VAARDIGHEDE IN DIE GRONDSLAGFASE
Leeruitkoms 4: Skryf
3.3.7 Aspekte wat onderrigleer van lees en spel sal ondersteun
Dreyer, 2005:1). Elektroniese leesmateriaal behoort dus ook in ons grondslagfase- klaskamers 'n rol te speel in die verryking van die onderrigleerproses. Die uitdaging is om verryking met behulp van IKT, soos die DBS, op so 'n wyse te integreer dat dit aan multimediabeginsels voldoen.
Elektroniese boeke (interaktiewe teks) is boeke op CD of DVD wat multimedialeer (ouditiewe klankbaan en visuele beeld) moontlik maak. Navorsing het bewys dat die byvoeg van klank (gesproke teks) by tradisionele IKT-variante soos rekenaars, groot belofte inhou vir die ondersteuning van leesonderrig (NRP, 2000). Hierdie elektroniese boeke het meestal interaktiewe eienskappe waardeur leerders die program kan stop en soveel keer as hulle wil, daarna kyk of dit lees. Elektroniese boeke bevorder woordeskat ,omdat leerders deur die druk van 'n sleutel die onbekende woord kan lees.
Interaktiewe multimediapakette kan ook deur 'n groep leerders by 'n werkstasie in die klaskamer gebruik word (Block, 2001:223,224).
3.3.7.2 Bewustheid van teks en gedrukte leesmateriaal
Leesboeke het altyd 'n plek in die leesprogram, mits dit reg gebruik word. Leesboeke en leesreekse behoort nie die enigste bron van leesstof te wees nie. Ondersteunings- materiaal soos prente, asook woord- en flitskaarte, maak ook dikwels deel van die pakket uit (Joubert et a/., 2006:113). Leerders behoort toegang te he tot 'n leeshoekie waarin tekste uit die omgewing soos strooibiljette, spyskaarte, advertensieplakkate, tydskrifte, selfgemaakte boeke, en leeskaarte voorkom (Joubert et al., 2006:115,116).
Dit is ook belangrik dat 'n verskeidenheid leesmateriaal soos boeke, tydskrifte, koerante, ensovoorts, sowel as 'n verskeidenheid skryfgereedskap beskikbaar is vir leerders (Johnson & Sulzby, 1999).
3.3.7.3 Gedigte, liedjies en dramatisering
Jong leerders vaar die beste met leertake wat hulle graag wil leer. Daarom is dit die taak van die onderwyseres om leerervarings so saam te stel dat leerders graag sal wil leer en op leeraktiwiteite sal reageer (Sampson et al., 2003:50). Vir jong leerders bied rympies, gedigte en liedjies 'n uitstekende geleentheid om taal- en leesvaardighede in te oefen (Whitehead, 2002:94). Deur leerders gereeld bloot te stel aan gedigte, word 'n liefde vir taal en lees terselfdertyd gekweek (Sampson et al., 2003:70). Temaverwante gedigte, liedjies en dramatisering is deurentyd gebruik op die DBS. Leerders het die gedigte en liedjies op die DBS besonder baie geniet en dit dikwels herhaal. Die teks van gedigte en liedjies is ook gebruik as leesmateriaal en het groot byval by leerders geniet. Dramatisering deur die DBS-karakters, het die tema versterk en die pretelement van leer beklemtoon. Hierdie karakters se dialoog is ook gebruik om leer te versterk en leerders te motiveer.
3.3.7.4 Assessering
Die kurrikulum vir die grondslagfase is nie 'n assesseringsgedrewe kurrikulum nie (DvO, 2002a: 15). Assessering van lees behoort daarop gerig te wees om te bepaal of elke individuele leerder op sy leesvlak lees en vorder. Die uitkoms vir assessering behoort voorts aan die onderwyseres 'n aanduiding te gee of sy haar onderrigstrategiee moet aanpas en of dit geslaagd is (Joubert et al., 2006:131). Wanneer leerders se skryf- of spelvermoe geassesseer word, behoort onderwysers erkenning te gee aan verdiens- telike werk deur waarderende kommentaar (Joubert et al., 2006:260).
Assessering stel onderwysers nie net in staat om te bepaal in watter mate uitkomste bereik is en identifiseer ook leerders wat ekstra ondersteuning benodig en moontlik selfs kan baat by alternatiewe leermetodes. Dit is ook belangrik dat onderwysers ten opsigte van leerders se leesvermoe moet differensieer, die tekortkominge in die program identifiseer en dit verbeter. Hulle moet ook verseker dat elke leerder die vaardighede wat vir suksesvolle lees vereis word, bemeester (Alderson, 2000:203) Leesassessering moet dien as moniteringsisteem sodat swak lesers daagliks gemonitor kan word en daar pogings aangewend kan word om die swakker lesers se leesvermoe te verbeter. Die DBS kan goed gebruik word om meer vaardige leerders op eie tempo en selfgereguleer te laat werk,terwyl die onderwyseres remedierende werk doen met leerders wat nie oor die nodige vaardighede beskik nie. Multimedia-LOSM dien op hierdie wyse as hulp vir die onderwyseres om haar geleentheid te gee om aandag aan swakker leerders te gee.
3.3.7.5 Pretleer
Volgens Koen (2003:86) sal klem op genotvolle en betekenisvolle lees tot 'n meer ontspanne houding teenoor leesonderrig sal lei. 'n Belangrike voordeel van die DBS as multimedia-LOSM is dat dit daarop ingestel is om leer vir die leerders genotvol te maak en 'n gevoel van sukses by elke leerder waarborg. Belonings is ook ingesluit deur applous wanneer 'n aktiwiteit suksesvol voltooi is, ekstra stories en versterking deur die twee interaktiewe karakters.
Uit die literatuur blyk dit dat geen enkele onderrigmetode aanspraak kan maak op alleensukses om lees- en spelvaardighede te onderrig nie en dat 'n kombinasie metodes mekaar komplementeer. Baie probleme ten opsigte van lees- en spelling, kan juis daaraan toegeskryf word, dat onderwysers slegs die sintetiese of die analitiese
benadering tydens geletterdheidsonderrig toegepas het. Dit het tot gevolg gehad dat sekere aspekte nie voldoende aangespreek is nie en leerders met lees- en spellingprobleme gelaat. Die klankmetode is 'n voorbeeld van een van die metodes wat in 'n stadium misken is tydens geletterdheidsonderrig - met katastrofiese gevolge vir leerders se lees- en spelvaardighede. Dit is duidelik dat sekere komponente van geletterdheid doelbewus onderrig moet word en dat hierdie komponente gefasiliteer moet word deur middel van onderrig-en leerstrategiee wat aan leerders groter bedrewenheid en selfvertroue ten opsigte van lees- en spelvaardighede gee.
Gesyferdheid in die grondslagfase sal vervolgens bespreek word.