VAARDIGHEDE IN DIE GRONDSLAGFASE
Leeruitkoms 4: Skryf
3.3.3 Fases in lees- en spelontwikkeling
heeltaalbenadering kan ook nie net so toegepas word tydens die ontwikkeling van multimedia-LOSM nie, omdat hierdie benadering bestaande literatuur as leesmateriaal gebruik, terwyl multimedialeesmateriaal vir die DBS (stories, versies, leesstukke en liedjies) self geskryf word, of beskikbare leesmateriaal vereenvoudig of aangepas word om multimediateks (stories, versies, liedjies en leesstukke) te voorsien wat aan die behoeftes van 'n spesifieke groep leerders voldoen.
3.3.2.3 Die gebalanseerde benadering (eklektiese benadering)
Uit bogenoemde blyk duidelik dat daar nie van 'n enkele benadering alleen gebruik gemaak kan word tydens die ontwikkeling van multimedia-LOSM deur middel van die DBS nie. 'n Gebalanseerde of eklektiese benadering ten opsigte van geletterdheid sal dus gevolg word, waarin die sterk punte en relevante aspekte uit verskillende benaderings gekombineer en ge'i'ntegreer word. Die gebalanseerde benadering wat deur die onderwysdepartement aanbeveel word, is nie 'n leesbenadering nie, maar eerder 'n ingesteldheid ten opsigte van lees-, spel- en algemene geletterdheidsonderrig waarin die sterk punte van elke benadering gekombineer word, 'n Belangrike komponent van die gebalanseerde geletterheidsbenadering is om leerders te leer spel deur klanke in verband met letters te bring (Joubert etal., 2006:251).
Relevante beginsels uit die ge'i'ntegreerde heeltaalbenadering en die taalervarings- benadering soos integrasie van lees- en skryfaktiwiteite tydens geletterdheidsonderrig, gesamentlike ontwikkeling van lees en skryf, die belangrikheid van betekenisvolle en relevante leesmateriaal asook beklemtoning van leesbegrip, sal volgens 'n gebalan
seerde benadering toegepas word tydens die ontwikkeling en implementering van multimedia-LOSM via die DBS.
Vervolgens sal die fases van lees- en spelonderrig binne 'n gebalanseerde benadering in die grondslagfase toegelig word.
Die bemeestering van lees- en spelvaardighede geskied in fases. Hierdie fases staan nie los van mekaar nie, maar is verwant en ondersteun mekaar. Terwyl die vordering van een fase tot die volgende fase afhanklik is van die bemeestering van elk van die vorige fases, kan leerders dus gedurende hul skooljare in soveel as twee tot drie fases funksioneer.
Gedurende verskillende fases is lesers op verskillende maniere kognitief betrokke, en speel faktore soos oogbewegings, leesspoed, die skenk van aandag aan die deko- deringsproses, vlotheid en fokus op betekenis 'n rol tydens die leesproses. Hierdie faktore verander voortdurend gedurende die ontwikkelingsprosesse van lesers (Heyns,
1993:12-13) en behoort in ag geneem te word tydens die ontwikkeling van LOSM vir 'n spesifieke groep leerders. LOSM behoort ook voorsiening te maak en te kompenseer vir gapings by individuele leerders sodat agterstande ten opsigte van lees en spelling uit die weg geruim kan word. Hoe meer gapings daar in die vroee fases ontstaan, hoe geringer is die waarskynlikheid dat so 'n leerder in 'n volgende fase na wense sal vorder.
Om die proses van leesontwikkeling te begryp, is 'n uiteensetting van die fases van leesontwikkeling nodig. Die volgende fases word tydens leesontwikkeling onderskei (Johnson & Sulzby, 1999; Joubert et a/., 2006:105).
3.3.3.1 Fases in leesontwikkeling
Verskeie teoretici soos Lerner (1993), Mercer (1997) en Smith (1994) is dit eens dat onervare lesers deur fases van leesontwikkeling gaan voordat hulle doeltreffende, onafhanklike lesers word (Esterhuyse, 1997:42). Sodra leerders vlot begin lees, kan daar byvoorbeeld van hulle verwag word om meer aandag aan begrip en dekoderings- vaardighede te gee tydens leesonderrig (Joubert et a/., 2006:105).
