• Tidak ada hasil yang ditemukan

Woordherkenning

Dalam dokumen die effek van 'n multimedia digitale (Halaman 109-113)

VAARDIGHEDE IN DIE GRONDSLAGFASE

Leeruitkoms 4: Skryf

3.3.5 Komponente van lees en spel

3.3.5.4 Woordherkenning

Volgens die Departement van Onderwys behoort 'n geletterdheidleerprogram woord­

herkenning in te sluit (DvO, 2003b:51). Woordherkenning verwys na die proses om die geskrewe woord met sy betekenis te verbind. Flinke woordherkenning stel kinders in staat om van woordontsyfering na siglees te vorder. Dit bring mee dat minder

inspanning nodig is vir woordherkenning en meer aandag aan begrip gewy kan word.

Woorherkenning is 'n baie belangrike aspek van geletterdheid omdat hoer orde leesvaardighed soos begrip, woordeskatontwikkeling, lees vir genot en skryf afhanklik is van woordherkenning. 'n Leeswoordeskat ontwikkel namate die leerder leer om sy of haar naam en ander betekenisvolle woorde te herken (Joubert etal., 2006:251).

In die verlede het baie onderwysers geglo dat leerders eers in staat moet wees om letters te herken voordat hulle woorde kon herken. Navorsing het bewys dat jong kinders reeds vroeg belangrike woorde soos handelsname en hul eie name herken voordat hulle geleer het om enige letters te onderskei. Onderwysers behoort dus leerders se aandag op betekenisvolle woorde te vestig en terselfdertyd die letters in hierdie woorde vir leerders uit te lig (Vukelich et al., 2002:259).

Woordherkenning is een van die hoofkomponente van vlotlees. Onderwysers kan leerders help om 'n uitgebreide sigwoordeskat van algemene gebruikswoorde op te bou. Sigwoordeskat verwys na woorde wat 'n leser dadelik herken aan die hand van die konfigurasie (letterpatroon) of die unieke kombinasie van die letters (Block, 2001:199). Sigwoordeskat kan ontwikkel word deur doelbewus die letterpatroon in te oefen, of die woorde deur middel van herhaalde oefeninge in te skerp. Hoefrek- wensiewoorde behoort eers ingeskerp te word (Block, 2001:199). Deur woordanalise kan moeiliker en minder bekende woorde bemeester word. Een van die wyses waarop grondslagfaseleerders hul sigwoordeskat kan vergroot, is om 'n woordeboek te maak met woorde wat hulle graag wil leer. Hulle kan ook prente byteken om die woord makliker te onthou (Block, 2001:217). Leerders ontwikkel ook 'n skryfwoordeskat en kan op 'n later stadium die betekenis van woorde aflei deur gebruik te maak van kontekstuele leidrade in 'n teks (Joubert etal., 2006:251).

Klank- en woordstudies behoort aandag te kry regdeur die geletterdheidleerprogram, waar die geleentheid horn ook al voordoen. Leerders kan hierdie vaardighede inoefen deur in groepe, pare of op hul eie woorde te bou, te klank en te lees. Dit kan ook op leie of witborde gedoen word (Joubert et al., 2006:103). Wanneer 'n kind 'n onbekende woord teekom, kan hy met behulp van sy kennis van klanke die woord dekodeer

Woordherkenning word in drie indentifikasiestrategiee verdeel; klank-, struktuur- en kontekstuele analise. Klankanalise word gebruik om onbekende geskrewe woorde wat heel moontlik reeds in die leser se gesproke of luisterwoordeskat bestaan, te ontsyfer.

Struktuuranalise is 'n strategie waardeur die leser die betekenis en/of uitspraak van 'n

onbekende woord probeer bepaal deur betekenisvolle of bekende gedeeltes van die woord te ondersoek (Block, 2001:212). Strukturele analise vind plaas wanneer 'n onbekende woord wat uit multilettergrepe ontstaan, ontleed word volgens kleiner, sinvolle dele. Die woord kan opgebreek word in grondwoord, voorvoegsels, agter- voegsels, meervoudsvorme, ensovoorts (Bauman & Johnson, 1984:596). Kontekstuele analise vind plaas wanneer die leser die betekenis van die onbekende woord probeer bepaal deur middel van die sin of paragraaf waarin die woord voorkom (Bauman &

Johnson, 1984:606). Kontekstuele analise is 'n woordherkenningstrategie waardeur die leser die betekenis en uitspraak van die 'onbekende' woord probeer ontsyfer volgens die manier waarin dit in die sin gebruik word. Kontekstuele leidrade kan prente, grafiese voorstellings, kaarte, grafieke en diagramme insluit (Bauman & Johnson, 1984:599).

