VAARDIGHEDE IN DIE GRONDSLAGFASE
HOOFSTUK 4: DIE INTEGRERING VAN IKT EN MULTIMEDIA IN ONDERRIGLEER
4.2 Integrering van IKT en multimedia-LOSM
4.2.4 Voordele van IKT en multimedia-LOSM
Die gebruik en benutting van IKT en multimedia-LOSM kan dien as katalisator om effektiewe transformasie van die onderrigpraktyk en die opbou van hoe kwaliteit onderrig, te fasiliteer (Butcher, 2001:19). Literatuur beklemtoon die voordele wat IKT en multimedia-LOSM vir die onderwyser sowel as die leerder inhou (Butcher, 2001:8,18,19; Besio & Salminen, 2004:115; DvO, 2004:14; DvO, 2003b:14; The learning discovery centre team', 2006:73; Wartella et a/., 2000:15; Becta, 2003; Kim, 2002; Waters, 2002:1; Steyn & Dreyer, 2005:5).
4.2.4.1 Voordele vir die onderwyser IKT en multimedia-LOSM behoort voorts:
• aan onderwysers die geleentheid te gee om hul eie onderrigpraktyke te vernuwe, aan te vul en aan te pas;
• 'n verskeidenheid moontlikhede en voorstelle te bied, wat onderwysers vernuwend en skeppend sal laat dink;
• onderwysers in staat te stel om hoe kwaliteit LOSM voor te berei, wat klassikaal sowel as individueel gebruik kan word om onderrigleer te optimaliseer;
• dit vir onderwysers moontlik te maak om leerders se aandag op sleutelkonsepte te fokus;
• die bereiking van leeruitkomste te meet en te evalueer sodat realistiese uitkomste virtoekomstige leeraktiwiteite gestel kan word;
• onderwysers in staat te stel om individuele leerders se vordering ten opsigte van leertake maklik te monitor;
• onderwysers te help om leertake te stmktureer en die leerproses te bestuur;
• ondersteuning van leerders deur onderwysers ("scaffolding"), wat krities belangrik is vir leer by jong leerders, te fasiliteer;
• aan onderwysers toegang tot 'n groot verskeidenheid relevante en resente inligting, wat in die klaskamer gebruik kan word, te bied;
• onderwysers die geleentheid te gee om 'n wye verskeidenheid onderrigmetodes met die tradisionele onderrigmetodes te kombineer, en
die rol van die onderwyser te transformeer na die van bestuurder of fasiliteerder van die leerproses .
Die effektiewe integrering van die DBS as multimedia-LOSM in onderrigleer kan 'n antwoord wees op die vraag na meer effektiewe onderrigleer in ontwikkelende lande, wat op 'n koste-effektiewe wyse gefasiliteer word. DVD-programme, wat in onderrigleer geintegreer word, word deur verskeie outeurs beskou as 'n vorm van LOSM wat groot belofte inhou vir die fasilitering van meer effektiewe onderrigleer in die toekoms (Waters, 2002:1; Kim, 2002; Steyn & Dreyer, 2005:5).
Ontwikkelinge op die gebied van multimedia-LOSM het grootliks daartoe bygedra om die mite dat die onderwyser die bron van alle kennis behoort te wees, uit die weg te ruim. Effektiewe integrering van IKT en multimedia-LOSM noodsaak 'n paradigmaskuif weg van tradisionele onderrigleer (Selwyn et al., 2001:255; Maor & Taylor, 1995:133)
na leerdergesentreerde onderrigleer, waarin die rol van die onderwyser die van fasiliteerder en bestuurder van die onderrigleergebeure is. Altematiewe databronne soos video-insetsels, dialoog, animasie, woord en teks, kan op multimedia-LOSM ingesluit word, ten einde onderrigleer te verryk en leeruitsette te verhoog. Multimedia- LOSM kan op hierdie wyse bydra om die regering se visie van die onderwyser as fasiliteerder van leer (DvO, 2002a:9) moontlik te maak en die transformasie van die onderwyser se rol na fasiliteerder van die leerproses te bewerkstellig (Butcher, 2001:18).
