• Tidak ada hasil yang ditemukan

Begripsverklarings en definisies

Dalam dokumen die effek van 'n multimedia digitale (Halaman 30-34)

BYLAES

HOOFSTUK 1: INLEIDING EN PROBLEEMSTELLING

1.6 Begripsverklarings en definisies

Die begrippe wat in hierdie studie gebruik word, sal vervolgens verklaar en/of gedefinieerword:

1.6.1 Grondslagfase

In Suid-Afrika bestaan die grondslagfase uit graad R (ontvangsjaar) tot en met graad 3 en vorm deel van Vroee kinderontwikkeling of "Early childhood development" (ECD) (DvO, 1997:3). Vroee kinderontwikkeling is 'n sambreelterm wat verwys na die proses- se waardeur kinders van nul tot nege jaar op fisieke, geestelike, emosionele, morele en sosiale groei en floreer.

1.6.2 E-leer

E-leer verwys na leer wat gefasiliteer word met die ondersteuning van IKT (DvO, 2004:7). E-leer is dus leer wat ondersteun word deur digitale elektroniese hulpmiddels- en media en kan onder andere die gebruik van die internet, CD/DVD, rekenaar-

programme, video's, webtuistes, multimedia-aanbiedings en telekommunikasie insluit (DvO, 2004:16). In die Suid-Afrikaanse konteks, verwys die begrip e-leer na die gebruik van IKT om die bereiking van nasionale doelwitte vir onderwys te versnel (DvO, 2004:14).

E-leer ondersteun sistematiese pedagogiese hervorming en verbeterde onderrig deur die gebruik van bronne soos IKT (DvO, 2004:14). E-leer word ook bestempel as fleksieleer deur die gebruik van IKT-bronne, -hulpmiddels en -toepassings wat fokus op toegang tot inligting, interaksie tussen leerders, onderwysers en die IKT-verrykte omgewing, samewerkende leer en die vervaardiging van materiaal, bronne en leerervarings (DvO, 2004:15,16).

1.6.3 Mobiele leer

Daar word na m-leer verwys wanneer elektroniese leer deur middel van mobiele hulp­

middels gefasiliteer word (Milrad, 2002; Sharma & Kitchens, 2004). Voorbeelde van mobiele-leertoestelle is draagbare rekenaars en DVD-spelers wat enige tyd en op enige plek gebruik kan word. Verskeie moderne draagbare DVD-spelers beskik oor herlaai- bare batterye en is dus nie afhanklik van elektrisiteit nie. Mobiele IKT het die paradigma van hoe, waar en wanneer leer gefasiliteer kan word, verander. Die gebruik van DVD- spelers en -programme as LOSM is 'n voorbeeld van elektronies-mobiele leer wat aangewend kan word om leeruitsette te verhoog (Kim, 2002) en behoort in die toekoms in 'n groter mate aangewend te word tydens onderrigleer.

1.6.4 DVD

'n Digitale videodisket (DVD) verwys na 'n videoskyf of disket (Odendaal et al., 1994:152) wat inligting aanbied in die vorm van simbole (Kennewel; 2004:4). Omdat die term DVD bekend is en algemeen gebruik word, sal die term DVD gebruik word wanneer daar verder in hierdie studie verwys word na 'n digitale videodisket.

1.6.5 DBS

Die term DBS is die afkorting van die benaming 'digitale boekskyf wat ontwikkel is en in hierdie studie gebruik gaan word. Moderne IKT, multimedia en die gesproke en geskrewe woord is gekombineer op 'n digitale boekskyf (DBS) en ge'i'ntegreer by

onderrigleeraktiwititeite van onderwysstudente by die Fakulteit Opvoedingswetenskappe (Noordwes-Universiteit) (Steyn & Dreyer, 2005:1). Die DBS is ontwikkel as elektroniese boek op DVD. Die e-boek is toeganklik vir baie meer gebruikers deur dtt op DVD te plaas. Volgens Steyn (2007:1) maak die volgende faktore die DBS meer toeganklik:

• Die meeste huishoudings in Suid-Afrika beskik oor TV;

• TV en DVD-spelers is goedkoper as rekenaars, en

• meer inligting kan op 'n DVD-skyf gestoor word as op 'n CD-skyf.

Die DBS is gebaseer op die uitgangspunt dat die kwaliteit van kommunikasie 'n bepalende faktor vir die kwaliteit van onderwys is. Voor die uitvinding van die boekdrukkuns is daar hoofsaaklik deur middel van die gesproke woord gekommunikeer.

