• Tidak ada hasil yang ditemukan

HOOFSTUK 3 SPRAKELOOS

3.2 Ontvangs van Sprakeloos

Smit (soos aangehaal deur Hough, 2012:21) as ʼn burleske aanbieding tipeer – “’n tragi- komedie, met ʼn gevolglike sterk fokus op die teenstelling tussen die komiese en die tragiese”.

Sprakeloos leen hom tot die bestudering van die burleske weens die kontras wat, net soos in Mamma Medea, tussen inhoud en styl ontstaan. Die feit dat die roman ook in Afrikaans vertaal is, en boonop positief ontvang is, is ʼn bevestiging van die geslaagdheid van die keuse van Lanoye se onderwerpe, stylmiddels en karakterbeskrywings in die boek. Die ontvangs van die roman word vervolgens bespreek.

die roman word hierdie terugkerende motiewe met wesenlike optimisme ontvang omdat dit van

“een scherp inzicht in de materialistische menselijke constitutie” getuig (Offermans, 2010:148).

Deur die verhaal van sy moeder sentraal te stel, keer Lanoye in meer as een opsig terug na sy wortels, meen Demeyer (2010:627). In van sy eerste outobiografiese tekste soos Een slagerzoon met een brilletje en Kartonnen dozen het Lanoye ʼn tendens begin waarvan kritici gehou het en wat hulle met lof in Sprakeloos uitwys. Van Nuffelen (2009) gebruik “schoon” om die gestrooptheid van pretensie in die roman uit te wys: “Jazeker, het is pijnlijk, aangrijpend en schrijnend, maar bovenal is het een schoon boek.” Scheurmans (2009) noem dat Lanoye sy moeder se levensverhaal as ʼn “briljante schets” aanbied.

Die leser word gou deur die boek ingetrek, skryf Naudé (2011:11) oor die Afrikaanse vertaling van die roman. Die lesersaansprekings (waar Lanoye direk met die leser praat) asook Lanoye se oordadige, “barokke” (Peters, 2009) skryfstyl, is deels verantwoordelik hiervoor. Van Nuffelen (2009) prys hierdie oordadige skryfstyl van Lanoye soos volg aan: “Daarom spettert dit boek als een vuurwerk van taal, in een schrijfstijl die barst van barok en druipt van overvloed.” In Scheurmans (2009) se woorde is Sprakeloos “een feest van taal, een vuurwerk van prachtige zinnen en sappige woorden”. Met hierdie woorde sluit Scheurmans ook by Van Nuffelen se beskrywing van oordaad en swier aan. De Ruyck (2009) dra tot die bevestiging van die eerlike oorvloedigheid van die roman by en is van mening dat dit “doorspekt” is met “hilarische tableaus” van Lanoye se jeugjare in Vlaandere en dat hy wroeg met “pijnlijke gewetenskwesties” oor genadedood – alles kom tot uiting in hierdie “meesterlijke taalvloed”.

Ten opsigte van die Afrikaanse vertaling meen Naudé (2011:11) dat Afrikaans “nog selde só seëvierend soepel en piromanies en roekeloos stylvol in die prosa opgeklink [het]”. Die gunstige resensies van die vertaalde Afrikaanse roman is grootliks te danke aan die elegansie en liriese beskrywings waarmee Hugo die oorspronklike, Vlaamse Sprakeloos tot sy reg laat kom.

Hambidge (2013) noem dit ʼn “dubbelverhaal op verskillende vlakke: moeder en seun, maar ook Vlaams en Afrikaans” (sien ook Van Schalkwyk, 2011:202). Hierdie “dubbelverhaal” met betrekking tot Vlaams en Afrikaans sou nie sonder Hugo se vertaling moontlik gewees het nie.

Hambidge (2013) en Van Schalkwyk (2011:204) bevestig die liriese styl van die roman. Die liriese eienskap van Hugo se vertaling word deur verskeie resensente, soos Naudé (2011:11), met lof uitgewys:

ʼn Klein-klein, vergeetbare wêreld word op voortspoedende liriese rolskaatse geplaas en meedoënloos op die herskepte leser losgelaat. Jy word basies omgery en dis ʼn heerlike leeservaring.

