• Tidak ada hasil yang ditemukan

Die kognitiewe leerteorie

Dalam dokumen die effek van 'n multimedia digitale (Halaman 46-50)

BYLAES

HOOFSTUK 2: TEORETIESE BEGRONDING VAN DIE STUDIE

2.2 Leerteoriee

2.2.2 Die kognitiewe leerteorie

aangeleer word nie. Op hierdie wyse kan voorstelle vir effektiewe multimedialeer uit elkeen van hierdie relevante teoriee gehaal word. Daarom is dit nodig dat kognitiewe leerbeginsels wat 'n invloed op multimedialeer het toegelig word. Die behavioristiese perspektief tydens multimedialeer, is effektief tydens roetinetake (soms deur drilwerk) en veral wanneer onderrig voorsiening maak vir individualisering en die multi- mediaboodskap gestruktureer word om vordering na 'n verwagte uitkoms of vlak van prestasie te fasiliteer.

tot nuwe idees en konsepte (Potgieter & Cronje, 1998:46; Ram, 1996:89; Schunk, 1996:208). Die wyse waarop leerders inligting verwerk, fokus op kognitiewe prosesse en staan bekend as die inligtingverwerkingsmodel (Ormrod, 2000:224). Kognitiewe psigoloe bied verskeie verduidelikings aan vir die manier waarop leerders inligting verwerk; 'n aantal van hierdie modelle staan bekend as inligtingverwerkingsmodelle (Ormrod, 2000:224). Vervolgens sal aangetoon word hoe inligting volgens die inligtingverwerkingsteorie verwerk word:

2.2.2.1 Die inligtingverwerkingsmodel

Die inligtingverwerkingsmodel is een van die modelle wat 'n verklaring gee van hoe kognitiewe prosesse plaasvind. Daar bestaan verskillende inligtingverwerkingsmodelle wat die werking van die brein illustreer. Twee van hierdie modelle wat bespreek sal word, is die dubbelkanaalmodel en die vlakke-van-verwerkingsmodel. Terwyl behavio- risme fokus op waarneembare response wat deur stimuli veroorsaak word, fokus modelle soos die inligtingverwerkingsmodel daarop om te verklaar hoe die brein inligting verwerk en hoe leer dus plaasvind (Alessi & Trollip, 2001:19) (vgl. tab. 2.1).

Die kognitiewe teorie van inligtingverwerking beskryf die geheue as 'n stelsel bestaande uit 'n aantal komponente wat inligting ontvang. Hierdie komponente sluit die sensoriese geheue, die korttermyngeheue en die langtermyngeheue in (Gage & Berliner, 1998:258;

Woolfolk; 1998:256). Volgens die inligtingverwerkingsmodel bestaan daar drie tipes kennis, naamlik verklarende kennis (feite en ervarings), prosedurekennis (aksies wat gemik is op probleemoplossing) en voorwaardelike kennis (die wete wanneer en hoe verskillende tipes kennis vir verskillende doeleindes gebruik behoort te word) (Sorden, 2005:269). Die werking van die onderskeie stelsels/komponente waarmee kennis of inligting verwerk word in die dubbelkanaalmodel, kan soos volg geillustreer word (vgl.

fig. 2.1):

Repetisie van onderhoud

/ C ^ N

^ % Urtgebreide

repetisie en organisasie Eksterne , r ^

stimuli ^ Sensoriese \

register •

s Korttermyn- ' geheue

Werkende geheue

Urtgebreide repetisie en organisasie Eksterne , r ^

stimuli ^ Sensoriese \

register •

| persepsie

s Korttermyn- ' geheue

Werkende geheue

Langtermyn- geheue Eksterne , r ^

stimuli ^ Sensoriese \

register •

<=s>

s Korttermyn- ' geheue

Werkende

geheue ■ = > Langtermyn-

geheue Eksterne , r ^

stimuli ^ Sensoriese \

register •

aandag

s Korttermyn- ' geheue

Werkende geheue

Langtermyn- geheue Eksterne , r ^

stimuli ^ Sensoriese \

register •

s Korttermyn- ' geheue

Werkende geheue

Kennis uit langtermyn- geheue Kennis uit langtermyn-

geheue

w

Figuur 2.1: Die struktuur van inligtingverwerking in die geheuestelsel

(Aangepas en vertaal uit Gage & Berliner, 1998:258; Wooifolk, 1998:256).

Sensoriese geheue

Die eerste komponent is die sensoriese geheue, wat stimuli uit die omgewing ontvang deur middel van die sintuie. Inligting in die sensoriese geheue word vir "n baie kort rukkie gestoor (Wooifolk, 1998:250). Die kapasiteit van die sensoriese geheue is groot, maar die berging of storing van inligting is kort van duur (tussen een en drie sekondes). Die sensoriese inset bly slegs 'n kort rukkie nadat die stimulus verdwyn het. Die sensoriese geheue registreer/kodeer visuele sensasies as visuele patrone en gehoorsensasie as klankpatrone. Die persoon wat die sensasie ontvang, het dan die keuse om inligting te selekteer vir verdere verwerking en organisering (Monteith, 2006:81).

