VAARDIGHEDE IN DIE GRONDSLAGFASE
Leeruitkoms 4: Skryf
3.3.2 Onderrigleerbenaderings ten grondslag van lees en spelling
Vervolgens sal die verskillende onderrigleerbenaderings wat gevolg kan word om lees en spelling te fasiliteer, toegelig word. Die ge'i'ntegreerde heeltaal-, die taalervarings- en die gebalanseerde benadering sal bespreek word.
3.3.2.1 Die ge'i'ntegreerde heeltaalbenadering
Harste en Burke (1977:32) was die eerste persone wat die term "heeltaal" gebruik het toe hulle lees gedefinieer het as 'n psigolinguistiese proses waartydens leerders
interaktief betrokke is by die teks wat gelees word. Psigolinguisme kan beskryf word as 'n studie van die kind in sy omgang met taal as kommunikasiemiddel. 'n Psigo
linguistiese benadering tot lees impliseer dat die onderwyser eers kyk wat die leser doen met die leesteks en op grand van daardie bevindinge 'n leesstrategie ontwerp wat gegrond is op individuele behoeftes van daardie leser (Harste & Burke, 1977:32).
Tydens die ge'i'ntegreerde heeltaalbenadering word beklemtoon dat werklike begrip en leer nie in isolasie gefasiliteer word nie (Joubert, et al., 2006: 96; Davin & Van Staden, 2005:80). Indien geletterdheidsaspekte in isolasie onderrig word (byvoorbeeld woord
herkenning alleen), sal leerders nie oor die nodige konsepte beskik om hierdie vaardigheid te bemeester nie (Johnson & Sulzby, 1999). Geletterdheid kan beter
gefasiliteer word as die verskillende komponente van geletterdheid ge'i'ntegreer word tydens leer. Geletterdheidsaktiwiteite behoort nie gereserveer te word vir bepaalde tye van die skooldag nie, maar moet ge'i'ntegreer word met alles wat tydens die skooldag gebeur. Die klem moet val op integrasie van luister, praat, lees en skryf binne 'n tematiese benadering met die siening dat die geheel van groter belang is as die som van onderdele en dat subvaardighede nie onderrig behoort te word nie (Davin & van Staden, 2005:80, 81). Funksionele en betekenisvolle gebruik van taal word beklemtoon en daar word van die standpunt uitgegaan dat taal die beste aangeleer word wanneer daar op gebruik van taal en betekenis gefokus word (Tierney et al., 1990:27).
Verskeie outeurs is dit eens dat die geintegreerde heeltaalbenadering baie voordele vir geletterdheid inhou (Joubert, et al., 2006:95, 96; Gentry; 1987:42; Hajek; 1984:39;
Thompson, 1992:153; Strickland, 1990:20). Hierdie voordele sluit die volgende aspekte in:
• die belangrikheid van taalonderrig as 'n geheel word beklemtoon in kontras met die vaardigheidsgeorienteerde benadering wat geassosieer word met die geheel- na-deleteorie van lees;
• taalontwikkeling word bevorder omdat klem gele word op die oorspronklike doel van taal, naamlik om die mens in staat te stel om met begrip te kan kommunikeer;
• leerders ervaar die verband tussen lees en skryf en is gemotiveerd omdat hul eie ondervinding van taal gebruik word as vertrekpunt om lees en skryfvaardighede aan te leer;
• leerders sien hulself as outeurs;
• leerders word aangemoedig om spelling spontaan en selfstandig te ontdek;
• 'n verskeidenheid leerstrategiee word ontwikkel;
• 'n natuurlike moeilikheidsgraad word ingebou omdat leerders self die teks dikteer;
• die heeltaalklaskamer is begrips- en leerdergeorienteerd;
• omdat leerders aktief betrokke is by lees- en skryfaktiwiteite, het dit onmiddellike betekenis en is leerders meer gemotiveerd, en
• leesbegrip, sowel as selfbeeld, word bevorder.
Ten einde suksesvolle implementering te verseker, is dit nodig om aan sekere voorwaardes te voldoen wanneer die geintegreerde heeltaalbenadering gevolg word.
Hierdie voorwaardes sluit die volgende in:
• Taalaktiwiteite behoort betekenisvol te wees en leersituasies behoort te korreleer met werklike kommunikasiesituasies uit die leerder se lewe (Joubert et a/., 2006:105; Davin & Van Staden, 2005:80; Block, 2001:243).
• Die klaskameromgewing behoort verryk te word met interessante lees- en skryfhoekies, boodskappe, klaskoerante en ander gedrukte materiaal wat die leerders se belangstelling sal wek (Strickland, 1990:21).
