4.3.1 'n Definisie van multimedialeer
4.4 DVD-programme as multimedia-LOSM
nodig gehad het, gebruik om probleme en bewerkings te voltooi. Wanneer hulle tevrede was met hul antwoord, kon hulle op die "antwoord-ikoon" klik en hul eie antwoord assesseer. Die insluiting van 'n keuselys ("menu") op die DVD-skerm het leerders in staat gestel om keuses uit te voer wat verband hou met verwante temas of addisionele inligting verskaf. Hierdie keuseslyste kon gebruik word vir aksies soos om na die volgende bladsy om te blaai, 'n video te speel of 'n keuse uit te oefen oor die leeraktiwiteit, of antwoorde op vrae na te sien (Alessi & Trollip, 2001:53). Op hierdie wyse kon leerders self die pas aangee tydens leer.
Tydens die ontwerp en samestelling van multimediaprogramme, is die relevante begin- sels, soos uiteengesit hierbo, deurentyd geTmplementeer sodat leerders maksimaal voordeel kon trek uit die multimedia-LOSM en -leeraktiwiteite.
Vervolgens sal die voordele ten opsigte van DVD-programme as multimedia-LOSM toegelig word.
• DVD's is 'n meer duursame oudiovisuele storingsmedium as videokassette;
• die storingskapasiteit is sewe keer groter as die van 'n CD;
• die kwaliteit van videomateriaal op DVD is baie hoer as met VHS-video;
• DVD's kan vir meer as een leereenheid of tema gebruik word omdat nuwe leereenhede telkens op dieselfde herskryfbare DVD gekopieer kan word;
• DVD's het die vermoe' om teks, klank (ouditiewe), sowel as foto's, animasie en video (visuele) te kombineer en dus multimedialeer te fasiliteer, en
• anders as video's het DVD's, met enkele uitsonderings na, dieselfde uitsette/
moontlikhede as rekenaars.
Volgens Best quest teaching systems (2006) hou DVD's voorts die volgende voordele in:
• DVD'S beskik ook oor multitalige kapasiteit en besit die vermoe om tot agt tale en 32 subtitels op 'n enkele diskette berg, en
• DVD's kan deur rekenaars sowel as televisiemonitors gespeel word wanneer dit aan 'n DVD-speler gekoppel word.
Die integrering van DVD's as LOSM kan in die grondslagfase as oplossing dien om struikelblokke wat ten opsigte van die integrering van IKT ervaar word, aan te spreek (vgl. par. 4.2.2), as gevolg van die volgende voordele wat DVD's inhou (Best quest teaching systems, 2006):
• gebrek aan elektrisiteit sal nie 'n probleem wees nie, omdat mobiele DVD-spelers met herlaaibare batterye kan werk;
• befondsing behoort ook nie 'n groot struikelblok te wees nie, omdat DVD's en mobiele DVD-spelers baie bekostigbaar is, en
• die derde struikelblok, naamlik gebrek aan spasie, word ook aangespreek omdat moderne DVD-spelers kompak en klein is.
4.4.1.2 Voordele ten opsigte van organisatoriese aspekte
• DVD's is dinamies en kan leer onafhanklik fasiliteer, sodat die onderwyser in staat is om tussen leerders rond te beweeg en hulle te ondersteun(Best quest teaching systems, 2006);
• DVD's kan beide groep- en individuele onderrig fasiliteer (Best quest teaching systems, 2006);
• leerders kan moeiteloos van een afdeling na 'n volgende beweeg deur die insluiting van keuse-items, waardeur hulle so lank as wat nodig is met 'n aktiwiteit besig kan wees;
• keuse-items stel die onderwyser ook in staat om vinnig sekere gedeeltes op die DVD te selekteer, of stil te staan by sekere gedeeltes, en
• die omgewing laat ruimte vir aansporing, voorbeelde en ondersteuning aan leerders (Ram, 1996:89) aangesien leerders selfstandig werk met die DVD- program en onderwyseres in staat is om rond te beweeg en hulp te verleen waar dit nodig is.
Vervolgens sal kriteria waaraan DVD-programme as LOSM moet voldoen, beskryf word.