4.2.4.2 Voordele vir leerders
Verskeie outeurs is dit eens dat multimedia-LOSM voordele vir die onderwyser, sowel as die leerder inhou (Butcher, 2001:8,18,19; Besio & Salminen, 2004:115; DvO, 2004:14; DvO, 2003b:14; The learning discovery centre team', 2006:73; Wartella et al., 2000:15; Becta, 2003; Kim, 2002).
Volgens hierdie outeurs sluit die integrering van IKT en multimedia-LOSM voordele vir die leerder in en beskik dit vervolgens oor die potensiaal om:
• kreatiwiteit, kommunikasie, samewerking en aktiewe betrokkenheid by leerders te bevorder;
• leerders in staat te stel om op betekenisvolle wyse met inligting in interaksie te tree en in die proses hoe-ordedenkvaardighede soos begrip, redenering,
probleemoplossing en kreatiwiteit te ontwikkel;
• leerders se belangstelling te prikkel en produktiwiteit en motivering te verhoog, omdat leerders leerervarings as vermaaklik, stimulerend en uitdagend beleef;
• leerders voor te berei vir die kennisgemeenskap;
• leerders in staat te stel om kennis wat verwerf is, toe te pas op alledaagse situasies in die werklike lewe, omdat leerinhoud gebaseer is op leerders se leefwereld, ervaring en belangstellingsveld;
• leerders in staat te stel om hul eie leeraktiwiteite te bestuur;
• aan leerders makliker toegang tot inligting te gee, deur navraag en navorsing;
• te voldoen aan leerders se behoefte aan onderrigmetodes wat aanpas by hul aktiewe lewens en hul belangstelling stimuleer in 'n toenemend afleibare gemeenskap;
• leerders met leerprobleme, agterstande of spesiale probleme te ondersteun, deur geleentheid te kry om te eksperimenteer met verskillende leergeleenthede en op hierdie wyse te voldoen aan een van die sleutelbeginsels van die regering se beleid vir Vroee Kinderontwikkeling, naamlik insluiting van leerders met leerprobleme en spesiale onderwysbehoeftes (DvO, 1997:27);
• positiewe leerervaringe moontlik maak, wat lei tot groter selfvertroue en selfstandigheid;
• samewerking tussen leerders te bevorder en leerders te help om sosiale verhoudinge te ontwikkel wat nie andersins moontlik sou gewees het nie;
• die wisselende vlakke van leerders se vermoens binne 'n enkele graad in ag te neem en voorsiening te maak vir differensiasie, sodat elke individuele leerder ondersteun kan word om sukses te behaal en sy/haar voile potensiaal te ontwikkel;
• toepaslik te wees vir leerders se ouderdom, belangstelling en uiteenlopende behoeftes;
• gebruikersvriendelik te wees;
• aktiewe deelname en genotvolle leer en onderrig te stimuleer, en
• leerders in staat te stel om selfstandig te werk en aktief betrokke te wees, terwyl onderwysers aanmoedig, bevraagteken, voorse en demonstreer.
Navorsing beklemtoon ook die voordele wat IKT en multimedia-LOSM spesifiek vir jong leerders soos die in die grondslagfase inhou (Clements, 2002:162-166; Hawthorne, 2002:289; James, 1999:56, 62; Besio & Salminen, 2004:116; Kankaanranta, 2003).
Volgens hierdie navorsers kan die integrering van IKT en multimedia-LOSM tydens onderrig van jong leerders soos vo|g bydra om:
• wiskundige prosesse, diep konseptuele denke en metakognisie effektief te fasiliteer;
• dril- en praktiese oefeninge ten opsigte van wiskundige vaardighede soos getalbegrip, sortering, tel en probleemoplossing, te bevorder;
• kennis wat deur middel van IKT en multimedia-LOSM gefasiliteer is (byvoorbeeld wiskunde), maklik oor te dra na ander leerareas (soos lees van kaarte);
• jong leerders aan te moedig om keuses uit te oefen, besluite te neem, strategiee te verander en krities te dink;
• onmiddellike terugvoer te gee aan leerders, wat hulle self kan interpreteer;
• jong leerders in staat te stel om kooperatief te werk met minimale instruksie en toesig, na die aanvanklike bekendstelling aan multimedia-LOSM en IKT;
• aan jong leerders kennis van hulself as leerders te gee en in die proses te vorder tot outonome leerders;
• aan leerders 'n groot mate van vryheid te gee deur die interaktiewe aard wat multimediateks bied, en
• op 'n vroee ouderdom reeds sekere vaardighede ten opsigte van IKT en multimedia-LOSM by leerders te fasiliteer, wat weer 'n positiewe invloed op hul selfbeeld en selfvertroue het.