• Ontluikende lesers
Hierdie lesers kan nog nie lees nie. Hierdie fase begin by geboorte en strek deur die hele aanvangsleesfase tot skooltoetrede. Volgens Latsky (1998:27) behels hierdie fase die ontwikkeling van taalvaardighede, persepsie, kognitiewe denke, motoriese vaardighede, aandagspan en konsentrasie. Tydens hierdie fase begin onervare lesers om die alfabetletters te herken en hulle eksperimenteer met letters en klanke, asook letterassosiasie (fonemiese bewustheid), juis omdat leerders
baie nuuskierig en leergierig is oor letters en woorde. Hulle verstaan dat woorde uit dele bestaan en dat hierdie dele gebruik kan word om ander woorde te vorm.
• Beginnerlesers en vroee lesers
In hierdie fase kan lesers geselekteerde teks lees nadat daar 'n inleiding deur die onderwyser gegee is. Vroee lesers gee aandag aan teks en pas fonetiese beginsels toe. Leerders kan ook 'n enkele woord deur middel van sigwoordeskat herken en kan in 'n mate ag gee aan aspekte soos grammatikale leidrade en voorkennis.
• Oorgangslesers
Oorgangslesers is in staat om onbekende teks meer onafhanklik te lees. Hul sigwoordeskat is groter. Fonetiese spelling word nog tydens hierdie fase toege- pas, maar die spelling is leesbaar. In die meeste gevalle word die oorgang in beide lees en- spelvermoe waargeneem.
• Vaardige lesers of lesers wat vlot (vloeiend) kan lees
Vaardige lesers gebruik alle beskikbare inligting om 'n groot verskeidenheid onbekende teks te lees. Lesers wat vlot lees, kan lees vir betekenis en gee minder aandag aan dekodering. Hulle kan ook probleme in die teks onafhanklik oplos.
Die verwerwing van spelvaardighede verloop op soortgelyke wyse volgens fases en kan as volg uiteengesit word:
3.3.3.2 Fases in spelontwikkeling
Volgens Davin en van Staden (2005:125) ontwikkel jong kinders se spelverwerwing op soortgelyke wyse volgens sekere fases wat uiteindelik in die vermoe om te kan spel, ontwikkel. Navorsing oor die afgelope dekade het nuwe perspektiewe ten opsigte van spelonderrig gebring en bewys dat die aanleer van spelreels 'n komplekse ont- wikkelingsproses is (Lutz, 1986). Lees- en spelonderrig ondersteun mekaar en berus op dieselfde kennisstrukture, byvoorbeeld die verwantskap tussen letters en klanke.
Wanneer leerders se spelvermoe verbeter, verbeter hul leesvermoe terselfdertyd en
omgekeerd (Moats, 2006). Lees- en spelonderrig is dus 'n parallelle proses wat 'n op geintegreerde wyse mekaar moet aanvul en ondersteun. Spelling behoort dus nie in isolasie onderrig te word met die klem op memorisering nie.
Volgens Lutz (1986) kan onderwysers 'n leerders help om strategiee te ontwikkel om hul spelling progressief te verbeter sodra die fase van spelontwikkeling waarin leerders hul bevind, ge'i'dentifiseer is. Die volgende fases word ten opsigte van die grondslag- fase leerder se spelvermoe onderskei (Joubert et a/., 2006:251; Block, 2001:420-422;
Sampson et a/., 2003:325,326):
• Ontluikende spelling
Leerders raak bewus van letters en eksperimenteer met die skryf van name en voorwerpe in die omgewing. Hierdie fase staan ook as die prefonetiese of krabbelfase bekend wanneer jong kinders onverstaanbaar skryf of krabbel sonder om in staat te wees om 'n letter-klankverwantskap te demonstreer. Die jong kind dink dat sy krabbels woorde voorstel.