Naudé se stelling bevestig Hambidge (2013) se opinie van die Afrikaanse vertaling van die roman:

Daniel Hugo se behendige vertelling maak van hierdie roman ʼn besondere leeservaring. Dit is die soort roman wat jy wens nooit wil ophou nie. Jy lees dit en dikwels moet jy dit vir ʼn ruk laat weens die aanslag op jou sinne, jou verbeelding en veral jou gemoed.

Sprakeloos maak deel uit van verskeie groter literêre bewegings en tendense in Afrikaanse en Nederlandse prosa. Holthof (2009) situeer die roman in die sterk biografiese beweging in Vlaandere saam met skrywers soos Geert van Istendael, Marcel Vanthilt, Koen Peeters en Bernard Dewulf. Schoonbeek (2014:7) noem dat die skrywe oor dood en rou “een golfbeweging” is wat aangetref word in werke soos Logboek van een onbarmhartig jaar (2011) deur Connie Palmen, Schaduwkind (2003) deur P.F. Thomése, Contrapunt (2008) deur Anna Enquist, Gestameld liedboek (2011) deur Erwin Mortier asook Tonio (2011) deur A.F.Th. van der Heijden. Hersenschimmen (1984) deur J. Bernlef, De moeder van Nicolien (1999) deur J.J.

Voskuil asook Wit is altijd schoon (1989) deur Leo Pleysier is siekteverhale wat oor genetiese siektes, dood en komplekse ouer-kindverhoudings handel. Na kenmerke van die drie laasgenoemde romans (van Bernlef, Voskuil en Pleysier) sal ook sporadies, ter ondersteuning van my betoog, in dié hoofstuk verwys word.

In die voorbeelde van genreverwante tekste wat hierbo genoem is, is groeperings ten opsigte van onderwerpe soos dood, verlies, siekte en ouer-kindverhoudings opvallend. Sprakeloos is een van hierdie romans wat deel van meer as een generasiegroepering uitmaak weens die onderwerpe wat daarin aangespreek word, die styl waarin dit geskryf is asook die estetiese kwaliteite daarvan. Oderwald (2001:37) skryf dat Hersenschimmen en De moeder van Nicolien interessante “heterobiografische” bronne is vir die bespiegeling oor die betekenis van demensie en enkele ander aktuele vrae. Die debat rondom genadedood word ook in hierdie romans opgeroep tesame met die vraagstukke rondom die kensketsing van die lyding van demensiepasiënte “en de vraag of wilsbeschikkingen een geëigend instrument zouden kunnen zijn om vergaande besluiten over het leven van de dementiepatiënt te nemen” (Oderwald, ibid.).

Die onderwerpe waaroor in Sprakeloos geskryf word, bind die roman tematies aan die tekste wat Oderwald noem.

Weens die eerlike inhoud van die roman, meen Berghmans (2009), is dit ʼn “indringend en onvergetelijk” boek. Van Coller (2014:421) skryf dat dit estetiese kwaliteite is wat ʼn teks die toets van tyd laat deurstaan en hierdie kwaliteite is te sien in die ongeveinsdheid van Lanoye se woorde wat die teks “indringend” en “onvergeetlik” maak. Volgens Van Coller (ibid.) beskik slegs sekere tekste oor die inherente waarde “om telkens binne [...] heersende poëtikas ’n bepaalde waardering te geniet by kritici”. Vir my (en die genoemde kritici) is Sprakeloos ʼn teks met die inherente waarde om waardering by kritici te bly geniet.

Byna twintig jaar gelede het Hellemans (1998:75) gevra wanneer Lanoye, eerstens, weer ʼn verhaal “met snijdende polemieken tegen artistieke en literaire zelfgenoegzaamheid” gaan skryf. Die tweede vraag wat Hellemans (ibid.) in verband met Lanoye se oeuvre vra, is:

“Wanneer schrijft hij nog eens onverbloemd autobiografisch proza, zoals hij dat zo meesterlijk etaleerde in Kartonnen Dozen (1991)?” Sprakeloos is myns insiens die antwoord op albei hierdie vrae. Die roman is immers ʼn pleidooi teen artistieke en literêre selfgenoegsaamheid.

