die pertinente burleske kenmerke wat die teks, myns insiens, so geslaagd maak. Hellemans (1998:77) het soortelyke kommentaar oor Lanoye se eerste publikasie in boekvorm – Rozegeur en maneschijn (1983) – gelewer. Hellemans merk op dat hy op ʼn polemiese wyse met die “literaire establishment” (ibid.) afreken. Die parodiërende wyse waarop Rozegeur en maneschijn geskryf is, asook die polemieke wat hierdie naasmekaarstelling van tekste ontketen, maak volgens Hellemans (1998:77) van Lanoye “de perfecte collaborateur”.

Lanoye is trouwens niet te beroerd om het origineel naast zijn versie op te nemen alsof hij zijn meesterschap in de pastiche uitdrukkelijk wil bewijzen. Ook in de andere polemische stukken kruipt hij in de huid van het verfoeide literaire gewrocht om het op die manier, immanent, zichzelf te laten ontmaskeren (Hellemans, ibid.).

Aspekte van Lanoye se poëtika, soos sy voorliefde vir die outobiografiese, die skryf oor sy eie lewe en ook seksualiteit, slaan al in sy eerste publikasie deur. Ten einde sy opinie en selfs kritiek op ʼn “literaire establishment” te lewer, gaan Lanoye op ’n polemiese, byna strydende wyse met literatuur om, soos wat ook in die voorwoord van Sprakeloos opvallend is. Hy rig hier ʼn waarskuwing aan die leser om nie ’n fiktiewe teks te verwag nie, ook nie bellettrie, orde en ʼn meer chronologiese vertelwyse waardeur werke soos Kartonnen dozen gekenmerk word nie:

[E]n indien u onwel wordt van teksten die tegelijk een klaagzang zijn, een eerbewijs en een krakende vloek, omdat ze handelen over het leven zelf en tegelijk slechts

één dierbare verwant van de auteur opvoeren – dan is voor u nu al het moment aangebroken om dit boek te sluiten (bl. 10).

Hellemans (1998:77) gee enkele generiese kenmerke van Lanoye se vroeë skrywersoeuvre wat by hierdie byna aanvallend-eerlike voorwoord van Sprakeloos aansluit: “Lanoye wilde een literatuur op de maat van het moderne leven.” Realiteit en ʼn realistiese uitbeelding van lewe is in Lanoye se werk uiters opvallend. Daar word nie doekies omgedraai nie, die waarheid word prontuit gepraat en eufemismes word vermy – “geen literair geknutsel maar authentieke expressie” (Hellemans, 1998:77). Die leser word op wanorde, chaos en ʼn onchronologiese styl voorberei. Op meer as een plek in die roman noem Lanoye sy skryfwyse “chaotisch” (bl. 31) – die uitbeelding van lewe soos dit is; sonder pretensies, tierlantyntjies en skyn.

Muyres (2013:9) beskou die gebrek aan orde in die roman as ʼn element wat afbreuk aan die verhaallyn doen, maar weldra sal ek op die redes vir die onchronologiese en soms chaotiese styl van Sprakeloos ingaan – literêr sowel as stilisties. Ofskoon nie al die verhale in die roman deur ʼn logiese volgorde aan mekaar verbind word nie en daar geen “deugdelijke kop […], een schone krulstaart en een ordentelijk middenstuk” (bl. 10) is nie, is daar logika wat in hierdie onsamehangendheid vervat is. Alles wat Lanoye skryf, hoe onbenullig dit ook mag blyk, het ʼn doel.

Lanoye gebruik taal en sy unieke Vlaamse dialek om geloofwaardige uitdrukking en ʼn kultuureie verteltrant aan Sprakeloos te gee. In die Afrikaanse vertaling klink iets van hierdie oorspronklike Nederlands (spesifiek Vlaams) op, maar die leser kan steeds daarmee identifiseer weens die goeie vertaling van die teks. Van Schalkwyk (2011:204) beweer egter dat die Afrikaans wat in hierdie vertaling gebruik word, te Nederlands klink en daarom nie aan die Afrikaanse leser ʼn Afrikaanse “moedertaalvereenselwiging” bied nie. Demeyer (2010) bring die roman in verband met ʼn sterk orale tradisie. Die verteltrant van Sprakeloos asook die wyse waarop lesers aangespreek word en Lanoye se skrywe in die indirekte rede versterk hierdie aspek van die roman. In afdeling 3.5 (“Life writing”) word meer aspekte van hierdie verteltrant van Sprakeloos belig.

Met hierdie afdeling wil egter aangevoer en bewys word dat die bogenoemde inslag van Lanoye se werk nie volledig vanuit sy aansluiting by generasiekenmerke (soos die van De Maximalen waarvan hy ʼn lid was) verklaar kan word nie, maar eerder teruggevoer kan word na ʼn veel ouer literêre fenomeen, naamlik die burleske, soos dit ook die geval met Grunberg se Moedervlekken is. Die burleske manifesteer op vele wyses en in talle gebeurtenisse, eposse en staaltjies wat Lanoye in Sprakeloos oorvertel. Die burleske kan teoreties aan Sprakeloos verbind word, maar ook aan enkele ander van Lanoye se tekste soos die drama Mamma Medea (2001) wat Van Zyl

Smit (soos aangehaal deur Hough, 2012:21) as ʼn burleske aanbieding tipeer – “’n tragi- komedie, met ʼn gevolglike sterk fokus op die teenstelling tussen die komiese en die tragiese”.

Sprakeloos leen hom tot die bestudering van die burleske weens die kontras wat, net soos in Mamma Medea, tussen inhoud en styl ontstaan. Die feit dat die roman ook in Afrikaans vertaal is, en boonop positief ontvang is, is ʼn bevestiging van die geslaagdheid van die keuse van Lanoye se onderwerpe, stylmiddels en karakterbeskrywings in die boek. Die ontvangs van die roman word vervolgens bespreek.