• Semifonetiese fase of prefoneemfase
Tydens hierdie fase kom leerders agter dat letters sekere woorde vorm. Hulle dink op hierdie stadium dat een enkele letter 'n woord verteenwoordig. Herkenbare letters begin nou verskyn, maar kan nog nie aan bepaalde klanke (foneme) gekoppel word nie. Klankleer en fonemiese bewussyn word deur middel van blootstelling aan aktiwiteite soos voorlesing uit boeke, etikettering van voorwerpe in die omgewing en 'n "print rich"-omgewing bevorder sodat leerders geleidelik begryp dat sekere letters en klanke bymekaar pas. In die semifonetiese fase kan onderwysers fonemiese bewustheid, die alfabet, letter-klankooreenkomste, die konsep van "woorde" en links-na-regsrigtingsbewustheid fasiliteer (Lutz, 1986;
Moats, 2006).
• Fonetiese fase of letternaamfase
Leerders kan op hierdie stadium letters benoem. Hulle skryf op hierdie stadium slegs die klanke wat hulle hoor en sal byvoorbeeld "ba" in plaas van "bal" skryf.
Formele spelleer kan nou plaasvind en leerders begin spelpatrone raaksien. In
die fonetiese fase kan die konteks van skryf, spelpatrone, fonetiek en woord- strukture aan leerders bekend gestel word (Lutz, 1986).
• Die oorgangsfase (approximal stage)
Leerders begin visuele beelde van woorde as geheel onthou soos hul eie naam, hul vriende se name en hoefrekwensiewoorde. 'n Visuele geheue vir letters word dus ontwikkel. Die vermoe om hoefrekwensiewoorde en bekende woorde te herken, staan ook bekend as sigwoordeskat (Wren, 2001:24). Volgens Strickland (soos aangehaal deur Joubert et al., 2006:252) verstaan leerders in hierdie fase die alfabetiese beginsel al beter en gebruik hulle hul kennis van lettergreep- verdeling, voorvoegsels en agtervoegsels, stamwoorde en verwante woorde, om nuwe woorde te spel. Leerders spel in die oorgangsfase steeds in 'n groot mate foneties (Sampson et al., 2003:326). In hierdie oorgangsfase kan spelreels en woorde wat op dieselfde wyse gespel word, op geintegreerde wyse deur middel van 'n leesprogram soos die DBS-multimediaprogram aangeleer en ingeskerp word. Doelgerigte en sinvolle leesaktiwiteite soos die skryf van boodskappe, lyste,
planne, briewe, stories, speletjies, liedjies en versies sal kognitiewe groei ten opsigte van spelling bevorder (Lutz, 1986). Op hierdie wyse word spelonderrig met doelgerigte skryf, eerder as met memoriseringsaktiwiteite geassosieer.
• Onafhanklike fase (konvensionele of standaardspelling)
Leerders begin 'n eie woordeskat en skryfstyl ontwikkel wat aangepas word tot in volwassenheid. Spelling is vir die meeste leerders 'n natuurlike proses en hulle spel op hierdie stadium die meeste woorde korrek (Sampson et al., 2003:326).
Wanneer leerders die konvensionele of standaardfase bereik van korrekte spelling, is hulle - soos die meeste volwassenes - al in staat om hul spelling self te redigeer deur 'n woordeboek of rekenaar te gebruik (Joubert et al., 2006:254). Die uiteindelike doel met enige leer-en ondersteuningsprogram, sal dus wees om leerders te begelei tot die onafhanklike fase in spelling. Die DBS-program sal dus daarop fokus om leerders, beide ten opsigte van lees en spelling, te laat vorder tot vaardige lesers wat vlot kan lees en onafhanklik woorde kan spel.
Namate die kompleksiteit van die inhoud toeneem, benodig die leerder of 'n breer en dieper mate van vorige kennis en agtergrond of die onderwyser moet agtergrondkermis voorsien voordat lees suksesvol kan wees. In die laaste instansie mag 'n leser op enige gegewe tydstip in sekere kognitiewe en taalgewoontes volhard, wat uiteindelik die oorgang na die volgende fase mag vertraag.