Die leefwereld van jong kinders het drasties verander gedurende die laaste dekades.
Jong kinders word groot met IKT as noodsaaklike en natuurlike deel van hul daaglikse lewens (Kankaaranta, 2003). Leerders moet reeds in die grondslagfase voorberei word om aktiewe en selfgereguleerde leerders en deelnemers aan die plaaslike gemeenskap en inligtingsgemeenskap te word.
Vanuit 'n konstruktivistiese oogpunt vereis leer selfregulering en die bou van konseptuele strukture deur middel van refleksie en abstraksie (Von Glaserfeld, 1995:14). Die konstruksie van kennis in plaas van die blote reprodusering daarvan, word ook tydens multimedialeer beklemtoon (vgl. par. 2.2.3.2.). Die bestaande vlak van
kennis van die leerders word oorweeg tydens die konstruksie van kennis (Prawat, 1996:215-220) en probleemoplossing, hoe-ordedenke en diep leer word aangemoedig.
Tydens multimedialeer word leerinhoud deur middel van veelvoudige aanbiedingformaat (visueel en ouditief) aangebied. Op hierdie wyse help multimedia
leer om begrip te bou, diversiteit in leerders se leer- en denkbenaderings in ag te neem tydens onderrigleer en leerervaringe te verryk (Kafai et a/., 1998:178).
Multimedia-aanbiedings is vir die meeste leerders baie meer vermaaklik ("entertaining") as om na 'n onderwyser se aanbieding of lesing te luister of 'n boek te lees (Munro &
Rice-Munro, 2004:30,31). Spel vorm 'n integrale deel van die wyse waarop kinders leer. Spel en die gepaardgaande genot is die basis of grondslag waarop groter beheersing van die wereld gevestig word en het dus 'n baie belangrike invloed op die leerproses van 'n kind (Druin & Solomon, 1996:66). Kinders leer en groei op sosiale, intellektuele en selfs fisiese wyse deur spel (Wartella et a/., 2000:9). Die spelelement wat met multimedia-LOSM deur middel van aspekte soos animasie en interaktiewe
karakters gefasiliteer word, kan dus 'n groot invloed op die sukses van die DBS- program uitoefen.
Multimedia-LOSM kan 'n bydrae lewer om alle leerders en spesifiek ook die leerders met aandagafleibaarheid te help, omdat leerders se belangstelling deur middel van multimedia-LOSM gewek word en verhoogde belangstelling en motivering ten opsigte van leertake gefasiliteer word (Antonietti & Giorgetti, 2004:270). Aangesien lewenswerklike en resente leermateriaal deur middel van multimedia-LOSM gefasiliteer kan word, is leerders meer gemteresseerd en gemotiveerd om te leer (Antonietti &
Giorgetti, 2004:269). Integrasie van multimediaprogramme met ander leerervarings,
verryk leer en het tot gevolg dat leerders verbande sien en leerervarings nie as ge'i'soleerde afdelings beleef nie (Kafai etal., 1998:178).
Leerders bestuur hul eie leeraktiwiteite tydens die integrering van DVD-programme omdat hulle self besluit watter aktiwiteite hulle gaan doen en hoeveel tyd aan die gekose aktiwiteit bestee gaan word. Persoonlike outonomie en leerderkontrole word bevorder omdat leerders in 'n groot mate hul eie leer bestuur met DVD-programme. Die ondersoek van foute word aangemoedig wanneer leerders hul eie antwoorde assesseer en die korrekte antwoorde vergelyk met hul eie antwoorde. Metakognitiewe vaardig- hede word op hierdie wyse ontwikkel, omdat leerders aangemoedig word om oor hul eie leer na te dink en te besin. Dit is dus duidelik dat DVD's baie voordele vir onderrigleer inhou en as 'n geskikte vorm van LOSM beskou kan word.
Ten einde multimedia-LOSM te ontwikkel wat onderrig en leer sal ondersteun en verryk, is dit nodig dat daar na belangrike ontwerpbeginsels gekyk word.