• Die natuurlike ontwikkeling van taalvaardighede of -bevoegdhede deur bloot- stelling aan volledige literatuurgedeeltes (whole selections) moet gefasiliteer word met die klem op genot en plesier van lees (Block, 2001:243).
• Lees moet progressief gefasiliteer word van die geheel tot die dele, van algemeen tot spesifiek, van bekend tot onbekend, van vaag tot duidelik en van konteks tot abstrak (Goodman & Goodman, 1981:5).
• Daar behoort voorsiening gemaak te word vir outentieke en funksionele geletterdheidsaktiwiteite waarby die kind doelgerig betrokke is, aangesien lees aangeleer word deur aktiewe betrokkenheid (Thompson;1992:132).
Die geintegreerde heeltaalbenadering kan as 'n goeie vertrekpunt geneem word vir die ontwikkeling van multimedia-LOSM deur middel van die DBS om lees en spelling te fasiliteer. LOSM op die DBS is ontwikkel rondom temas wat betekenisvol is en op leerders se eie ervaring en behoeftes gegrond is. Daar is ook seker gemaak dat lees- en spelonderrig korreleer en aansluit by bekende situasies van leerders, sodat leerders dit as betekenisvol kon ervaar. Betekenisvolle en funksionele lees- en spelaktiwiteite wat deur middel van stories, versies en liedjies gefasiliteer is op die DBS, het doelgerigtheid, motivering en aktiewe betrokkenheid van leerders bevorder. Deur geintegreerde lees- en spelonderrig kon leerders ook die verband tussen lees- en skryfaktiwiteite ervaar. 'n Voorbeeld hiervan is die eerste tema, "Vrugte", waar die storie "Pret met pruime" as leesmateriaal gebruik is en woorde uit die storie gebruik is om woordherkenning, spelling en leesbegrip in te oefen. Temaverwante stories, versies en liedjies, is as volledige literatuurgedeeltes op die DBS aangebied en die genots-
aspek van lees en spel is deurentyd beklemtoon. Progressie is op 'n natuurlike wyse ingebou by al die geletterdheidsaktwiteite deur, in ooreenstemming met die psigo- linguistiese siening, eers die geheel (storie of leesstuk) te behandel en daarna te beweeg na dele, byvoorbeeld die inoefening van woordherkenning, klanke en begrips- vrae wat leerders na 'n storie of leesstuk moes beantwoord.
3.3.2.2 Die taalervaringsbenadering
Tydens die taalervaringsbenadering/ "language experience approach", wat as een van die komponente van die heeltaalbenadering beskou word, word die leerder se eie ondervinding van taal (soos vir die ge'integreerde heeltaalbenadering) gebruik om praat-, luister-, lees- en skryfvaardighede aan te leer (Joubert et al., 2006:95). Nog 'n ooreenkoms tussen die taalervaringsbenadering en die ge'integreerde heeltaalbenadering, is dat die klem sterk val op die integrasie van luister, praat, lees en skryf volgens 'n tematiese benadering. Hierdie vaardighede word gelyktydig aangeleer en gebruik om mekaarte versterk (Block, 2001:160).
Lees word op 'n natuurlike wyse met alledaagse skryfaktiwiteite gekombineer. Tydens fasilitering van die taalervaringsbenadering (ook die taalbelewenisbenadering genoem), kan die leerder byvoorbeeld sy eie ervaringe vanuit sy bekende leefwereld aan die klas vertel. Die onderwyseres skryf die leerder se ervaring neer in eenvoudige woorde (teks) en die leerder kan by die geskrewe teks teken (dit illustreer). Hierna kan die leerder, of die hele klas, die geskrewe teks "lees" (Joubert et al., 2006:95).
Die taalervaringsmetode is gewortel in die psigolinguistiese teorie. Lees word op begrip en betekenisafleiding gerig en leerders leer op natuurlike wyse lees. Onderrig begin by eerstehandse ervaring van leerders, byvoorbeeld 'n uitstappie na die brandweer, gevolg deur mondelinge mededelings deur leerders. Die onderwyseres skryf neer waaroor leerders praat en dit kulmineer in leesstukke (Flanagan, 1995:33) wat herhaaldelik deur die klas (onder leiding van die onderwyseres) gelees word. Hierdie benadering lei leerders om kontekstuele leidrade te gebruik wanneer woorde in 'n geskrewe teks ontsyfer moet word.