Leerders kan nie iets verwerk wat hulle nie kan herken of waarneem nie en kan slegs aan een veeleisende taak op 'n keer aandag gee. Die eerste stap in leer is dus aandaggewing. Deur aandag te gee aan bepaalde stimuli en ander te ignoreer, word 'n keuse gemaak uit al die moontlike stimuli sodat net die nodige verwerk word (Wooifolk, 1995:245). Wanneer aandag aan inligting gegee word, word die inligting oorgeplaas na die korttermyngeheue, waar verdere verwerking plaasvind (Mayer, 2001:45 &49; Alessi & Trollip, 2001:19; Sorden, 2005:264).

Baie van die take wat aanvanklik baie aandag en konsentrasie verg, word mettertyd 'n outomatiese handeling (Wooifolk, 1998:252). Die spelling van sekere

woorde of uitvoer van sekere eenvoudige wiskundige berekeninge, is voorbeelde van outomatisme in die grondslagfase.

Die betekenis wat geheg word aan onverwerkte inligting wat deur die sintuie ontvang word, staan bekend as persepsie. Hierdie inligting kan op twee wyses verwerk word. Eerstens kan onder-na-bo-verwerking gedoen word, waar die stimulus in kenmerke of komponente verdeel word en dan in betekenis omskep word. Die tweede wyse van verwerking staan bekend as bo-na-onder-verwerking waar die voorkennis en verwagting van die waarnemer gebruik word om betekenis te gee aan die inligting (Woolfolk, 1998:825).

Sodra inligting in die sensoriese geheue omskep is in patrone van beelde, klank of ander sensoriese kodes, is dit beskikbaar vir verdere verwerking in die kortter- myngeheue. Die korttermyngeheue staan ook bekend as die werkende geheue omdat die inhoud daarvan inligting is wat geaktiveer is - waaraan die leerders op 'n spesifieke tyd dink. Hierdie geaktiveerde inligting mag iets wees wat pas waargeneem is, of iets wat uit die langtermyngeheue opgeroep is (Woolfolk,

1998:255).

Korttermyngeheue

Die korttermyngeheue is 'n tydelike geheue met 'n beperkte kapasiteit van ongeveer sewe items op 'n keer (Alessi & Trollip, 2001:19; Mayer, 2001:45;

Sorden, 2005:264). Die duur van inligting in die korttermyngeheue is ook kort, sowat 20 - 30 sekondes. Om hierdie rede word dit die korttermyngeheue genoem (Woolfolk, 1998:255). Deur middel van herhaling, kan 'n item in die werkende geheue behou word. Die proses van herhaling staan bekend as repetisie of herhaalde oefening (Odendal, et a/., 2004:855). Daar is twee soorte repetisie, naamlik repetisie vir behoud en uitgebreide repetisie. Repetisie vir behoud behels dat inligting herhaal word solank as wat jy dit wil gebruik, soos in die geval van 'n telefoonnommer (Slavin, 2000:178). Uitgebreide repetisie behels die assosiasie van inligting wat jy wil onthou met reeds bekende inligting wat uit die lang­

termyngeheue kom (Woolfolk, 1998:256). Daar word dus assosiasies gemaak tussen nuwe en reeds bestaande inligting. Inligting kan ook op hierdie wyse van die kort- na die langtermyngeheue verskuif word.

• Langtermyngeheue

In die langtermyngeheue word inligting vir lang tydperke bewaar of gebere. Die langtermyngeheue het 'n groot kapasiteit. Wanneer inligting deurmekaar raak met ander inligting of eenkant toe geskuif word, vind interferensie plaas (Monteith, 2006:92). Daar word drie tipes langtermyngeheue onderskei, naamlik episodiese geheue, wat met gebeure te make het, semantiese geheue, wat gemoeid is met taal en derdens proseduregeheue wat j'ou in staat stel om stappe te herroep,

byvoorbeeld wanneer 'n vaardigheid uitgevoer word (Slavin, 2000:181).

Terugwerkende of retroaktiewe inhibisie vind plaas wanneer bestaande inligting deurmekaar raak met nuwe, soortgelyke inligting (Slavin, 2000:188,189). Leer- ders wat letters aanleer in die grondslagfase, sal byvoorbeeld nie 'n probleem he om die letter 'b' te herken nie, totdat die letter 'd' aangeleer word. Die ooreenkoms tussen die letters verwar leerders en interferensie vind plaas. Inligting wat aangeleer is, kan ook inmeng met die onderrig van latere inligting. Proaktiewe inhibisie vind plaas wanneer inligting wat voorheen geleer is, verlore raak omdat dit inmeng of deurmekaar raak met nuwe, soortgelyke inligting (Slavin, 2000:189).

'n Voorbeeld van proaktiewe inhibisie in die grondslagfase is wanneer 'n leerder wat die verkeerde vorming van letters aangeleer het, moet leer om letters op die korrekte wyse te vorm. Dit sal makliker wees om iemand wat nog nooit leer skryf het nie, te leer om letters volgens die korrekte wyse te vorm as om die leerder wat geleer het om letters verkeerd te vorm, te leer om dit korrek te doen.

Dalam dokumen die effek van 'n multimedia digitale (Halaman 46-50)