• Tidak ada hasil yang ditemukan

Fonologiese bewustheid, fonemiese bewustheid, fonetiek en klankleer

Dalam dokumen die effek van 'n multimedia digitale (Halaman 103-107)

VAARDIGHEDE IN DIE GRONDSLAGFASE

Leeruitkoms 4: Skryf

3.3.5 Komponente van lees en spel

3.3.5.1 Fonologiese bewustheid, fonemiese bewustheid, fonetiek en klankleer

• Fonologiese bewustheid (klankbewussyn)

Fonologie dui op die klanksisteem van 'n taal en foneme op die onderskeibare klanke van 'n taal (Vukelich et al., 2002:18). Fonologiese bewustheid (klank­

bewussyn) is 'n bree term wat eerstens beteken dat leerders verstaan dat taal saamgestel word uit individuele woorde. Leerders raak tweedens daarvan bewus dat woorde uit lettergrepe bestaan (Joubert et al., 2006:242; Vukelich et al., 2002:155; Wren, 2001:36). Derdens begin leerders begryp dat lettergrepe indivi­

duele klanke bevat. Hierdie verskillende klanke wat op sigself nie betekenis het nie, word foneme genoem (Joubert et al., 2006:242) en vorm saam met ander foneme (vokale en konsonante) woorde.

Leerders wat probleme met vokaal- en konsonantherkenning ondervind, sukkel om woorde in klanke te analiseer en ontwikkel 'n fonologiese ontwikkelings- agterstand (Du Toit, 1996:211). Fonologie sluit ook belangrike elemente soos beklemtoning en intonasie wat op sekere woorde of woorddele geplaas word, asook streekvariasies van taal in (Whitehead, 2002:11). Klankbewustheid kan as

'n voorwaarde vir sukses in leesprestasie beskou word (Yopp, 1995:20,21).

Klankbewustheid bevorder die leesproses, terwyl leesakatiwiteite op hul beurt ook klank- en skryfaktiwiteite bevorder (Camilli etal., 2003).

Fonemiese bewustheid (klankleer)

Fonologiese bewustheid en fonemiese bewustheid moet nie verwar word nie.

Fonemiese bewustheid is 'n meer spesifieke term wat onder die sambreel van fonologiese bewustheid val (Wren, 2001:37). Fonemiese bewustheid verwys na die kennis van aparte klanke (foneme) in 'n gesproke woord (Yopp, 1995:20). Die kennis van patrone binne woorde wat kan help met lees en skryf, word fonemiese bewustheid genoem. Kinders met goeie fonemiese bewustheid sal in staat wees om begin- en eindklanke van woorde sowel as rymwoorde in versies te herken.

Klanke, individuele onderrig en 'n sterk taalbenadering word volgens die nasionale leespaneel in Amerika as die belangrikste elemente van 'n leesprogram beskou (Camilli et a/., 2003). Dit is voorts krities belangrik dat hierdie drie elemente en veral klankonderrig, in die eerste drie jaar van formele skoolonderrig geskied.

Klankbewustheid is 'n baie belangrike vaardigheid en word as 'n groter voorspeller vir leesprestasie as nie-verbale intelligensie, woordeskat, luisterbegrip en intelligensie beskou (Yopp, 1995:20).

Klankleer

Klankleer verwys na die wetenskap van klanke waaruit 'n mens se spraak bestaan, terwyl spelling te doen het met die skryfwyse van woorde (Joubert et a/., 2006:239, 240). Klankleer verwys voorts na die verhouding tussen 'n geskrewe letter en die gesproke klank daarvan en word gebruik wanneer 'n leerder 'n onbekende woord teekom en met fonetiese agtergrond dit probeer 'uitklank' of ontsyfer (National Institute of Child Health and Development, 1998).

Die primere fokus van klankleer is om beginnerlesers te laat verstaan hoe letters verwant is aan klanke (foneme) om letter-klankooreenkomste en spelpatrone te vorm en hierdie kennis toe te pas wanneer hulle lees (NRP, 2000). Sistematiese klankonderrig waarin leerders verwantskappe tussen letters en klanke leer, sluit aspekte soos die aanleer van die alfabet, letter-klankooreenkoms, spelpatrone en die toepassing van hierdie aspekte tydens lees en spelling in (Camilli et a/., 2003)

en behoort 'n integrale deel van vroee geletterdheidsonderrig uit te maak (Teale, 2003:39; NRP, 2000).

Die doel van klankonderrig is om leerders met sleutelkennis en vaardighede toe te rus en te verseker dat hulle hierdie kennis in hul lees- en skryfaktiwiteite kan toepas. Klankonderrig word dus as 'n tussentydse fase en 'n middel tot die einddoel gesien (Block, 2002:202). Sodra leerders klanke onder die knie het, en dit outomaties kan herken en skryf, sal doelbewuste klankonderrig dus gestaak word. Onderwysers behoort nie aan te neem dat leerders klanke outomaties tydens leesaktiwiteite sal leer ken nie en moet klanke doelbewus onderrig.