Hierna het 'n tydperk gevolg waartydens kommunikasie deur middel van die gesproke sowel as die geskrewe woord gevoer is. Sedert die negentigerjare van die vorige eeu is kommunikasie in die derde fase van ontwikkeling en word die gesproke woord, die geskrewe woord en die hipermediabeeld as kommunikasiewyses gebruik. Hierdie drie wyses van kommunikasie kan geintegreer word deur die DBS.

Die aard van kommunikasie het deur die eeue verander en leerders word hedendaags blootgestel aan die gesproke woord, die geskrewe woord sowel as hipermediabeeld om te leer (Steyn, Potgieter, Basson, Roeloffse, Steyn & Steyn, 2006:6) (vgl. fig. 1.1).

jesproke woord - praat

■tr

► f Gesproke woord - praat .Geskrewe woord-fees

t

t T Gesproke woord - praat

-► 111 Geskrewe woord - lees

.:.: Hipermedia beeid -kyk

Figuur 1.1 Veranderde aard van kommunikasie deur die eeue

(Steyn, 2007:2)

In hierdie studie sal daar op soortgelyke wyse 'n DBS ontwikkel word as aanvullende leer- en ondersteuningsprogram vir grondslagfaseleerders.

1.6.6 IKT

Die term IKT is 'n samestelling van drie verskillende terme en kan in verskillende kombinasies gebruik word:

• Die afkorting IT verwys na inligtingstegnologie, leerders se begrip van tegnologie en hul vermoe om tegnologie te gebruik.

• Die afkorting KT verwys na kommunikasietegnologie en word gebruik om telekommunikasietoerusting en netwerke waardeur inligting gestuur of gesoek kan word te beskryf, byvoorbeeld telefone, fakse, rekenaars, die internet en multi-

media-instrumente (Lundall & Lowell, 2000:11; Ryan etal., 2000:32-33).

• IKT of inligtings- en kommunikasietegnologie verwys na die ineenvoeging of samestroming van inligtingstegnologie en kommunikasietegnologie (DvO, 2004:42). IKT verwys na die kombinasie netwerke, hardeware en sagteware, sowel as die wyse van kommunikasie, samewerking en betrokkenheid wat lei tot prosessering, bestuur en uitruil van data, inligting of kennis (DvO, 2004:15).

Volgens Kennewel (2004:4) sluit IKT toestelle in wat inligting prosesseer, bere of kommunikeer. IKT-toestelle is digitaal omdat inligting aangebied word in die vorm van simbole. IKT kan ook gedefinieer word as 'n uitbreiding van ons liggame en ons sintuie wat aksies moontlik maak en die wyse waarop ons ons leefwereld verstaan en ervaar, verander (Lindstrand, 2004:180). In terme van onderrigleer, verwys IKT na 'n simbo- liese/digitale tegnologie wat in 'n gegewe skoolkultuur- en konteks ingefaseer word en die gepaardgaande onderrigpraktyke wat daarop gerig is om leerders se leer te verbeter (Bosco, 2004:266). IKT verwys dus nie na vaardighede om tegnologie te gebruik nie, maar na inligtingstegnologie wat toegepas word om onderrigleer te ondersteun (Loveless, 2003:ix). Vervolgens sal daar eers tussen die verskillende IKT-variante en - bronne wat aangewend kan word om effektiewe onderrigleer te bevorder, onderskei word:

1.6.6.1 IKT-variante

IKT-variante sluit optelmasjiene, CD-ROM (kompakskyf-aandrywer), DVD-tegnologie, databasisse, digitale kameras, digitale video, e-pos, digitale ensiklopediee, grafiese organiseerders, internet, mobiele telefone, rekenaarspetetjies (playstations) en die wereldwye web in (Kennewel, 2004:5; DvO, 2003a:8).

1.6.6.2 IKT-bronne

IKT-bronne kan geklassifiseer word as:

hardeware (die toerusting, byvoorbeeld die rekenaar en interaktiewe witbord);

sagteware - die programme wat die hardeware in staat stel om te funksioneer (DvO, 2004:15);

media (materiaal wat die data en programme bevat), byvoorbeeld CD's, DVD's of hardeskywe; en

dienste - ' n kombinasie van hardeware, sagteware en menslike hulpbronne wat gebruikers in staat stel om meer te bereik as wat hulle sou sonder ondersteuning.

Hierdie dienste sluit in die internet en interaktiewe toerusting wat massastorings- kapasiteit het.

Dalam dokumen die effek van 'n multimedia digitale (Halaman 30-34)