HOOFSTUK 3: METODOLOGIE
3.3 KORPUSLINGUISTIEK
3.3.5 KWANTITATIEWE GRAMMATIKOGRAFIE
Daar is soms 'n mate van antagonisme tussen preskriptiviste en deskriptiviste te bespeur (sien byvoorbeeld Mair, 2006 en Leech et al., 2009; vir 'n bespreking sien Curzan, 2014). Dit beteken egter nie dat die effek van preskriptivisme geïgnoreer kan word wanneer taal en taalverandering deskriptief hanteer word nie (Curzan, 2014:43). In die studie van historiese grammatikografie ("historical grammaticography") word die standpunte, uitsprake/oordele en aanbevelings in 'n groot versameling grammatikas oor 'n spesifieke verskynsel in 'n spesifieke periode aangeteken, en die verskillende standpunte (byvoorbeeld neutrale beskrywing, positiewe aanbeveling en negatiewe veroordeling) word gekwantifiseer en in verhouding tot mekaar gestel (Anderwald, 2014:4-5). In kombinasie met korpuslinguistiek kan die sukses al dan nie van 'n gegewe preskripsie gemeet word deur vas te stel tot hoe 'n mate daar veranderings in die korpusdata is wat ooreenstem met die preskriptiewe aanbevelings (Anderwald, 2014:1; Curzan, 2014:84).
Binne die kognitiewe gebruiksgebaseerde raamwerk van taalgebruik en taalverandering, het preskriptiewe normering twee tipes uitwerking op taalverandering. Aan die een kant is daar die direkte uitwerking – skrywers en sprekers hou die preskriptiewe riglyne in gedagte wanneer hulle taal gebruik, en maak keuses tussen variante op grond daarvan (Curzan, 2014:120; Van Rooy & Kruger, 2015). Aan die ander kant is daar ook die indirekte uitwerking – preskriptiewe uitsprake het 'n potensiële invloed op die gebruiksfrekwensie van die betrokke verskynsels, wat die mate van verskansing ("entrenchment") daarvan beïnvloed (Van Rooy & Kruger, 2015; sien ook Curzan, 2014:120). Veral in die geval van Afrikaans, waar Naspers die enkele grootste uitgewer van geskrewe Afrikaans is, het 'n enkele huisstylgids die potensiaal om 'n omvangryke uitwerking te hê op die taalgebruik waaraan sprekers blootgestel word, en kan dit 'n daadwerklike invloed op taalverandering al dan nie, hê.
Die standaardisering van Afrikaans het pas 'n aanvang geneem in die tyd van die eerste korpus van hierdie studie (sien hieronder vir verdere besonderhede), en daarom moet die uitwerking van grammatikas nie onderskat word nie. Om hiervoor te kontroleer, is daar 'n versameling van 40 grammatikas van Afrikaans saamgestel, wat volgens drie periodes of kategorieë ingedeel is. Die eerste kategorie is al die bronne wat voor 1951 gepubliseer is.
Daar is slegs twee grammatikas van voor 1920 ingesluit, aangesien min taalboeke in daardie tyd Afrikaans as sodanig hanteer het, en bronne wat met die konsep van Kaaps/Suid-Afrikaanse Nederlands of Cape Dutch gewerk het, is nie ingesluit nie – daarom
63
is daar nie 'n aparte kategorie vir tot 1920 nie. Die bronne in hierdie kategorie kon derhalwe 'n invloed gehad het op die data van die eerste twee korpusse (sien die volgende afdeling).
Die middelste kategorie bevat bronne wat vanaf 1951 tot 1980 gepubliseer is – dus bronne wat 'n invloed sou kon hê op die derde korpus (sien die volgende afdeling). Die laaste kategorie is vir bronne wat gepubliseer is van 1981 tot 2010, en wat 'n invloed op die laaste korpus sou kon hê (sien die volgende afdeling). Daar is 13 bronne in die vroegste kategorie, 11 bronne in die middelste kategorie, en 16 bronne in die laaste kategorie. Wanneer daar verskeie uitgawes van 'n werk verskyn het, is die eerste (of 'n vroeë) uitgawe, sowel as die laaste (of 'n latere uitgawe) ingesluit. In een geval waar 'n addisionele outeur bygekom het by die laaste uitgawes, is dit ook in ag geneem en is daar van hierdie uitgawes ingesluit. Die lys van bronne wat gebruik is – jaar van publikasie, uitgawe, titel, outeur(s) en die aard van die bron – word in tabel 3.1 gegee. Wanneer daar 'n merkbare verandering in die korpusdata gevind is, of as dit om een of ander rede nodig geag is, is die hantering van en uitsprake oor die spesifieke verskynsel in al die grammatikas nagegaan en gekwantifiseer om vas te stel of dit 'n moontlike dryfveer agter die verandering is.
Ter uitklaring van die tipes bronne wat aangedui is – met "grammatika" word bedoel 'n beskrywing van 'n taal, waar die beskrywing 'n normatiewe aard aanneem (sien Curzan, 2014:22 vir 'n kort bespreking van die term "grammar"); 'n "skoolhandboek" bevat beskrywende afdelings asook oefeninge wat spesifiek gerig is op onderrig op skoolvlak; 'n
"handboek" is soortgelyk, maar vir volwassenes; die "T2" staan vir tweedetaal, waar die grammatika of handboek gerig is op tweedetaalsprekers; die "skryfgids" fokus op goeie skryfvaardighede, met die een en die ander oor grammatika; die "radiopraatjies" is 'n versameling radiopraatjies oor taal en grammatika wat in drukvorm uitgegee is; en 'n
"naslaangids" bestaan uit 'n alfabetiese lys van woorde, konstruksies, onderwerpe ensovoorts, met bondige opmerkings by elke inskrywing, meestal van 'n normatiewe aard.