Lanoye se intensie met Sprakeloos is dat dit niks te doen moet hê met die hoë letterkuns nie; dit moet “tegelijk een betere Bijbel worden, een onsterfelijk gedicht zoals er nog nooit een is gecomponeerd” (ibid.). Meer as enigiets anders is die roman ʼn outobiografiese ode aan die teatrale Josée, Lanoye se moeder (Scheurmans, 2009). Lanoye skryf dat sy boek niks meer (of minder) as die waarheid moet wees nie. “Niets dan hoofdletters en ronkende binnenrijmen, tegelijk alleen maar naakte feiten” (bl. 31).

Sy ma, as ʼn amateuraktrise, het hom geleer dat byrolle nie bestaan nie (“[zij, elke keer als ze naast een hoofdrol greep]” (bl. 200)) en hierdie gesindheid spieël ook in die roman. Lanoye is met net die beste tevrede en daarom wil hy sy moeder se lewe so akkuraat as moontlik verwoord. Net soos die glorieryke foto van Josée in haar opvallende uitrusting op die voorblad verklap, is haar laaste rol ʼn hoofrol, en moontlik een wat na haar dood meer gewildheid aan haar besorg as wat haar toneelspel gedurende haar leeftyd gedoen het.

Die verhale wat hierin vervat is, word op ʼn “pregnante wijze” beskryf (Holthof, 2009); van die begin van Lanoye se moeder se lyding “tot het bittere einde” (ibid.). Hierdie verhale herinner ook aan die uiteenlopende aard van die verhale en lesse wat in ʼn boek soos die Bybel, waarmee Lanoye dit vergelyk (bl. 61), vervat is. Die essensie van die burleske is in hierdie uiteenlopende, teenstrydige, bisarre en luisterryke staaltjies in die roman sigbaar. “Sprakeloos is een boek dat 360 bladzijden lang zingt en zindert en bromt en gromt en rinkelt en kinkelt en tiert en schmiert en pijn doet”, skryf Van Dijl (2017), en beklemtoon hierdie bonte skakering van emosies en onderwerpe in die roman: “Het laat je schaterlachen, het maakt je kwaad, het vervult je van plaatsvervangende schaamte, het vertedert, het verontrust” (ibid.). Die maniere waarop Lanoye hierdie uiteenlopendheid van emosies deur die roman wek, word deur Naudé (2011:11) as “liriese meesterskap” beskryf:

Dís die stempel van liriese meesterkap: Om wat doodgewoon is tot ewigdurende lewe in die leser se herinnering te herverwerk. Die histerie werk, dit doen nie oorbodig of onvanpas aan nie.

Hambidge (2013) noem dat die leser deur hierdie “Vlaamse suksesverhaal” aan die keel gegryp word. “Nu ze dood is, is het aan de zoon om haar te herscheppen in taal en Lanoye doet dat op luisterrijke wijze”, sluit Van Dijl (2017) by Holthof (2009), Naudé (2011) en Hambidge (2013) se

oordele aan. Dit is ook hierdie wyse waarop Lanoye sy ouer-egpaar beskryf wat, aldus Storm (2009), die roman die moeite werd maak om te lees. Daarenteen is dit ook hierdie woordryke beskrywings en soms te lang uitweidings wat plek-plek tot verveling en kritiek lei. Algemene kritiek wat Sprakeloos ontvang, is dat die roman “te chaotisch en te breedsprakig” is (Muyres (2013:9). Die boek kon vier keer so indrukwekkend gewees het, as dit die helfte dunner was, meen Cilliers (2011:7). Lanoye berei die leser egter al vroeg in die roman op hierdie chaos en onnodige uitweidings voor en regverdig sodoende as ’t ware die vervelige momente in die roman:

En toch, tegelijk, mordicus: een sec relaas, een opsomming van scènes en taferelen, ontdaan van tierlantijnen en pretenties, zonder meer, ‘het leven zoals het leven is’, onvolkomen, verbrokkeld en chaotisch (bl. 31).

Scheurmans (2009) noem egter die kritiek op Lanoye se oordadigheid “detailkritiek”, omdat Lanoye self nie weet of voorgee om te weet met watter tipe teks hy besig is nie. Hy weet slegs dat dit “onvolkomen, verbrokkeld en chaotisch” is. Berghmans (2009) gee ʼn verklarende interpretasie van die chaotiese struktuur van die roman en ek stem met Berghmans saam: “Dit boek mocht vooral niet lijken op een roman met een plot en personages, omdat de waarheid chaotischer is dan dat.” Woorde is vir Lanoye bloot nie genoeg om sy verhaal te vertel, sy frustrasies met die skryf uit te beeld en ʼn waarheidsgetroue beeld van sy moeder se lewe en lyding by die leser tuis te bring nie. Die waarheid is meer chaoties as wat woorde kan uitbeeld.