Navorsing bewys dat sistematiese klankonderrig lees bevorder, in teenstelling met alternatiewe programme wat klanke op onsistematiese wyse onderrig of glad nie klankonderrig insluit nie (Camilli etal., 2003).

Deur middel van analise kan woorde visueel en/of ouditief opgebreek word in klanke en/of lettergrepe. Sintese vind plaas wanneer klanke en/of lettergrepe saamgevoeg word om woorde te vorm. Kinders wat probleme ondervind met analise en sintese, sukkel om woorde in hulle gedagtes te analiseer en weer saam te voeg tot 'n geheel (Block, 2001:212).

Volgens die National Reading Panel (2000) is gebrek aan klankleer een van die hoofoorsake van leesprobleme. Dit is 'n mite dat lesers wat klanke leer se vermoe tot vlot en vioeiende lees en leesbegrip later beperk is. Klankleer sal juis by leerders 'n begrip van die verhouding tussen klanke en letters vestig om woordherkenning, lees en leesbegrip te bevorder om tot die einddoel van lees by te dra, naamlik vlotlees met goeie begrip, te bevorder. Daar is wetenskaplik bewys dat fonemiese bewustheid en kennis van letters die beste voorspellers van leesvaardigheid is (NRP, 2000). Woordspeletjies soos die opbreek van woorde in klanke en letters, rymwoorde en opbou van woorde uit klanke is essensieel vir die leesproses (Behrmann, 2005).

Fonetiek

Fonetiek fokus op hoe spelling verwant is aan gesproke klanke, met ander woorde, die verwantskap tussen letter en klank (Joubert et a/., 2006:242; Vukelich et ai, 2002:155). Fonetiek kan beskryf word as die wetenskap wat die gesproke en gedrukte of geskrewe teks verbind of bymekaar laat pas (Block, 2001:202).

Navorsing het bewys dat sommige leerders, benewens ryk taalervaringe soos taalaktiwiteite, spel, rym en informele fonetiese onderrig, ook behoefte het aan doelbewuste fonetiekonderrig wat fokus op segmentering en samevoeging (NRP, 2000; Teale, 2003:30).

Die DBS as multimedia-LOSM het daarop gefokus om al bogenoemde komponente te fasiliteer. Fonologiese bewustheid is byvoorbeeld deur middel van gedigte en liedjies op die DBS aangebied. Gedigte en liedjies is op 'n prettige wyse gebruik om leerders bekend te stel aan rymwoorde om sodoende fonologiese bewussyn te bevorder (vgl. fig.

7.10 & fig. 7.11). Daar is nie soveel aandag aan fonemiese bewustheid gegee tydens die DBS-multimediaprogram nie, omdat die leerders reeds in graad 2 was, en die voortoetse gewys het dat die meeste leerders reeds bekend was met lettergrepe en foneme. Waar leerders wel probleme ervaar het, is individuele aandag gegee deur lettergrepe en foneme in te skerp.

Klankleer is deurentyd deur middel van die multimedia-LOSM ingeoefen, deur woorde wat in leesstukke en stories op die DBS voorgekom het, in klanke op te breek. Hierdie analise-aktiwiteit is veral toegepas by moeiliker woorde waarmee leerders gesukkel het, byvoorbeeld die "aai"-klank in woorde soos "fraai". Die DBS het nog soortgelyke woorde met die "aai-klank" ingeoefen, byvoorbeeld "draai", "swaai" en "haai". Fonetiek is gefasiliteer deur spelreels te verduidelik aan die hand van woorde uit die leesstuk.

Daar is byvoorbeeld aan leerders verduidelik dat die konsonant verdubbel indien woorde uit die derde vokaalgroep (wat uit "kort klanke" bestaan), verbuig word. Die spelreel is spelenderwys verduidelik deur te noem dat na 'n kort klinker ('n hikklank), 'n

"tweelingkonsonant" volg. Voorbeelde uit die DBS-reekse was woorde soos wakker, rakkeren bakker(vgl. fig 7.13-fig. 7.15).

Daar moet beklemtoon word dat klankleer nie net volgens die "bottom-up"-teorie gedoen is nie, maar in aanvulling met die "top-down"-leerteorie, omdat leerders die leesstuk eers as geheel aangebied is, met die klem op betekenisgewing en begrip.

Daarna is klankleer volgens die "bottom-up" leerteorie gefasiliteer. Die multimedia- LOSM het dus 'n eklekties benadering gebruik om fonologiese bewustheid en klankleer te fasiliteer.

Dalam dokumen die effek van 'n multimedia digitale (Halaman 103-107)