Tabel 3.1: Bronne vir die kwantitatiewe grammatikografie
Jaar Uitg Titel Outeur(s) Tipe
1902 2 Fergelijkende Taalkunde fan Afrikaans en Engels
S.J. du Toit Vergelykend Afr/Eng 1917 1 Afrikaanse Taalboek: praktiese
wegwijser bij die vernaamste moeilikhede in verband met die Afrikaanse grammatika
D.F. Malherbe Grammatika
1921 5 Afrikaanse Taalboek: praktiese wegwyser by die vernaamste moeilikhede in verband met die Afrikaanse grammatika
D.F. Malherbe Grammatika
1922 3 Praktiese grammatika van die
Afrikaanse Taal: spesiaal vir gebruik in skole tot en met matriek
C.M. Booysen M. Jansen
Skoolhandboek
64
1924 1 Afrikaanse spraakkuns A.C. Bouman
E.C. Pienaar
Grammatika 1926 1 A first guide to Afrikaans C.J. Langenhoven T2 Grammatika 1926 5 Maskew Miller se Afrikaanse
Grammatika
M.C. Botha J.F. Burger
Grammatika 1927 5 Maskew Miller's Grammar of Afrikaans M.C. Botha
J.F. Burger
T2 Grammatika 1932 1 Hoe om te skrywe: hulpboekie by die
Studie van Stelkuns
E.C. Pienaar C.J. Langenhoven
Skryfgids 1934 5 Afrikaans for English-speaking students:
part II
D.J. Potgieter A. Geldenhuys
T2 Grammatika 1946 4 Afrikaanse Taalstudies T.H. le Roux Grammatika 1947 1 So sê ons in Afrikaans: taaldril vir
Engelse leerlinge van die Hoërskool
J.J. le Roux C.J. Nienaber
T2 Skoolhandboek 1948 1 Woordsoorte, Werkwoorde en Tye M. de Villiers Grammatika
(navorsingsfokus) 1951 2 So sê ons in Afrikaans: taaldril vir
Engelse leerlinge van die Hoërskool
J.J. le Roux C.J. Nienaber
T2 Skoolhandboek 1951 1 An introduction to Afrikaans H.J.J.M. van der
Merwe
T2 Grammatika 1958 3 Afrikaanse taalkwessies H.J.J.M. van der
Merwe
Grammatika (naslaangids)
1964 1 Kruim en Kors S.P.E. Boshoff
B. Kok F.J. Snijman
Radiopraatjies
1967 5 Die korrekte woord: Afrikaanse taalkwessies
H.J.J.M. van der Merwe
Grammatika (naslaangids) 1968 11 Afrikaanse taalstudies T.H. le Roux Grammatika 1968 3 Afrikaans vir die student: die suiwer
woord
M.A. Basson J. Kromhout P.G. Nel J.H. Senekal
Grammatika (naslaangids)
1975 1 Afrikaanse Taalgids H. Engelbrecht Grammatika
(naslaangids) 1979 1 Die KENNIS gids tot Moderne Afrikaans E.P. du Plessis Grammatika
(naslaangids) 1980 2 Nuwe Afrikaanse Taalgids: 'n alfabetiese
handleiding vir die kommunikasiepraktyk
H. Engelbrecht Grammatika (naslaangids) 1980 1 Die juiste woord: praktiese taalgids by
die skryf van Afrikaans
L.W. Hiemstra Grammatika (naslaangids) 1982 1 Doeltreffende Afrikaans: 'n handboek vir
skriftelike taalgebruik
D.J. van Schalkwyk G. Kroes
Handboek 1982 1 Taalleer vir onderwyser en student P.J. du Toit Handboek 1982 6 Die korrekte woord: Afrikaanse
taalkwessies
H.J.J.M. van der Merwe
F.A. Ponelis
Grammatika (naslaangids) 1983 1 Afrikaanse grammatika vir volwassenes M. de Villiers Grammatika 1983 1 Die Grammatika van Standaard-
Afrikaans
J.L. van Schoor Grammatika 1983 2 Afrikaans vir die praktyk J.P. Botha
J.M.H. van Aardt
Grammatika
65 1985 1 Verstaanbare Afrikaans: kolskoot-
Taaloplossings
L. de Wet Grammatika
(naslaangids) 1986 2 Taalleer vir onderwyser en student P.J. du Toit Handboek 1986 1 SARA: Sakboek van regte Afrikaans J. Combrink
J. Spies
Grammatika (naslaangids) 1987 3 Afrikaans vir die praktyk J.P. Botha
J.M.H. van Aardt
Grammatika 1989 1 Norme vir Afrikaans: enkele riglyne by
die gebruik van Afrikaans
W.A.M. Carstens Grammatika 1990 1 Afrikaans vir die Tweedetaalstudent J.A. Gous
J.P. Botha
T2 Grammatika 1991 7 Die korrekte woord: Afrikaanse
taalkwessies
H.J.J.M. van der Merwe
F.A. Ponelis
Grammatika (naslaangids) 1995 1 Afrikaans op sy beste: hulp met
moderne taalkwessies
A.F. Prinsloo F.F. Odendal
Grammarika (naslaangids) 2003 1 Skryf Afrikaans van A tot Z: die
essensiële gids vir taalgebruikers
D. Müller Grammatika
(naslaangids) 2003 4 Norme vir Afrikaans: enkele riglyne by
die gebruik van Afrikaans
W.A.M. Carstens Grammatika