Goodman (1967:126) het bevind dat jong lesers makliker en meer akkuraat woorde identifiseer wanneer dit in konteks geplaas word as wanneer dit in woordelyste voorkom. Ouer kinders kan kontekstuele analise meer suksesvol gebruik as jong en onervare lesers, aangesien dit beter leesvaardigheid vereis (NRP, 2000). Volgens Bauman en Johnson (1984:601) is daar nie duidelike metodes om kontekstuele analise aan beginnerlesers aan te leer nie.

Haddock (1978:655) het bevind dat leerders makliker leer om woordsegmente te onderskei en klankvermenging/-samesmelting te herken wanneer hierdie aspekte ouditief sowel as visueel (volgens multimedia-beginsels) aangebied word, 'n Flitskaart van die woord word gebruik terwyl die woord terselfdertyd uitgespreek word.

Letterklankooreenstemming word aanvanklik geleer deur woorde te analiseer wat deel van leerders se gesproke woordeskat en luisterwoordeskat is. Daarna word woorde verdeel in fonemiese eenhede en laastens leer hulle die vaardigheid aan om deur samesmelting van klanke nuwe of bekende woorde te vorm (NRP, 2000).

Die waarde van patroonherkenning word ook soms onderskat in die woordherkennings- leerproses, maar dit kan waardevol wees met woordanalise. Visuele patroonherken­

ning dien as hulpmiddel vir beginnerlesers se woordherkenningsvermoe (Bauman Johnson en 1984:593) Die eerste twee of drie letters van 'n onbekende woord gee beter aanwysing aan die leser as die middeldeel of einddeel daarvan (Bauman &

Johnson 1984:594).

Multimedia-LOSM kan 'n groot rol speel om leerders individueel by te staan en te verseker dat elke leerder daagliks genoeg tyd en geleentheid kry om leesvaardighede soos fonologiese bewustheid en woordherkenning in te oefen (Topping & Fischer, 2003:268). Woordherkenning kan byvoorbeeld elke dag ingeoefen word deur woorde uit die leesstuk op die DVD-skerm te flits sodat leerders kan oefen totdat die woorde deel van hul sigwoordeskat vorm. Die meeste multimediaprogramme wat tot dusver ontwikkel is om geletterdheid te bevorder, fokus op basiese vaardighede soos fonologiese bewustheid en woordherkenning (Barone & Morrow, 2003:177). Daar is wetenskaplik bewys dat multimedia outomatiese woordherkenning versnel en swak lesers baat gevind het deur die ondersteuning met nuwe of moeilike tekste (Barone &

Morrow, 2003:178). Daar is ook wetenskaplik bewys dat multimedialeesprogramme waarin woorde verlig is terwyl gelees word en wat beide visuele en ouditiewe kanale betrek, leesbegrip by leerders verbeter het (Wong, 2001:326; Campbel et at., 2003).

Wanneer die persoon lees, skryf, luister of praat, gebruik hy ouditiewe, visuele en kinestetiese (waarneming van beweging van die liggaamsdele) inligting waaraan hy tydens die handeling aandag gee. Hierdie inligting word dan waargeneem, ge'i'nter- preteer en ge'i'ntegreer (Kriegler, 1990: 82). Lees en skryf vereis dus multisensoriese integrasie: 'n integrasie tussen wat gesien word, wat gese word, wat geskryf word en wat gehoor word (Kriegler, 1990: 83). Daar is bewys dat multimediapakkette soos "The World's best poetry on CD" leerders se taalvermoe, lees-, sowel as skryfvaardighede verbeter het. Ander multimediareekse soos "Adventures with Edison, Blue Tortoise and Red Rhino" het wetenskap, lees, wiskunde en kreatiewe denkvaardighede bevorder (Block, 2001:225).

Wanneer DVD's as multimedia-LOSM gebruik word, kan woordherkenning baie effektief ingeoefen word deur die woord op die DVD-skerm te laat verskyn (visueel). Na *n paar sekondes kan die woord vir die leerder gelees word (ouditief) sodat die leerder kan kontroleer of sy poging korrek was (vgl. fig 7.7). Indien meer gevorderde tegnologiese prosesse gebruik word tydens die vervaardiging van multimedia-LOSM, kan die leerder op *n bepaalde ikoon of "antwoorde" op die DVD-skerm druk, sodat die woord gelees word. DVD-tegnologie word reeds *n geruime tyd in opvoedkundige programme toegepas om leerte fasiliteer. *n Voorbeeld hiervan is wanneer leerders op 'n bepaalde prent (byvoorbeeld *n prent van 'n muis) klik of dit verlig en die geluid van 'n muis dan gehoor word (James, 1999:53). Woordherkenning wat op hierdie wyse gefasiliteer

terugvoer gegee word en remediering dus ooreenkomstig geskied. Wanneer woordherkenning gedoen word, kan nog soortgelyke woorde (byvoorbeeld woorde wat op "e" eindig) ingeoefen word sodat die spelreel vasgele en verder versterk word.

Dalam dokumen die effek van 'n multimedia digitale (Halaman 109-113)