Daarom verlaat hy hom ook op ʼn chaotiese styl met betrekking tot sintaksis, tipografie en skynbaar onrelevante woorde – baie woorde.

Gijsbers (2011) lewer soortgelyke kritiek oor die roman De moeder van Nicolien, wat deur Voskuil geskryf is. Skrywers wat weergee wat húlle voel nodig is om weer te gee, en nie wat die leser noodwendig wil weet nie, raak onbenullighede kwyt wat die leser kan verveel. “Maar de lezer zit dus opgescheept met tientallen pagina's vol oppervlakkige, rituele en vervelende dialogen!” (Gijsbers, 2011). Volgens Gijsbers (ibid.) is hierdie, soms oppervlakkige, afdwalings in hulle skryfwerk, ʼn kenmerk van alle skrywers wat realisme nastreef: “En dus is Voskuils succes tegelijkertijd een falen, namelijk een falen om hoger te klimmen dan onze gewone middelmatigheid. Dit is het probleem voor elke schrijver die realisme nastreeft.” Met Lanoye se Sprakeloos is dit die einste geval – hy poog om, deur middel van sy woorde, so na as moontlik aan realiteit te kom. Nes met Voskuil, lê die sukses van Sprakeloos en derhalwe Lanoye as skrywer daarvan, in die feit dat hy onsuksesvol was in sy selfopgelegde taak om sy ouers met woorde te herskep.

ʼn Standpuntinname soos die, laat kritiek soos die bostaande gediskwalifiseerd, omdat

onkonvensionele, selfs afwykende styl, lengte en formaat van die roman, betrek Lanoye die leser by sy vertwyfelings as skrywer – “terwijl hij hem meesleurt in een bad van taal”

(Berghmans, 2009). Hierdie “bad van taal” lei onvermydelik tot verveling en oordaad, maar Scheurmans (2009) regverdig in ʼn mate hierdie voorkoms van verveling en oordaad deur dit

“detailkritiek” in die lig van die prysenswaardighede van die roman te noem:

Daarbij balanceert Lanoye hier en daar op de grens van de overdaad. De ellenlange beschrijvingen van voornamelijk kleinburgerlijke, Vlaamsche interieurs gaan na een tijdje vervelen. Maar dat is detailkritiek.

Wanneer Lanoye egter met die verhaal van sy ouers begin en besluit om sy uitstel en chaotiese geharwar te staak, “zet hij op prachtige wijze het aan elkaar geklonken echtpaar neer dat zijn ouders zijn geweest” (Storm, 2009). Hy skryf dan ook meer doelgerig. Steeds is die gevoel waarmee Sprakeloos die leser laat een van warmte, ʼn hartverskeurende empatie wat woorde nie kan beskryf nie. Weens sy eerlike ontbloting, staan Lanoye “naakt” (Berghmans, 2009) voor sy lesers soos nog nooit vantevore nie. “Niks heeft hij verteerd, deze taalorgie kolkt van woede, onmacht, pijn” (ibid.). Van Dijl (2017) noem Sprakeloos “een opera, één van taal die muziek en libretto tegelijkertijd is” en hierdie samespel van klanke, emosies, karakters en lewenslesse val die leser al vroeg in die boek op. Fortuin (2009) voeg ʼn musiekmetafoor by deur die roman

“[e]en requiem voor een ouder” te noem – ʼn gepaste beskrywing in die lig van die huldigingsaard van die roman.

Sprakeloos is met ’n groot mate van lof in die Nederlandse sowel as die Afrikaanse letterkundes ontvang. Vanuit die talle lofbetuigings, positiewe resensies en kommentaar oor die “meesterlijk mooi boek” (Scheurmans, 2009) is hierdie positiewe ontvangs duidelik. Dit is voorwaar ʼn

“magistrale roman” (De Ruyck, 2009). Vervolgens word die roman met betrekking tot die burleske bespreek.