4.4.2 Kriteria waaraan DVD's as LOSM moet voldoen
4.4.2.1 Tegniese en organisatoriese aspekte
Butcher (2001:9) stel sekere kriteria voor wanneer die verryking van die leeromgewing deur middel van IKT (in hierdie geval DVD's) oorweeg word, naamlik: toeganklikheid, koste, interaktiwiteit en gebruikersvriendelikheid, asook organisatoriese kwessies. Daar sal telkens aangetoon word hoe DVD's aan die eise van elk van hierdie genoemde kriteria voldoen:
• Toeganklikheid
DVD-programme is toeganklik, buigbaar en eenvoudig genoeg dat grondslagfase- leerders dit maklik en selfstandig kan hanteer. Indien elke klas met twee of meer
DVD-spelers toegerus kan word, kan DVD-programme baie goed vir individuele, sowel as groepaktiwiteite gebruik word.
• Koste
DVD's as LOSM is meer koste-effektief as ander intervensies soos vermindering van klasgrootte of portuurgroeponderrig (Clements, 2002:162).
Draagbare DVD-spelers is goedkoper as die meeste IKT-hardeware, byvoorbeeld rekenaars. Indien dit nie moontlik is om 'n groot hoeveelheid DVD-spelers vir individuele of groepwerk aan te skaf nie, kan klasse alternatiewelik met een monitor en 'n DVD-speler toegerus word vir klassikale aktiwiteite. DVD's is ook goedkoop en herskryfbare DVD's kan gebruik word indien die onderwyser self programme wil saamstel wat aanpas by temas. Anders as die geval met rekenaars en rekenaarprogramme verander DVD-tegnologie nie vinnig nie en hoef DVD-spelers en DVD's nie deurentyd opgegradeer te word nie.
• Interaktiwiteit en gebruikersvriendelikheid
'n Groot mate van interaksie kan gefasiliteer word wanneer DVD-programme as LOSM gebruik word. Die onderwyser kan byvoorbeeld met afstandbeheer die program beheer, inligting byvoeg of hulp verleen waar nodig (vgl. par. 2.2.3.5).
DVD-skerms kan veelvuldige keuse-items vertoon en gee aan leerders groter vryheid om te kies. DVD-programme is so eenvoudig om te gebruik dat leerders selfstandig met die programme kan werk en keuses kan uitoefen ten opsigte van leeraktiwiteite en die hoeveelheid kere wat hulle 'n aktiwiteit wil herhaal.
• Organisatoriese kwessies
Daar is sekere organisatoriese vereistes en struikelblokke wat uit die weg geruim moet word sodat DVD-programme effektief gebruik kan word. Die grootste probleem is waarskynlik die veilige berging van die apparaat in 'n lokaal wat toesluit. Nog 'n moontlike probleem vir die grondslagfase, kan die hantering van
DVD's en DVD-spelers wees. In groot klasse kan dit 'n groot taak wees vir die onderwyser om te keer dat DVD-spelers val of DVD's gekrap word.
DVD-gebaseerde onderrig maak gebruik van onderrigleertegnieke wat aktief is, leerders se intellek stimuleer en aspekte soos verhoogde motivering gebruik om leer te fasiliteer, deur die integrering van DVD-programme (Kim, 2002). Vervolgens sal DVD- programme as LOSM beskryf word en faktore toegelig word wat in ag geneem behoort te word wanneer DVD-programme as LOSM in die grondslagfase gemtegreer word.
4.4.2.2 Die leeromgewing
Volgens die Departement van Onderwys behoort LOSM (in hierdie geval die DBS) die leeromgewing op die volgende wyses te verryk en te ondersteun (DvO, 2003b:37).
Vervolgens behoort DVD's as LOSM:
• klaskamergebaseerde aktiwiteite te ondersteun en te verryk;
• aan individuele behoeftes van leerders te voldoen;
• leerdergesentreerde onderrigleer in die klaskamer te versterk;
• geleenthede vir uitbreiding ten opsigte van verryking sowel as remediering te bied, en
• buigsaam/aanpasbaar en toepaslik te wees vir 'n verskeidenheid leerkontekste (bv platteland, stedelik en buitestedelike gebiede).
Die uitdaging le daarin om LOSM op DVD te ontwikkel, waar leermateriaal deur middel van woorde en beelde aangebied word, sodat die ouditiewe en visuele kanale van leerders hierdeur betrek word (Sorden, 2005:271) om meer effektiewe leer te fasiliteer.