Dit is duidelik dat die heeltaal- en taalervaringsbenadering baie nou verweef is. Beide die benaderings benut die verband en gesamentlike ontwikkeling van skryf en lees en beklemtoon die belangrikheid van betekenisvolle taal en motivering. Die grootste verskil tussen die twee benaderings, is dat die ge'integreerde heeltaalbenadering
hoofsaaklik literatuur gebruik wat in die handel beskikbaar is, teenoor die taalervaringsbenadering wat leerders se eie skryfpogings asook teks wat leerders dikteer, as lees- en skryfmateriaal gebruik. Die ooreenkomste en verskille tussen
hierdie twee benaderings word in tabel 3.2 aangetoon.
Tabel 3.2 Die ooreenkomste en verskille tussen die ge'i'ntegreerde heeltaalbenadering en die taalervaringsbenadering
Die ge'i'ntegreerde heeltaalbenadering Die taalervaringsbenadering Benaderingswyse
Beklemtoon gesamentlike ontwikkeling van alle geletterdheid volgens betekenisvolle aktiwiteite.
Leerders se eie ondervinding van taal gebruik om praat, luister, lees en skryfvaardighede aan te leer.
Die geheel is van groter belang as die som van onderdele en subvaardighede behoort nie onderrig te word nie.
Daar word gefokus op betekenisvolle taal en die gebruik van taal.
Die ge'i'ntegreerde heeltaalbenadering Die taalervaringsbenadering Ooreenkomste
Onderrig van vaardighede - praat, luister, lees en skryfvaardighede word gelyktydig aangeleer en gebruik om mekaar te versterk.
Leerders ervaar die verband tussen lees en skryf deur die gebruik van betekenisvolle taal.
Leerders is gemotiveerd omdat hul eie taal gebruik word as vertrekpunt en leesbegrip bevorderword.
Gestruktureerde leesmateriaal, voorgeskrewe leesboeke en leesreekse word vermy.
Verskille
Gebruik hoofsaaklik literatuur wat in die handel beskikbaar is.
Gebruik hoofsaaklik leerders se eie
bydraes uit hul ervaringsveld, wat deur die onderwyseres neergeskryf word, as lees- en skryfmateriaal.
Tydens die ontwikkeling van multimedia-LOSM om lees- en skryfvaardighede te fasiliteer, sal die taalervaringsbenadering nie as uitgangspunt gebruik kan word vir voorafvervaardigde multimedia-LOSM nie, omdat die taalervaringsbenadering teks wat leerders dikteer en deur die onderwyseres neergeskryf word, as leesmateriaal gebruik.
Die benadering kan wel in aanvulling met multimedia-LOSM gebruik word tydens klassikale aktiwiteite, wat deur die onderwyseres gefasiliteer word. Die ge'i'ntegreerde
heeltaalbenadering kan ook nie net so toegepas word tydens die ontwikkeling van multimedia-LOSM nie, omdat hierdie benadering bestaande literatuur as leesmateriaal gebruik, terwyl multimedialeesmateriaal vir die DBS (stories, versies, leesstukke en liedjies) self geskryf word, of beskikbare leesmateriaal vereenvoudig of aangepas word om multimediateks (stories, versies, liedjies en leesstukke) te voorsien wat aan die behoeftes van 'n spesifieke groep leerders voldoen.
3.3.2.3 Die gebalanseerde benadering (eklektiese benadering)
Uit bogenoemde blyk duidelik dat daar nie van 'n enkele benadering alleen gebruik gemaak kan word tydens die ontwikkeling van multimedia-LOSM deur middel van die DBS nie. 'n Gebalanseerde of eklektiese benadering ten opsigte van geletterdheid sal dus gevolg word, waarin die sterk punte en relevante aspekte uit verskillende benaderings gekombineer en ge'i'ntegreer word. Die gebalanseerde benadering wat deur die onderwysdepartement aanbeveel word, is nie 'n leesbenadering nie, maar eerder 'n ingesteldheid ten opsigte van lees-, spel- en algemene geletterdheidsonderrig waarin die sterk punte van elke benadering gekombineer word, 'n Belangrike komponent van die gebalanseerde geletterheidsbenadering is om leerders te leer spel deur klanke in verband met letters te bring (Joubert etal., 2006:251).
Relevante beginsels uit die ge'i'ntegreerde heeltaalbenadering en die taalervarings- benadering soos integrasie van lees- en skryfaktiwiteite tydens geletterdheidsonderrig, gesamentlike ontwikkeling van lees en skryf, die belangrikheid van betekenisvolle en relevante leesmateriaal asook beklemtoning van leesbegrip, sal volgens 'n gebalan
seerde benadering toegepas word tydens die ontwikkeling en implementering van multimedia-LOSM via die DBS.
Vervolgens sal die fases van lees- en spelonderrig binne 'n gebalanseerde benadering in die grondslagfase toegelig word.